Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
Alles vir Vrydag 3 Julie 2020
Duisende weermaglede langer ontplooi
Die besluit van pres. Ramaphosa gaan die land ʼn reusebedrag uit die sak jaag.
Vrou kritiek ná perd haar skop
Die vrou is op die grond omring deur familielede aangetref.
Nicolette ook op parool vrygelaat ná moord op ouers
“Dit is wat God wil hê,” het Lotter destyds aan haar ma gesê terwyl sy haar met ʼn mes doodgesteek het.
Daniel Naudé oor sy ‘Pigeon Project’: ‘Dit is die kuns ágter dit’
Naudé het weer met Maroela Media gesels, dié keer virtueel en oor sy jongste reeks, “Pigeon Project.”
Rugby- en ʼn kriekettoets op dieselfde dag in SA
Die Engelse aanvangskolwer Geoff Boycott het, terwyl die Springbokrugbyspan op Loftus Versfeld baljaar het en die Jaguars, wat deur Hugo Porta aangevoer is, met 50-18 verflenter het, in die laaste sessie ʼn skamele vyf lopies aangeteken.
‘Wie gaan SAL-sakereddingsplan betaal, min. Gordhan?’
“Dit sal immoreel wees om reddingsboeie vir die SAL te finansier terwyl die ekonomiese afsonderingskrisis miljoene Suid-Afrikaners in armoede gedompel het.”
Vandag se sportnuus
F1-enjins begin die naweek weer brul, terwyl die voormalige baas op 89-jarige ouderdom weer pa word.
Wes-Kaapse melkboere reik uit met 1%-projek
“Ons voorsien 33 instansies van tussen 2 000 en 3 000 warm, voedsame maaltye per dag, en is ideaal geposisioneer tussen die ontvangers en die skenkers.”
Resep-video: Bederfbeker
ʼn Piesang-en-karamelkoekie in rekordtyd.
Feite of fopnuus: Pasop vir dié ou stories
Wat is die waarheid oor ’n babaverkragting, ’n moord en ’n ‘Boikot Landbouweekblad’-video? Wees versigtig voor jy sommer net ‘n berig op sosiale media deel.
‘Dekriminaliseer’ koop van tabakprodukte
“Met stygende werkloosheid en ʼn verswakkende ekonomie teen die agtergrond van ʼn wêreldwye pandemie behoort Suid-Afrikaners hulle nie te bekommer oor die gevolge van ʼn misdaadrekord net omdat hulle ʼn sigaret gekoop het nie.”
Grootskaalse soektog ná moord op Klerksdorp-polisievrou
Haar kollegas het na haar gaan soek nadat sy Woensdagoggend nie vir diens aangemeld het nie.
Covid-19: Talle soldate in Limpopo toets positief
Nadat verskeie toetse positief teruggekom het, is besluit om die hele bataljon vir die virus te toets.
Covid-19-statistieke: Nóg 95 sterftes
Die meeste nuwe infeksies is in Gauteng.
Gedagte vir die dag: Here, leer ons
Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, my oog sal op jou wees. (Psalm 32:8)