Dié video is reeds sowat 27 000 keer deur TikTok-gebruikers wêreldwyd gedeel en sowat 7,7 miljoen keer gekyk.
Alles vir Dinsdag 25 Oktober 2022
Verhoor begin 4 jaar ná boer se moord
Attie Jooste (60) is op 7 Januarie 2018 op ʼn kleinhoewe by Jan Kempdorp in die Noord-Kaap vermoor.
Mini-begroting gaan fyn balansering verg
E-tol en hulp aan die landbousektor is van die kwessies wat in Woensdag se mini-begroting fyn dopgehou gaan word en is volgens kenners ʼn kans vir die regering om te wys hy luister na die mense wat hy moet dien.
Oscar moet nog langer wag vir parool
Barry en June Steenkamp se regsverteenwoordiger het aan Maroela Media gesê hulle is in die duister wat Oscar Pistorius se parool betref.
Whatsapp-funksies wêreldwyd onderbreek
WhatsApp het nog nie ’n amptelike oplossing vir die probleem bekend gemaak nie.
Sewe vas wat melkboer glo aanrand
Die inhegtenisnemings kom skaars ʼn week ná die voorval toe die polisie en ʼn private veiligheidsmaatskappy ʼn deurbraak in die saak gemaak het.
Boekresensie: Handige veldgids vir voëlkykers
Voëlliefhebbers sal hierdie gids graag in hulle rugsakke wil saamdra.
Dié app smoor pornografie in die kiem
“Lighthouse is die enigste kinderbeskerming-app wat hierdie soort beeldmateriaal en video’s kan identifiseer en keer dat dit enigsins op die skerm verskyn.”
Serena maak nog ʼn U-draai oor uittrede
“Ek is nie uitgetree nie. Die moontlikheid van ʼn terugkeer tot die baan is baie groot.”
Uitdrukking: ʼn Van der Walt-skoot skiet
Wat op aarde beteken dit om ʼn Van der Walt-skoot te skiet? Taaltoffie stel ondersoek in.
Boek: ‘Die Bullebakke – Episode 7’
Wie moet nou eintlik vir wie bang wees: Die Bullebakke vir die dinosourusse, of die dinosourusse vir die Bullebakke?
Resep: Nektarien gevulde varkvleis
Daardie soet, sappige eerste somershappie van die eerste perske in die nuwe somerseisoen is ’n onvergeetlike belewenis.
Boucher: ‘Eerder nou as later’
Volgens die Protea-afrigter was daar nie veel meer wat sy span in gister se wedstryd teen Zimbabwe kon doen nie.
Kommer oor moontlike brandstofkrisis
Die regering het na 2005 se brandstofkrisis nie daarin geslaag om te verseker dat ʼn strategiese voorraad geraffineerde brandstof geberg word nie, wat ’n ernstige risiko van brandstoftekorte vir die land inhou indien daar ’n groot ontwrigting in die brandstofvoorsieningsketting sou wees.
Twee wou beampte glo met whisky, geld omkoop
Die verdagtes het die ondersoekbeampte glo R50 000 aangebied om ’n saak waarby ’n vriend van hulle glo betrek word, te laat verdwyn.
Gaan e-tol geskrap word?
“Die voldoeningskoers vir e-tolbetalings is reeds onder 20%, met Gautengse motoriste wat reeds hul standpunt aan die regering duidelik gemaak het.”
Seldsame siekte ná dekades van pyn gediagnoseer
“Dit is eerlikwaar net ʼn verligting dat hierdie toestand eindelik gediagnoseer en behandel is. Dit is die grootste las van my skouers af.”
Bekende Hollywood-akteur oorlede
Volgens berigte het hy moontlik ’n mediese noodgeval agter die stuur van sy motor gehad wat tot die ongeluk gelei het.
Gedagte vir die dag: Stres
Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. (Filippense 4:6)