Die metroraad is hof toe gesleep om hom te dwing om die “kritiek wanfunksionele toestand” van ʼn mark – wat toegang tot vars produkte vir sowat 6,5 miljoen Suid-Afrikaners lewer – reg te ruk.
Alles vir Donderdag 3 November 2022
Foto’s: Reusehaelkorrels ‘ongewoon’ vir Swartland
“Voëls het doodgelê en my bakkie is vol duike geslaan. Van die boere se gewasse het ook groot skade gely.”
Beroertes: Etlike minute tussen lewe en dood
Elke tien minute kry twee Suid-Afrikaners ʼn beroerte – en minute kan die verskil tussen lewe en dood beteken.
Gelofteweek: Bespreek nou jou plek
Die Voortrekkermonument bied vanjaar van 9 tot 16 Desember talle opvoedkundige programme met ʼn goeie skeut pret aan.
Liggaam uit see by Voëlklip gebring
Die voertuig moet nog uit die water gebring word, maar dit word bemoeilik deur rowwe seetoestande.
Verkiesing in Israel: Netanyahu keer terug
Netanyahu word vertrou omdat hy eenvoudig ʼn ervare politikus is en al baie bereik het vir Israel en sy mense.
Rassie gereed vir aksie
Vergeet maar van enige waterdraerpligte, Rassie Erasmus het bevestig dat hy in die afrigterslosie sal wees wanneer die Springbokke hierdie Saterdag teen Ierland in Dublin kragte meet.
Rekordgetal atlete span saam vir borskanker
Kranige fiksheidsfanatici het in Oktober saamgespan om duisende rand in te samel wat sal help om mammogramme vir vroue te borg.
Video: Ouma (84) speel nog die klavier onderstebo
“Ouderdom is nie ʼn rede om oud te wees nie!”
Chris Chameleon: (Ont)hougoed in ʼn weggooiwêreld
In ʼn wêreld waarin ons alles weggooi, vinnig vervang, in ʼn wêreld van die nie-blywende, vind ek waarde in die onderhoud van langtermyn-verhoudings.
Resensie: Outoppies wys hul staal in rateltaai reeks
Die ou man moet uithaal en wys of lang bome toe gaan.
Liggaam gevind in bekende Bloem-kuierstraat
Volgens die polisie het die man kneusplekke op sy gesig en brandwonde aan sy hande, bors en bobene gehad.
Trokdrywer agter tralies ná Mariannhill-botsing
Die seun en skoondogter van ’n lid van die KwaZulu-Natalse wetgewer is onder die oorledenes.
Resep: Oondgebakte krummelhoender
Hierdie hoenderdis is nie net lekker nie, dit is gesond ook.
Taalgebruik: Wisselvorme
Volgens die AWS is variasie in betekenis, sinsvorm, woordvorm, klank, ensovoorts ʼn kenmerk van elke natuurlike taal, dus ook van Afrikaans en sy variëteite.
Stellenbosch-leerder (14) mik vir Spele
“Die uitdagings van die kompetisie het my uithouvermoë geleer en om vinnig aan te pas by die omstandighede en uitdagings.”
Boek: Chris Karsten se ‘Op pad na Moormansgat’
Hierdie geskiedkundige roman vertel die verhaal van Billy Foster en Koos de la Rey.
Kommer oor veiligheid van SA damme
Die departement van water en sanitasie het oënskynlik weinig idee oor die stand van veiligheid by die land se 474 geregistreerde damme en dít kan ʼn gevaar vir gemeenskappe inhou.
Deel lll: Koalisiepolitiek en politieke stabiliteit
In ʼn staat wat reeds ernstig onstabiel is, kan pogings om politiek op koalisiebasis te bedryf lei tot verdere konflik en onstabiliteit.
Nadal struikel oor Paul-hekkie in Parys
“ ʼn Mens verdien nie om te wen as jy ʼn belangrike oomblik in ʼn wedstryd só swak hanteer nie.”