Weervoorspellers verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê dit is onwaarskynlik dat die sikloon weer ʼn oplewing sal beleef.
Alles vir Vrydag 17 Maart 2023
Onakkurate waardasie kan belastingbetalers rook
Mense wat eiendom in Johannesburg besit se erfbelasting kan dalk binnekort die hoogte inskiet weens onakkurate waardasie van hul eiendom.
Gloukoom: Stuit stil sigdief in sy spore
Het jy al ooit gewonder waarom die hoofsanger van die Ierse rockgroep, U2, immer en oral ’n sonbril dra? Bono leef al meer as 20 jaar met ’n vorm van gloukoom, ’n oogaandoening wat jou soos ’n dief in die nag bekruip, en meer as 40% van jou sig kan steel voordat jy eers begin vermoed dat iets skort.
Graderingsagentskap het goeie nuus vir Eskom
Eskom se kredietgradering het nog nie verhoog nie, maar dit kan.
Witjas Dar groet elite-groep
Die Internasionale Krieketraad het intussen bevestig dat Suid-Afrika se Adrian Holdstock nou deel van sy elite-paneel van skeidsregters is.
Plattelandse kiesers in Nederland stuur sterk boodskap aan regering in Den Haag
Woensdag se verkiesing in Nederland stuur ook ʼn waarskuwing aan regerings in ander Europese lande en aan die Europese Kommissie in Brussel wat ook drakoniese anti-landbou en linkse klimaatplanne dryf.
Hoogste hof se uitspraak oor waterregte ‘deurslaggewende oorwinning’
Die Konstitusionele Hof het beslis dat die houers van waterregte geregtig is op die oordrag daarvan en dat die ontvang van finansiële vergoeding vir waterregte wat oorgedra word, nie verhoed word óf onregmatig is nie.
Aardklop amptelik weer tuis
“Ons is terug!”
Wind stuit spelers in SDC-kampioenskap
Die Fransman David Ravetto en Noorweë se Kristian Krogh Johannessen het Donderdag die winderige toestande op die St. Francis Links-baan die beste bemeester.
Vroue toenemend digitaal geteiken weens hulle geloof
“As ʼn vrou en ma, is dit inderdaad skokkend dat geslagspesifieke taktieke op ʼn toenemende wyse teen vroue gebruik word. Dit is ʼn groot uitdaging, met een uit elke sewe Christene wat vervolging ervaar.”
Ekonomie Minuut: Kleinhandelverkope en landboubesigheidsvertroue
Agbiz se indeks vir landboubesigheidsvertroue is in negatiewe terrein in die eerste kwartaal.
Resep-video: Gebakte melktert
Hierdie resep sal enigiemand vir ʼn tweede porsie laat smag.
Moenie saam met die verafgoders van die Daad kniel nie
Die klank van Van Wyk Louw se wyse woorde weergalm steeds vandag, want die verafgoders van die Daad is steeds in ons midde. Vandag skreeu hulle met bultende are op aanlyn video’s en stook onmin in kommentaarafdelings.
#JongStemme: Hoe die EFF die staat probeer red deur dit verder te verwoes
Wat die EFF gaan vermag, is om ʼn reeds broos ekonomie verder te verpletter tot dit totale verwoesting saai!
Dané sê sy is klaar met Proteas
“Die reis is dikwels eensaam, moeilik en emosioneel, maar ek sal dit vir niks anders verruil nie.”
Drie vas oor ‘spookwerker’ wat munisipaliteit bedrieg
Drie verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met beweerde bedrog by die Dihlabeng-munisipaliteit.
‘SA moet weet wie breek en plunder Eskom’
“Dit word beweer dat vier kriminele kartelle binne Eskom bedrywig is, sy hulpbronne plunder, dit droogbloei en die land op sy knieë bring. Hierdie vier kriminele groepe steel miljarde rand deur Eskom se verkrygingsprosesse te beheer.”
Mkhwebane getuig oor CR17-veldtog
“Vir my is dit ’n kwessie van lewe en dood.”
Ramaphosa oor EFF-betoging: ‘Wanorde en anargie sal nie geduld word’
“Regimeverandering kan slegs by die stembus tot stand kom, dit kan nie deur anargie plaasvind nie,” het Ramaphosa gesê.
Gedagte vir die dag: Hy is reg langs jou
Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. Jy behoort aan My. Wanneer jy deur diep water van moeilikheid gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie. Want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. (Jesaja 43:1-3)