Die polisie in die Wes-Kaap is in rou gedompel ná die dood van twee beamptes in afsonderlike skietvoorvalle in Khayelitsha Sondagaand.
Alles vir Maandag 12 Junie 2023
Veeartse steeds sonder slangteengif wyl diere vrek
“Indien jou hond vandag ’n ernstige slangbyt kry, gaan hy waarskynlik vrek.”
Stuk van besige Amerikaanse hoofweg stort ineen
“Die noordwaartse kant van die pad het in die brand heeltemal ineengestort, terwyl die suidwaartse bane as struktureel onstabiel verklaar is.”
Harties se dam gaan g’n leeggetap word
Daar is reeds begin met ondersoeke en proewe oor die verskillende maniere om doeltreffend van die hiasinte ontslae te raak, maar dit sluit nie die dreinering van die dam in nie, sê Magalies Water.
Grootse poging om beseerde hengelaar uit getypoel te red
Noodreddingsdienste het ure lank gespook om die man uit die gevaarlike, rotsagtige gebied te kry sonder om ook die lewens van reddingswerkers in gevaar te stel.
Navo begin met grootste lugmag-oefening nóg
Die oefening, genaamd Air Defender 2023, word deur Duitsland gelei en altesame 10 000 militêre personeel en 250 vegvliegtuie van 25 Navo-lande, asook van bondgenote soos Japan en Swede, sal daaraan deelneem.
Ma oorleef vier dae ná vliegtuig in Amasone neerstort
Magdalena Mucutuy se vier jong kinders het aanvanklik by haar gewaak voordat sy hulle aangesê het om haar agter te laat en hulp te gaan soek.
Raskwotas vir water ‘met minagting verwerp’
“Hierdie raskwotas sal daartoe lei dat vee van die dors vrek en landerye tot niet gaan bloot omdat boere die ‘verkeerde’ velkleur het.”
Woord: grieselig
“ʼn Slang bly maar ʼn grieselige ding.” Taaltoffie ondersoek die betekenis van die woord “grieselig”.
Die koning is kaal
Ongelukkig is die man (Jan Heunis) en nie die bal (nepotisme) nie tydens die spesiale Konvokasievergadering gespeel. Ongelukkig moes Heunis die prys betaal vir wokeness om te seëvier.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verlore slag
Die SARB doen uitstekende werk om inflasie te probeer bekamp, maar ʼn marginaal beperkende monetêre beleid pas nie by ʼn uiters uitbreidende fiskale beleid nie.
Korttermynversekering: Dis waaroor verbruikers kla
Die ombudsman vir korttermynversekering het onlangs sy jaarverslag bekend gestel. Ina Opperman het gaan kyk waaroor verbruikers kla en hoe hul klagtes opgelos is.
10 dood toe trou-bus omslaan in Australië
Wat ’n gelukkige dag vir ’n bruidspaar moes wees, het in ’n nagmerrie ontaard toe ʼn busongeluk in Australië se Hunter-wynstreek, noord van Sydney, die lewens van 10 mense geëis het.
Ses vas wat WVF glo uit miljoene bedrieg
Daar word beweer die verdagtes, onder wie twee voormalige werknemers van die departement van indiensneming en arbeid in Noordwes en vier werwingsagente, het tussen 2019 en 2020 werklose individue onder verskeie valse voorwendsels gewerf.
Musiekvideo: Herman Kleinhans se kleinboet sing oor ou Transkei
Sarel, sy vrou, kind en ouers is vroeër vanjaar na dié gedeelte van die Oos-Kaap om die musiekvideo van sy nuwe liedjie te skiet.
Dis nou ook Goue Ashleigh
Dis nie net Gerda Steyn wat as Goue Gerda in sportkringe bekend staan ná haar oorwinning in Sondag se Comrades-marathon nie, want Ashleigh Buhai kan met reg Goue Ashleigh genoem word nadat sy die Amerikaanse LPGA-reeks se ShopRite Classic-gholftoernooi in Atlantic City met een hou gewen het.
‘Trek regulasies eerder terug as om werkplek deur ras te polariseer’
“Die werkplek word deur rasteikens niks anders as ʼn syferspel nie. Dit is ʼn ernstige aanklag teen die ANC-regering dat daar ter wille van politieke oorlewing, 30 jaar na demokrasie, al meer op raswetgewing staat gemaak word.”
Resep: Roerbraaihoender met heuning
ʼn Hoendergereg om die hol kol behoorlik te vul.
Derek Watts maak kankerdiagnose bekend
Watts het almal bedank vir die volgehoue ondersteuning. “Dankie vir al die liefde, die boodskappe, die gebede wat ons almal hoop gee.”
Fakkels bring hulde aan mense met gestremdhede by LIG-konsert
Studente met gestremdhede is gewone studente met groot drome in hul harte, op soek na ‘n regverdige kans vir hul toekoms. Daarom is die LIG-studiefonds geskep om behoeftige, gestremde Afrikaanse studente te finansier met rentevrye studielenings.