Daniel Ellsberg was ’n militêre ontleder toe hy in 1971 duisende dokumente aan die Amerikaanse media verskaf het wat onthul het dat opeenvolgende Amerikaanse administrasies vir die publiek oor die oorlog in Viëtnam gejok het.
Alles vir Sondag 18 Junie 2023
‘Oorlog moet end kry,’ sê Ramaphosa aan Poetin
Pres. Cyril Ramaphosa het tydens sy en sy Afrika-bondgenote se besoek aan Rusland gesê dat dié afvaardiging graag sal wil hê dat die oorlog tussen Rusland en Oekraïne beëindig word. Dit lyk egter nie of Ramaphosa een van dié lande sover gaan kry om die wit vlag te hys nie.
Foto’s: Lesotho sit die berg in bergfiets
Die bergfietsryers wat gereed maak om die bergkoninkryk van Afrika met ʼn fiets te gaan verken, moet hulself maar voorberei vir opdraandes wat ʼn monster sal bang maak. Tog is dit 100% pure avontuur as jy Lesotho met ʼn bergfiets verken.
Wes-Kaapse wetsontwerp ‘belangrike stap na federering’
Dit beteken – in ʼn neutedop – dat munisipaliteite en provinsies meer oor hul eie sake sal kan besluit, eerder as om aan die nasionale regering uitgelewer te bly. En indien die wetsontwerp slaag, kan dit ook ʼn bloudruk vir ander provinsies en plaaslike owerhede word om dieselfde roete te volg.
Engelse toeskouers koggel Warner
“Het jy jou skuurpapier onthou, Dave?” is een van die toeskouer-kwinkslae in die eerste toets tussen Engeland en Australië op Edgbaston.
Hollywood: Rammstein-sanger vir seksdade aangekla; Banksy stal ná 14 jaar weer uit
Die Duitse polisie het ʼn ondersoek gelas na bewerings van seksuele aanranding teen Till Lindemann, voorsanger vir die groep Rammstein.
Gholf: Amerikaanse Ope op meskant gebalanseer
Die Amerikaners Wyndham Clark en Rickie Fowler is saam met een hou voor op 200 houe (-10). Hulle word gevolg deur die wêreld se derde beste speler op die jongste gholfranglys, Rory McIlroy van Noord-Ierland, wat in hul nekke blaas op 201 (-9).
Luister: Lied is Jan Rhaap se Vadersdagbelofte aan sy kinders
“Maak nie saak wat gebeur nie, ek sal hier wees vir julle elke liewe dag van die res van my lewe. Solank as wat ek kan, sal ek julle liefhê en beskerm.”
Luister: Jo Black bring die hoop na buiteland
Jo Black gesels oor sy oorsese toer wat binnekort afskop, sy nuwe boek en die geloofsreis waarop sy loopbaan hom geneem het.
Hou op ‘wegkruip’; kom reguleer die verkeer – petisie
“Dit is asof die metropolisie wegkruipertjie speel.”
‘Waar sal ons hulp vandaan kom’, vra boere onder beleg
“Hoewel boere kwesbaar en as maklike teikens beskou word, beteken dit nie noodwendig hulle moet weerloos wees nie. Met die nodige veiligheidsnetwerke en -maatreëls kan boere lewend anderkant uitkom.”
Aan haar geliefde Gerco: ‘Ons wag vir jou’
ʼn Uitmergelende vyf jaar en sewe maande wag Shereen van Deventer (39) nou al. Sy wag dat hy huis toe kom … haar geliefde Gerco.
NGV gaan ‘Eskom van gesondheidsorg’ wees
“Sal dit beurtgesondheid (health shedding) by die lys van regeringsmislukkings voeg? Die NGV sal private gesondheidsorg verminder, maar bied geen waarborg dat openbare gesondheidsorg sal verbeter nie.”
Resep-video: Rooiwyn-wildsvleis
ʼn Wildsvleis-gereg is wat jou pa op Vadersdag verdien.
Gedagte vir die dag: Aan al die pa’s
Ons Vader in die hemel, laat u Naam geheilig word. (Matteus 6:9)