EICMA is seker dié belangrikste motorfietsskou van die jaar en het reeds vanjaar vir ’n paar verrassings gesorg.
Alles deur die skrywer Brian Cheyne
Nóg beter nuus vir Brad Binder
Daar is reeds vroeër berig dat Brad Binder in 2020 na die premierklas van MotoGP gaan opskuif, maar nou het die nuus nóg beter geword vir die talentvolle Suid-Afrikaner.
Foto’s: BMW kikker drie van sy fietse op
Hierdie drie modelle het onlangs ’n opkikkering ondergaan en BMW het ’n groepie joernaliste Nelspruit toe gevlieg sodat ons hierdie fietse in hulle natuurlike habitat kon gaan ry.
Foto’s: ʼn Radikale driewiel wat koppe laat draai
Ek het al met verskeie fietse gery wat aandag getrek en hier en daar ’n vraag ontlok het. Niks kon my egter voorberei vir die reaksie op die Yamaha Niken nie.
Nou het Zontes ’n fiets vir elke smaak
As ʼn mens na stilering kyk, is hierdie klein fietsie, in my opinie, die treffendste van die vier, skryf Brian Cheyne.
Europese motorfietstoer dalk net wat jy nodig het
Dit maak nie saak wat jy hier in Suid-Afrika ry nie, die kanse is goed dat jy jou eie model motorfiets by hulle sal kan huur. As jy jouself in ’n vreemde land bevind sal ’n bekende motorfiets die aanpassing om aan die ander kant van die pad te ry net makliker maak. Ek het besluit op ’n bloed-rooi Ducati Multistrada 950.
Triumph Scrambler XE: Tuis op enige pad
Die Triumph Scrambler XE is, wat my betref, seker die naaste wat jy gaan kom aan ’n ware dubbeldoelfiets. Nie net lyk hy soos hy moet nie, maar beskik ook oor die vermoë om te kan ry net waar jy wil.
Bekendstelling: KTM se 2020 EXC Enduro- reeks
Ek dink ek verstaan nou hoekom mense naweke in die bos gaan baljaar met hul veldfietse. As veldry jou ding is, het KTM beslis ’n fiets wat jou sak, lengte en ryvoorkeur sal pas!
BMW C 400 X – ideale stedelike mobiliteit
As jy ’n behoefte het aan ’n ekonomiese vervoermiddel om mee te pendel, dan moet die BMW C 400 X minstens jou kortlys haal.
Suzuki Katana: Meer as net mooi
Maak jouself maar reg dat mense sal staar en vrae vra. Ek het nou my beurt gehad en ja, dit was so opwindend soos ek gehoop het.
Kiden KD125-V: Beginnerfiets met ’n tikkie nostalgie
My grootste droom is om meer mense op motorfietse te sien. Hoe meer mense ry, hoe groter sal die bewustheid rakende motorfietse wees. Miskien sal die paaie dan ’n veiliger plek wees vir ons mense op twee wiele.
Brad Binder uiteindelik in MotoGP
Binder sal aansluit by sy voormalige Moto2-spanmaat, Miguel Oliveira.
BMW se elektriese visie
Die BMW Vision DC Roadster gee ons ’n eerste blik na wat BMW vir ons kan opdis in die toekoms.
Toer in luukse styl met Honda Goldwing
Die vorige Goldwing het van 2001 tot 2017 slegs klein opgraderings gekry. Vir die 2018-model het Honda ’n skoon vel papier nader gesleep, potlode begin skerp maak en ’n splinternuwe Goldwing geskep.
Triumph Speed Twin – Modern met klassieke styl
Die Speed Twin se kombinasie van klassieke lyne en moderne tegnologie is moeilik om te kritiseer.
Suzuki GSX-R 750: ʼn Eerlike superfiets
In 1985 het Suzuki die wêreld verras en die GSX-R 750 op renbane losgelaat. Ná meer as 30 jaar in produksie, en vele opdaterings, het ek uiteindelik ’n kans gekry om ’n been oor die GSX-R 750 te gooi.
Kymco AK 550: ʼn Besigheidsklas-motorfiets
Na die Kymco S400i wat ek onlangs gery het, het ek met die AK550 gevoel asof ek uit ekonomiese klas opgeskuif is na besigheidsklas.
Kom leer motorfiets ry by die kerk
Ek het ’n opleidingsdag gaan bywoon en was verbaas om te sien dat daar meer dames as mans opgedaag het vir die beginnerskursus.
KTM pure perd in die Bergkoninkryk
Sommer gou het die mooi paaie verander in grondpaaie met slote, klippe en waterkruisings.
Die Duitser met die Stetson
Die Duitsers wil die Amerikaners nou in hulle eie agterplaas aanvat. Hulle het verlede jaar die K 1600 B uitgebring as direkte kompetisie vir die groot Harley-Davidson-toerfietse.