Die MKP sê partylede sal Zuma vergesel wanneer hy voor die komitee verskyn om te “verseker hy word beskerm”.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Alouette II vs. Gautrein …
Hoewel jy dalk nie met ʼn helikopter na die lugmag se jaarlikse skou in Pretoria gekarwei kan word nie, kan jy die Gautrein en sy busse (effens stadiger, toegegee) hierdie naweek vir seker gebruik om jou besoek aan die lugskou veel makliker te maak.
Huldeblyke beskryf Motsuenyane as ‘baanbreker’, ‘filantroop’
Hy het ʼn bewonderenswaardige voorbeeld gestel as ʼn suksesvolle sakeman, toegewyde filantroop en voorstander van selfstandigheid en markoplossings in plaas van staatsinmenging, lui een van die talle huldeblyke wat gelewer is ná die dood van die 97-jarige Motsuenyane.
Laat staan ‘laers van etnisiteit, ras’ – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners moet, veral in moeilike omstandighede, die versoeking weerstaan om laer te trek en eerder bly streef na nasieskap.
Lesufi se ‘leuens’ oor NGV gevaarlik
In die video beloof Lesufi onder meer dat enigiemand wat vir die ANC stem, ná stemdag by enige openbare of private gesondheidsorgfasiliteit sal kan instap om mediese hulp te ontvang – en die regering sal die rekening betaal.
Polisie bestee R42 miljoen aan brandstof vir BBP-begeleiding
Terwyl Suid-Afrikaners steier onder ʼn lewenskostekrisis – wat hoër brandstofpryse insluit – ry die “ANC se BBP-kaders” op die belastingbetaler se onkoste rond sonder om ʼn sent op te dok.
Politieke speletjies terwyl Wes-Kaapse kinders ly – GOOD
GOOD meen nie die polisie of die noemenswaardige misdaadbekampingshulpbronne van die provinsie of stad Kaapstad het enige uitwerking op misdaad nie. Pleks daarvan is dit vrywilligers wat die meeste werk doen; wat die ambulanse ontbied, die liggame optel en die getraumatiseerde inwoners vertroos.
Vyf van Tshwane voorlopig geskors oor Rooiwal-tender
Die skorsing volg op ʼn jaar lange interne dissiplinêre proses wat die amptenare skuldig bevind het op een van die altesame vier aanklagte teen hulle. Die stad het reeds gevra vir ʼn hersiening van die uitkoms van die tugproses.
Veeartse deurslaggewend tot meer landbou-uitvoere
Die Wes-Kaap is verantwoordelik vir 55% van Suid-Afrika se primêre landbou-uitvoere en byna die helfte hiervan is lewende hawe of lewendehaweprodukte.
DA reg om hof te nader oor Mapisa-Nqakula se regskoste
“Die misbruik van staatshulpbronne vir persoonlike gewin het ʼn deurlopende tema in die korrupte ANC-regering geword. Mapisa-Nqakula is desperaat om voort te gaan met die verwerplike gebruik en die DA is gereed om te verseker dat sy dit nie doen nie.”
Sewe keer lewenslank vir Gupta-bendelede ná Khayelitsha-slagting
Die moord op onskuldige omstanders, om ʼn boodskap te stuur aan ʼn vyandige bendelid wat eens hul vriend en misdaadvennoot was dat hulle nie die verraad gaan duld nie, is kommerwekkend, het die regter tydens vonnisoplegging gesê.
Tshwane verwelkom uitspraak oor kredietbeheer
Die appèlhofuitspraak bevestig die verpligting op klante om te betaal vir dienste wat gelewer word en versuim om dit te doen bemagtig die stad om sy munisipale verordeninge oor kredietbeheer af te dwing, sê die Tshwane-metroraad.
Skuilings vir hawelose gesinne bitter skaars
Die Somerset-Wes-gesinskuiling is een van net ʼn handvol waar gesinne saam kan bly.
Mapisa-Nqakula vra weermag moet regskoste betaal
Die minister van verdediging sê sy oorweeg haar voorganger Nosiviwe Mapisa-Nqakula se versoek aan die departement om haar tydens haar korrupsieverhoor met “regsverteenwoordiging by te staan”.
37 000 ‘miljoenêr-kaders’ melk belastingbetalers droog
In ʼn enkele jaar van salarisbetalings aan hierdie 37 839 hoogs betaalde kaders het dit belastingbetalers in totaal byna R47 miljard gekos.
Borgtog vir drie wat KPMG glo bedrieg
Fidelis Moema, ʼn voormalige beursspesialis by KPMG, word daarvan beskuldig dat hy miljoene rande wat vir beurshouers bestem was, deur ʼn ingewikkelde bedrogspul in sy eie sak laat beland het.
Drie vas ná moord op hoë van Rand Water
Teboho Joala is in Januarie tydens ʼn liefdadigheidsgeleentheid van Rand Water by die Zakariyya Park-gemeenskapsentrum in die suide van Johannesburg doodgeskiet.
Ope brief: Beste boere van SA … julle is nie alleen
“Terwyl julle voortgaan om te werk onder die Afrika-son, weet dat jul pogings nie ongesiens verbygaan nie. Julle is die ruggraat van ons landbousektor, die hartklop van ons land se ekonomie en die rentmeesters van ons voedselsekerheid,” skryf TLU SA in ʼn ope brief aan boere.
Vorentoe of agtertoe? Só staan sake in Tshwane nou
Net soveel as wat die Tshwane-metro se suksesse van die afgelope jaar gevier moet word, is dit ook belangrik om bestekopname te doen van die werk wat nog gedoen móét word, het Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, Donderdag in sy stadsrede gesê.
Twee seuns verdrink op skooluitstappie
Polisieduikers het die leerders se liggame uit die water gebring en paramedici het hulle op die toneel dood verklaar.