ʼn Vierjarige seuntjie van Germiston is dood nadat hy Woensdag in ʼn swembad beland het.
Alles deur die skrywer Mariné Lourens
Athlone-verdagte skiet homself toe polisie opdaag
Die beweerde “gyselaarsituasie” in Athlone buite Kaapstad het Woensdag tot ʼn dramatiese einde gekom toe die verdagte (61) homself in sy huis geskiet het.
Groot skenking vir baba wat byna verdrink
Die radiostasie JacarandaFM se bekende Good Morning Angels-program het Woensdag ‘n reuse bedrag geskenk vir die mediese onkoste van Aiden Roberts, die 18-maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga wat verlede week byna in ʼn swembad verdrink het.
Video: PE-vrou brand los op rowers
ʼn 39-jarige vrou van Port Elizabeth in die Oos-Kaap het met haar pistool op rowers losgebrand nadat sy hulle in die vroeë oggendure in die gang van haar huis betrap het.
Vrou dood op Mango-vliegtuig
ʼn Vrou in haar vroeë 60’s is Dinsdagoggend in ʼn vliegtuig by die Kaapstadse Internasionale-lughawe dood.
Centurion-vrou ‘draai by dood om’ na spinnekopbyt
Die vrou van Centurion wat dodelik siek geword het nadat sy vermoedelik deur ʼn spinnekop gebyt is, sterk tans by die huis aan.
‘Renosterstropers’ gewond in skietgevegte
Twee mans wat vermoedelik probeer het om renosters in die Krugerwildtuin te stroop, is tans in die hospitaal nadat hulle gewond is in ʼn skietery met wildbewaarders.
Groot soektog ná Kempton-pa verdwyn
ʼn 27-jarige man van Kempton Park aan die Oos-Rand word steeds vermis nadat hy Vrydag by sy werk weg is en toe spoorloos verdwyn het.
Foto’s: Verdagtes binne minute vas ná gewapende rooftog
Vyf gewapende rowers is Maandag blitsig vasgetrek nadat hulle ʼn drankwinkel in Philippi in die Wes-Kaap beroof het.
Ma en boer wat dogter vir seks gebruik swaar gestraf
ʼn Boer van die Oos-Kaap en ʼn ma van Stutterheim is swaar gestraf nadat die vrou haar dogter, toe 11 jaar oud, aan die boer verskaf het vir seksuele doeleindes.
Nelspruit-plaasaanval: ‘Dis moeilik vir ons almal’
Gerhard Kunneke (69), die Nelspruit-boer wat verlede week tydens ʼn plaasaanval erg met ʼn graaf aangerand is, is steeds in die hoësorgeenheid van die Nelspruit Mediclinic.
Vermiste UV-student het ‘gaan stap’
Patrick Jumba Lukwago-Mugerwa, die 21-jarige student van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat Saterdag spoorloos verdwyn het en Maandagoggend gevind is, beweer hy het gaan stap.
Bok van Blerk en Hanna Grobler verloor hul baba
Die sanger Bok van Blerk en sy vrou, Hanna Grobler, het hul babaseuntjie verloor.
Vermiste UV-student gevind
’n 21-jarige student van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat Saterdag spoorloos verdwyn het, is Maandagoggend gevind.
Baba wat byna verdrink nou stabiel
Aiden Roberts, die 18-maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga wat Dinsdag byna in ʼn swembad verdrink het, sal Saterdag uit sy geïnduseerde koma gebring word waarna dokters sal vasstel of hy breinskade opgedoen het.
Nelspruit-boer erg met graaf aangerand
ʼn Boer en sy vrou is ernstig beseer nadat hulle Donderdagaand op hul plaas, Soetmelkvlei, naby Nelspruit oorval en erg met ʼn graaf aangerand is.
Graafmoord: ‘Hy was ʼn liefdevolle mens’
Johan Coetzee (62), die boer van Bon Accord, noord van Pretoria, wat Woensdagoggend vermoedelik met ʼn graaf vermoor is, was ʼn liefdevolle mens wat ʼn hegte band met sy drie dogters en tien kleinkinders gehad het.
Ouers soek antwoorde ná baba se raaiseldood by kleuterskool
“Ons gaan hom laat veras sodat ons sy assies vir die res van ons lewens by ons kan hou. Hy was ons wonderwerkkind. Hy was liefde.” Só het Gert Fourie (20) gesê nadat sy drie maande oue babaseuntjie Maandag by ʼn kleuterskool in Springs dood is nadat hy vermoedelik verstik het.
Vrou se kraamnagmerrie in staatshospitaal
ʼn Vrou van Odendaalsrus in die Vrystaat het vir minstens drie dae in ʼn staatshospitaal in kraam gelê omdat daar nie ʼn narkotiseur beskikbaar was om ʼn keisersnee te doen nie.
Boer van Pta met graaf doodgeslaan
ʼn Boer in sy vroeë 60’s is vermoedelik Dinsdagaand op sy plaas in Bon Accord, noord van Pretoria, vermoor. Hy is met ʼn graaf doodgeslaan.