Hy verwag dat “miljoene” toeriste na Suid-Afrika sal stroom as dit makliker gemaak word om die land te besoek. Ook sal dit geriefliker vir buitelandse sakelui wees om hier te kom sake doen en in die land te belê.
Familieondernemings is die ruggraat van meeste ekonomieë
Suid-Afrika se ekonomie sukkel tans en ons moet oppas om nie die hartklop van ons ekonomie, naamlik familieondernemings – veral familieboerderye – te laat gaan staan deur politieke oorweginge ten koste van gesonde ekonomiese beleid nie.
Kredietwysigingswetsontwerp word aanvaar
Die wetsontwerp sal ook beoog om onder meer roekelose lenings te verminder en roekelose en onwettige lenings te kriminaliseer, en terselfdertyd verantwoordelike leen en uitleen aan te moedig.
SA verval in tegniese resessie
Suid-Afrika se ekonomiese groei het in die tweede kwartaal van vanjaar met 0,7% gekrimp en daarmee die land in ’n tegniese resessie gedompel.
Akademia bied eerste graad in geesteswetenskappe
Akademia het Vrydag ʼn eerste kwalifikasie in geesteswetenskappe bekendgestel tydens ʼn byeenkoms in Centurion.
SA ekonomie se grootste uitdagings
Ontleders sê die twee kwaaiste uitdaging is om ekonomiese groei bo 4% te kry en om die land se hoë werkloosheidsyfer nou kaalvuis te pak.
Dink twee keer oor beleide
Wanneer meeste mense die woord “beleid” hoor, skop hulle vas. ʼn Beleid is nie net iets wat politici skep om ons lewens moeilik te maak nie, maar ook iets wat in enige organisasie geskep word om die een of ander element van ons lewens te reguleer. Die daarstel van beleide is ʼn kuns.
Dertig verskille tussen SA en Zimbabwe
Dit punt is dat alles nog nie verlore is nie, en dat ons toekoms te belangrik is om net aan ’n onbekwame regering oor te laat. Kom ons gebruik hierdie 30 verskille om verdere agteruitgang te keer en aan voorspoed te help bou.
’n Tikkie goeie nuus vir die plaaslike ekonomie
Volgens die IMF is dit die styging in kommoditeitspryse wat die groei sal aandryf.
SA geldeenheid benodig ’n behoorlike buffer
Ontleders waarsku dat daar nog baie onsekerheid op Suid-Afrikaners wag weens die gewipplankryery van die rand. Daar is veral kommer dat die geldeenheid gaan sukkel weens ’n gebrek aan ’n buffer wat hom kan onderskraag.
Is jy bestand teen seindistorsie deur die staat?
Ons lewens, ons gesinne en families, asook ons gemeenskappe, is veels te kosbaar om aan die genade oor te laat van die totalitêre staat, wat meedoënloos strewe na intervensies wat die seine verwring en vernietig wat ons so broodnodig het om te floreer.
Redes vir rand se verknorsing
Die ekonomiese agentskap NKC Africa Economics sê dit is duidelik dat daar probleme in die ekonomie is. Volgens die maatskappy het dit ook ’n uitwerking op sentiment teenoor die rand.