Die beëindiging van godsdienstige praktyke by skole sal ’n steriele, onnatuurlike skoolsamelewing skep, waar individue in hul spoor sal moet trap om nie spontaan aan godsdiensvryheid uiting te gee nie.
Boek: Bid vir jou ongebore baba
Dié boek help ouers om die wonder van die konsepsie en God se hand in die ontwikkeling van hulle baba te sien. ’n Onontbeerlike gids vir elke verwagtende ma en pa.
Foto’s: Die dinosourusse is hier!
Hierdie kompetisie is gesluit: Op soek na iets in Pretoria om die jongspan mee besig te hou met al die langnaweke op hande? Neem hulle na die Tshwane Events Centre vir ’n reis terug na die oertyd waar “lewende” dinosourusse majestueus in hul volle glorie pronk.
Die waarde van refleksie in die leerproses
In ons daaglikse lewe besin ons voortdurend oor ons ervarings, besluite en aksies en evalueer ons dikwels onbewustelik wat ons daaruit geleer het. So maak ons sin van ons belewenisse, leer ons daaruit vir toekomstige besluite en optrede, en word dít wat ons geleer het, geïnternaliseer.
Luister: Nuwe aanlynstelsel help skole met dissipline
Immergroen Ouerskap het ʼn nuwe aanlynstelsel ontwikkel wat skole kan help om dissipline met deernis toe te pas.
Luister: Twee fietsryers op pad na Noord-Kaap vir godsdiens in skole
AfriForum is slaggereed vir die hofstryd wat hom binnekort in die Suid-Gautengse hooggeregshof gaan afspeel vir die behoud van godsdiens in skole.
Registrasie vir Gauteng-leerlinge vandag geopen
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) doen egter weereens ʼn beroep op ouers en skole in Gauteng om nie elektroniese aansoeke vir 2016 in te dien nie.
Video: Skoolvlak-wiskunde ʼn fokuspunt
Die Virseker-trust het meer as R1 miljoen aan die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers toegeken.
Boek: Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief
Jy is ’n enkelouer. Wat nou? Verstaan mense regtig waardeur jy gaan? Is daar iewers “tips” vir hierdie ding waarvan jy niks weet nie?
Video: Bekende Lego-uitstalling in Johannesburg
Die bekendste Lego-uitstalling ter wêreld, “Art of the Brick”, was in Rosebank in Johannesburg te sien. Die uitstalling was vroeër ook te sien in Kaapstad.
Voorskoolse sorgsentrums kry boekskenkings
Johannesburg se stadsbiblioteek-en-inligtingsdiens het in samewerking met die niewinsgewende organisasie Biblionef boeke en speelgoed aan 50 sorgsentrums vir voorskoolse kinders geskenk.
Rekenaartegnologie vir tuisonderrig
In talle lande het tuisonderrig en afstandsonderrig aanvaarde opsies in die onderwyssektor geword. Beide die skoolsektor en die hoëronderwyssektor ervaar ’n ontploffing ten opsigte van rekenaartegnologie as middel tot leer.
SIKMF bied oorsese studiebeurskompetisie aan
Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees (SIKMF) het ʼn internasionale studiebeurskompetisie, wat ’n musiekstudent in staat sal stel om sy of haar musiekstudies by ’n erkende instelling oorsee voort te sit, bekend gestel.
Skoksyfers oor kleuters se eetgewoontes onthul
Sowat een uit elke tien kleuters kry hulle enigste maaltyd van die dag by ʼn kleuterskool. ʼn Verdere 22,2% van kleuters kry net nog een maaltyd tuis.
Mag(tag)-stryd
Ek praat nie nou politiek of boks nie. Ek praat net ouerskap, skryf Hettie Brittz.
Tuisonderwys: Die keuse van kurrikulum
In Suid-Afrika is daar ʼn hele aantal kurrikulumverskaffers vir tuisonderwys, dikwels met uiteenlopende benaderings tot die onderrig van leerders.
Video: Só slaap baba binne 60 sekondes
Ouers met babas, wat nie wil slaap nie, sal dalk die inligting in hierdie video baie waardeer.
“Nuwe aanlyn-toelatingsproses is onregmatig” – Fedsas
Fedsas sê dat elektroniese aansoeke om skooltoelating teenstrydig is met die Skolewet en dat dit slegs ʼn poging van die Gauteng-onderwysdepartement is om self beheer oor die plasing van leerlinge te neem.
Leerlinge ding mee in Pta vir plek in SA skaak-span
Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaaktoernooi vind tans plaas by Hoërskool Waterkloof, Pretoria.
Amerika wink ná SA-leerlinge Robofest wen
Die Absent-Minded-groep, ʼn span van vyf leerlinge aan die Helpmekaar Kollege in Johannesburg, neem volgende maand deel aan die Robofest-wêreldkampioenskap by die Lawrence Technological-universiteit in Michigan, VSA.