Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) sal vandeesmaand ’n uitgebreide verslag oor kinders se menings rakende godsdiens in skole beskikbaar stel.
Pretfees vir hele gesin én Kansa
’n Gesinsfees, die eerste in sy soort, vind die naweek van 16 Mei by SuperSport Park-krieketstadion in Centurion plaas.
’n BSc, Tuberkulose en gróót drome
Om met tuberkulose te worstel terwyl jy vir ’n BSc-graad aan die Universiteit van Stellenbosch studeer, sit nie in enigiemand se broek nie. Sandy van Niekerk het dit egter reggekry.
Die waarde van geografie in ons lewens
Geografie is ʼn onmisbare deel van ons lewens. Ons is immers afhanklik van die aarde waarop ons bly en word dus sterk geraak deur natuurverskynsels, geologiese gebeurtenisse en atmosferiese stelsels.
Video: Paaseier-verrassing
Maak ʼn Paaseier van tou en vul dit met sjokolade-eiertjies!
Tuisonderrig van albei kante bekyk
Tuisonderrig is ʼn veelbesproke onderwerp met baie wat vir of teen hierdie manier van leer is, maar kenners is dit eens dat daar voor- én nadele aan tuisonderrig is.
Verseker vroegtydig jou kind se plek in ’n Afrikaanse skool
Ouers in Gauteng sal pro-aktief moet optree as hulle volgende jaar ’n plek vir hul kinders in Afrikaanse skole wil verseker.
One Direction-konsert: Ouerliefde ken geen perke nie.
As dit daarop neerkom, sal ‘n ouer vir ‘n kind ‘n nier skenk. Of die bloedjie na ‘n One Direction-konsert neem.
Stres en uitbranding by ouers in die tuisonderrigsektor
Tuisonderrig kan baie druk op ’n ouer plaas, wat tot hoë stresvlakke en uitbranding kan lei. Navorsing deur Moore, Lemmer en Van Wyk (2004) het hierdie negatiewe gevolge van tuisonderrig ondersoek. Hulle het bevind dat veral assessering en die prestasie van hul kinders grootliks tot ouers se hoë stresvlakke bydra.
Kweek kreatiwiteit by die huis
Pablo Picasso het gesê, “Alle kinders is gebore kunstenaars; die probleem is om ʼn kunstenaar te bly wanneer ʼn mens groot word.” Ouers speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling en koestering van hul kinders se kreatiwiteit.
Boek: Siembamba – Immergroen rympies vir kinders
Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tara-rara boemdery”? Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud!
Boek: Pa’s en seuns
Angus Buchan moedig pa’s in Pa’s en seuns aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Die boek moedig terselfdertyd ook seuns aan om hul verhouding met hulle pa te koester en so een van dié belangrikste gesinsbande te versterk.
Tuisonderrig: Ja of nee?
Tuisonderrig is waarskynlik een van die mees omstrede onderwyskwessies in die land en een waaroor ouers, opvoedkundiges en onderwyskenners uiteenlopende sienings het.
Platform vir voornemende pleegouers bekendgestel
Solidariteit Helpende Hand het vandag ’n nasionale platform bekendgestel waar persone as potensiële pleegouers kan registreer.
Tuisonderrig is pasgemaak vir jou behoeftes
Tuisonderrig bied ’n werkbare alternatief vir diegene wie se omstandighede of kinders se behoeftes nie by die openbare skoolstelsel inpas nie.
Video: Stuur maklik rookseine
Hier is nou ‘n oulike projek wat jy saam met ‘n kind kan aanpak: stuur maklik rookseine!
Bennie Boekwurm is terug
Bennie Boekwurm se CD is ʼn moet vir diegene wat hul kinderjare wil herleef, of wil hê dat hul kinders of kleinkinders ʼn stukkie televisiegeskiedenis moet beleef.
Boek: Die held en die vuurvliegie
Ouers kan hulle kinders se geestelike groei tot die volgende vlak neem danksy die vrae en aktiwiteit agter in die boek. Die prettige boekie wat gegrond is op Psalm 91 help kinders om Bybelse riglyne in hul lewe tuis te bring.
Nuwe reisregulasies vir Suid-Afrikaanse minderjariges
Hier is die nuwe regulasies betreffende ouers of voogde wat met kinders buite die landgrense van Suid-Afrika wil reis.
Video: Gehalteonderwys word gebou op harde werk
Gehalteonderwys word gebou op harde werk en deursettingsvermoë, en nié net finansies nie.