Luister hier na die Griekwagebed “Ek is veilag” deur Hans du Plessis. Dit word deur Veronica Geldenhuys voorgelees en het by Lapa Uitgewers verskyn.
Gedagte vir die dag: Volgens God se wil
Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. (Markus 11:24)
Borg ’n wiegie en help red ’n weggooibaba se lewe
Dit is ʼn hartverskeurende werklikheid in Suid-Afrika: sowat 3 000 kinders word jaarliks in ons land weggegooi. ʼn Plek wat ʼn alternatief wil skep vir hierdie babas is Door of Hope Children’s Mission in Johannesburg.
Nuwejaarsboodskap: Die lig skyn altyd waar God is
“Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee (Joh. 8:12).”
Luister: Griekwagebed – Die Jirre se pat
Kom luister saam na “Die Jirre se pat”, ʼn Griekwagebed uit “Karos orie dyne”. Dit is deur Hans du Plessis geskryf en word deur Veronica Geldenhuys voorgelees.
Gedagte vir die dag: Sy goedheid is joune
Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. (Psalm 30:6)
Feestyd-oordenking: Gód is die grootste Kersgeskenk
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. (Johannes 3:16).”
Luister: Griekwagebed – Onse Vader
“Onse Vader wat innie jimmel in sit, ons wil nou vedag net vi U kom bid.”
Gedagte vir die dag: Vrede
Soos die môreson sal Hy opgaan om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede. (Lukas 1:78-79)
Laat daar hoop wees
Dit was die jaar wat my weer hoop gegee het vir die mensdom. As daar flieks gemaak word van die jaar 2020, laat hulle fokus hierop: die Liefde.
Skattige briewe van tandemuis gryp verbeeldings aan
Kardoemsie se briewe oor sy vrou, 23 kinders en raad vir goeie mondhigiëne het nie net Anneke se verbeelding aangegryp nie, maar ook haar juffrou sʼn.
Luister: Griekwagebed – Die Jirre het gekom
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, “Die Jirre het gekom”, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis.
Kersdag in die Rooikruis-kinderhospitaal
Soms is mens so gelukkig om verlof of ’n afdag met Kersfees te hê. Maar verpleegpersoneel wat op Kersdag werk, moet dit vir hulself en die pasiëntjies lekker maak, vertel ’n 59-jarige verpleegsuster van die Rooikruis-kinderhospitaal aan Sarie Marais-Nell.
Gedagte vir die dag: Die grootste geskenk
Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe. (2 Korintiërs 9:15)
Feestyd-oordenking: Sing ’n lied van dankbaarheid dié Kersdag
Ek hoop dié nuus plaas ʼn lied van dankbaarheid in ons elkeen se hart, soos die een wat Maria gesing het toe sy gehoor het sy is verwagtend met die Redder van die heelal.
Bid vir die Christene in Noord-Korea hierdie Kersfees
Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys vir vervolgde Christene lys sedert 2002 vir Noord-Korea as die moeilikste land vir Christene om in te leef. Luister na Jan Gouws se spesiale Kersboodskap en vertellinge oor die vervolgde Christene in dié Asiatiese land waar net 1,2% van die land Christene is.
Luister: Griekwagebed – Wagters
“Ere aan God bo innie jimmel en vrede virrie mense oppie aarde!”
Gedagte vir die dag: Jesus was van altyd af daar
Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. (1 Johannes 1:1)
Krismis innie Bo-Kaap
Dis jolig, dis orals en dis aansteeklik: Krismis in die Bo-Kaap. Wêreldbekend vir sy kleurvolle huise, Maleisiese kossoorte en toeriste, word die Kersseisoen in die Bo-Kaap aan sy feestelikhede gekenmerk. En dit is feestelikhede eie aan dié oorwegend Kaaps-Maleise gemeenskap.
Feestyd-oordenking: Jesus bring vrede op aarde
Ten spyte van die deurmekaar jaar wat verby is, is die vredeskind van Bethlehem nog steeds tussen ons.