Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. (Psalm 124:8)
Luister: Griekwagebed – Psalm 11
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
ToekomsVenster: ’n Grendel-mentaliteit
Het jy ook nodig om van die grendel-mentaliteit ontslae te raak en vandag reeds inhoud te begin gee aan waarvoor die Here jou bestaan op aarde bestem het? Mag jy leiding en krag ontvang.
ʼn ‘Nuwe’ nagmaal
Die viering van nagmaal wat deur Jesus self ingestel is kan tog nie oud word nie, maar tog skryf ek oor ‘n “nuwe” nagmaal. Nou die ander dag het die viering van nagmaal tóg vir my ‘n nuutheid laat ervaar.
Isolasie en afsondering: Christene kan by vervolgde gelowiges leer
Hy meen egter Suid-Afrikaners kan dié gelowiges se moedige geloof te midde van ʼn storm as voorbeeld gebruik om ons eie geloof tydens die pandemie te versterk. “Die vervolgde kerk leer ons hoe om kerk by die huis te wees.”
Gedagte vir die dag: Versigtig leef!
Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid … (Efesiërs 5:15-16)
ToekomsVenster: ’n Wêreld na Covid-19
Stilte is ’n vertrekpunt, dit is waar jy begin. Stilte is vertroue in God, die onsienlike maar teenwoordige.
Gedagte vir die dag: Geestesoë
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het. (Efesiërs 1:18)
Luister: Griekwagebed – Psalm 100
Kom luister: ‘n Griekwagebed, voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
ToekomsVenster: Altyd gereed
Begin in jou eie kring en staan weereens verwonderd oor die genade wat God elke dag bewys.
Gedagte vir die dag: God se krag
Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God. (1 Korintiërs 2:4-5)
Boek-uittreksel: Gebede vir elke vrou
“Hoe meer ’n mens met iemand praat en hoe langer jy in daardie persoon se teenwoordigheid deurbring, hoe beter leer jy hom of haar ken. Dieselfde is waar van God.” Lees hier ʼn uittreksel uit Nina Smit se boek, “Gebede vir elke vrou”.
Gedagte vir die dag: U gees
“Mag daar tog ’n dubbele deel van u gees op my kom!”. (2 Konings 2:9)
Gedagte vir die dag: Betekenis
Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes. (Galasiërs 6:7)
ToekomsVenster: Skade maak met die tong
In Afrikaans is daar ʼn spreekwoord wat sê: “die beste stuurman sit aan wal”.
Gedagte vir die dag: Hier by My
Toe sê Moses: “Laat ek tog net u magtige verskyning sien!”. (Eksodus 33:18)
Luister: Griekwagebed – Die kaptein kom
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, “Die kaptein kom” voorgelees deur Veronica Geldenhuys.
ToekomsVenster: Wat is ingeperk?
Jy is dalk nie so ingeperk as wat jy dink nie. Jy vlieg met arendsvlerke soos die Psalmdigter en die skrywer van Jesaja, en beleef die waarheid van God se Woord.
Gedagte vir die dag: Juig, aarde!
Die Here regeer, die aarde moet juig …! (Psalm 97:1)
ToekomsVenster: Sê ja, leef ja
Begin jou dag deur vir die Here “ja” te sê en te verwelkom wat op jou pad kom.