Bedink hierdie woorde vandag: Ek sal jou nie in die steek laat nie.
Gedagte vir die dag: Veld van beloftes
Mag ek lande toe gaan om are op te tel by iemand wat my toelaat om dit te doen? (Rut 2:2)
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; dis oneindig
Terwyl ons saambid sê ek vir die Here dankie dat die Krag van die hemel nie gerantsoeneer na ons toe kom nie. Ons hoef dit nie in eenhede aan te koop nie en ons hoef ook nie bekommerd te wees dat die toevoer ons iewers in die steek gaan laat nie.
Gedagte vir die dag: Is jou lewe een groot gejaag?
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. (Efesiërs 4:32 – 5:1)
ToekomsVenster: Jy weet mos hoe dit voel
Die Here het jou lief. Deel dit met ander.
Vlog vol waarheid: Pasop dat ander jou besluite bepaal
Ons is dikwels geneig om te swig onder groepsdruk, toenemend bekommerd oor wat mense van ons dink. Ons luister graag eerder vir mense wat status het as om vir God se leiding te wag. Word jy deur die wêreld se neigings beheer?
Gedagte vir die dag: Liefde spel selfopoffering
Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. (Johannes 15:13-15)
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; waarvoor sal jy onthou word?
As dit vandag jou afskeid is, hoe lyk die opsomming van jou lewe, en myne?
Gedagte vir die dag: Vind rus in vertroue
Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. (Psalm 131:1-2)
Gedagte vir die dag: Sien God
Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog. Soos ’n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos ’n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra … (Deuteronomium 32:10b-11)
Gedagte vir die dag: Meer geloof
Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” (Lukas 17:5)
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; bietjie, bietjie maak meer
Jy wil ook iemand van betekenis, groot betekenis wees? Wees dan getrou in dit wat Hy vandag van jou vra.
Gedagte vir die dag: Dink aan sy magtige dade
Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel. (Psalm 105:4-5)
ToekomsVenster: Beginsels vir ʼn gelukkige lewe; was dié brandreuk af
Watter reuk kleef aan jou klere? Waarmee is jy besig? Bring dit lewe of bring dit doodsheid?
Gedagte vir die dag: Die rivier van die lewe
Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. (Op 22:1)
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; my liefdesklippie
Die klippie verteenwoordig God se belofte van nabyheid en sorg. Elke keer wat ek die klippie in my hande hou kom dit tot my “Jesus het my lief, Hy is in beheer, Hy sorg en gee om.”
Gedagte vir die dag: Wees standvastig
Wees dan standvastig en hou vas aan die leer wat ons aan julle oorgedra het, of dit deur ons prediking of deur ’n brief was. (2 Tess 2:15)
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; somtyds net in storms
Daar is kosbare lesse te leer in stormweer. God is getrou, Hy sal jou nie los nie.
Vlog vol waarheid: Word jy deur die horlosie regeer?
Ons leef in ʼn era waarin almal se lewens ʼn dolle gejaag is en dikwels sonder dat ons dit agterkom, begin tyd ons lewens regeer. In hierdie vlog, spesiaal vir jongmense, gesels jeugpredikant Mauritz Zietsman hoe jy kan verseker dat jy jou tyd spandeer op dít wat werklik belangrik is.
Gedagte vir die dag: Moenie jou liefde laat verflou nie
Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos aan die begin nie. (Openbaring 2:4)