Dinge op die politieke terrein is nou so deurmekaar soos ’n verkleurmannetjie op ’n Smartieboks (pers Smarties ingesluit). Op die vooraand van die staatsrede verklaar die ANC se ringkoppe ewe pikant dat die Nkandla-kwessie ’n regeringskwessie is, en nie ’n ANC-kwessie nie. Hulle kan net sowel die publiek oortuig hoenders het gevaarlike slagtande, en met stadsjapie-onkunde waarskynlik nog daarmee wegkom ook.
Nuuskommentaar: Om Zuma se optredes en bekkighede te voorspel
Gaan Zuma se grootlikse toegewing Dinsdag voor die grondwetlike hof daartoe lei dat sy staatsrede van die gebruiklike arrogansie en selfgeregtigheid gestroop word? Is daar ʼn kans dat hierdie staatsrede, dalk Zuma se politieke swanesang, ʼn werklike baken van hoop sal word soos dit behoort te wees?
Nuuskommentaar: ‘Blackfacing’ en ander slaggate
Het die jongste voorval wat verkeerdelik as blackfacing veroordeel word dalk nou die kwessie in ’n kookpot van polarisasie laat ontaard? Dit toon net weer hoe opgeskerp ’n mens in ’n heterogene land moet wees, waar dinge soos blackfacing en die sing van “Kill the Boer, kill the farmer” polariserende gevoelens kan losmaak.
Nuuskommentaar: Skop die Cape Libs nog in US-taalbeleid?
Hoe groot is die rol van Maroela Media in die stroming dat die openbare diskoers onder Afrikaanssprekendes nou meer gereeld die feitegebaseerde middelgrond opsoek? Die benouende laer van die akademici wat hulle nog by die uitgediende Cape Libs skaar, is ’n aanduiding van ’n verswakking van die eertydse dominante invloed van politieke korrektheid.
Nuuskommentaar: Zuma vs die boere / Boere
Gaan Zuma in sy staatsrede die lug tussen hom, die boeregemeenskap en die Afrikaner probeer suiwer? Dis beslis iets wat dringend nodig is. Of gaan hy die wig dieper indryf? Ook oor ander kwessies lê die pak skuldbriewe wat in die toespraak vereffen moet word dakhoog.
Nuuskommentaar: Zuma se ‘skikking’: Arrogansie en mooi broodjies van politici
Dit was sommer gou ná die president se aanbod, dalk weens druk van binne die ANC, om te skik oor die Nkandla-kwessie, duidelik dat daar veel meer as ’n gewone skikkingspoging daaragter skuil. Dit gaan ’n ruk neem voordat genoeg uitlek oor wat presies agter die skerms gebeur het om behoorlike ontledings te doen, maar intussen kristalliseer ’n paar faktore reeds duidelik uit.
Nuuskommentaar: Weerbare demokrasie teen ‘dommekratiese’ verval van ANC
In ’n skynbaar onafwendbare sirkelgang kom pres. Jacob Zuma telkemale sentraal in die nuus uit. Die enigste manier hieruit, so lyk dit, is dat #ZumaMustFall, maar dit het self deel van die spel geword waar die regte inligting skynbaar nie oral genoegsaam indring om demokratiese veranderinge te weeg te bring nie.
Nuuskommentaar: Gaan Wes-Kaap nou “bevry” word?
Die ANC-woelinge in die Wes-Kaap maak deel uit van ’n strategie om dié provinsie, soos die ANC dit stel, te bevry. Die proses is egter uiters kompleks, en Herman Toerien het oorsigtelik daarna gaan kyk.
Nuuskommentaar: Plaasaanvalle knaag die siel weg
Kort ná die nuus dat plaasaanvalle nou groter voorrang gaan geniet, indien dan nie wel tot prioriteitsmisdaad verklaar word nie, volg die nuus van die moord op dr. Bennie Cilliers en die wrede aanval op sy vrou op hul plaas, Gouda, in die distrik Rouxville.
Nuuskommentaar: Plaasmoord-prioritisering en korrupsie
Die regering se gereelde bontpratery veroorsaak nou dat Suid-Afrikaners met meer as ʼn tikkie ongeloof geslaan is oor die skynbare verklaring van plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad en dat Suid-Afrika sy posisie op die internasionale korrupsiepersepsie-indeks jou warempel gaan verbeter het.
Nuuskommentaar: Gifpenne uit oor ‘Tainted Heroes’
AfriForum se film, Tainted Heroes, is nog nie eens wyd uitgereik nie, of kritiek vloei uit die linkerkant van die politieke spektrum. Was die maak van die film noodsaaklik, of ʼn groot fout? Herman Toerien neem die kwessie in oënskou.
Nuuskommentaar: Ras-reaktiewe verkiesing op pad
Dit is reeds duidelik dat die ANC, wat andersins prestasiegewys bankrot voor die kiesers staan, vanjaar ’n besonder fel rasgebaseerde verkiesingsveldtog gaan voer. Uit die buiteland is enkele lesse en riglyne te leer oor hoe om die neus skoon te hou en die morele hoë grond te betrek.
Nuuskommentaar: Oom Paul en die kriminalisering van Afrikanergeskiedenis
In ’n poging om veral die DA as faktor in die komende munisipale verkiesing te erodeer, skroom die ANC nie om genadeloos ’n verbale rasse-oorlog te stook nie. Maar gaan so ’n stokery noodwendig verbaal bly, veral as die Afrikaner en sy helde gekriminaliseer word?
Nuuskommentaar: Die droogte en koeksister-kerktorings. Kan ons nog saamstaan?
Met ons pennies en tiekies het ons die Vrouemonument gebou, het van die ou mense graag vertel. Talle kerktorings behoort in die vorm van koeksisters te wees om te gedenk hoe die susters skouer aan die wiel gesit het om kerkboufondse te laat groei. En nou staan ons voor die enorme uitdaging om die landbou wat in groot nood verkeer, deur die drif te help.
Nuuskommentaar: Sal die regte Zuma nou opstaan?
Ongeag die vyeblare wat die regering voorhou oor hoekom pres. Jacob Zuma hom in Davos aan ’n TV-paneelbespreking deur Afrikaleiers onttrek het, die feit bly dat dit ’n verleentheid vir Suid-Afrika was. Weliswaar dalk ’n kleiner verleentheid as sou hy wel deelgeneem en drooggemaak het. Met meer feite beskikbaar kan egter veel wys geraak word oor hoe Zuma se toekoms in die ANC lyk. Nou kan slegs aan die hand van onbevestigde nuusbrokkies bespiegel word.
Nuuskommentaar: Kwotas in krieket en DA kan sake ontspoor
Die landwye rasseherrie het nog nie gaan lê nie en te midde hiervan het die DA rasteikens gestel wat baie kenners niks anders as kwotas wil noem nie. Met die Proteas wat so teen die Engelse kleitrap, kyk oud-Proteas en oud-Springbokke onder meer krities na die impak van stywe kwotas op die standaard van provinsiale en bedryfsregspanne, en die impak wat dit op die nasionale span het.
Nuuskommentaar: Blinde, maar nie stom Zuma moet SA by Davos ‘lei’
’n Groot en sterk afvaardiging verteenwoordig Suid-Afrika vanjaar by die WEF se Davos-beraad, maar die vraag bly wie die diepste spore gaan trap – Pravin Gordhan of pres. Jacob Zuma wat die afvaardiging lei. Gordhan se taak is moeilik genoeg sonder die los kanon wat Zuma gereeld is.
Nuuskommentaar: Opkoms van vroueleiers
Vrouepresidente en -premiers is op die oog af wêreldwyd in opmars, al is die pad nog lank en steil. Maar hoe goed of sleg is die kanse dat pres. Jacob Zuma deur ’n vrou, veral ’n vrou met die nodige statuur, opgevolg sal kan word?
Nuuskommentaar: Rassebohaai tot na verkiesing?
Dit is nou duidelik dat die ANC rassisme agter elke bos gaan probeer uitskop in die aanloop tot vanjaar se landwye munisipale verkiesing om sy bankrotskap aan werklike prestasies te probeer verdoesel. Daar moet gewaak word om nie ʼn slagoffer hiervan te word en skietgoed vir die ANC te bied nie.
Nuuskommentaar: Saboteer jou eie saak
Die onlangse gebeure op Parys in die Vrystaat en veral die “ondersteunende” betogings, toon aan hoe maklik ongure gedrag ʼn hele volk se saak kan benadeel.