“Ons is uiters dankbaar vir elkeen van julle en nederig deur julle vriendelikheid en vrygewigheid. Wees verseker julle het almal ʼn verskil en ʼn positiewe impak vir ons kinders gemaak.”
Sol-Tech bied nou ook kwalifikasie in kinderontwikkeling
“Navorsing toon daar is tans ongeveer 7 miljoen 0- tot 5-jariges in Suid-Afrika. Die impak wat ʼn goed opgeleide praktisyn op hierdie segment van die samelewing kan hê, is beduidend.”
Awê, masekin! Afrikaans Amptelik 100 en ‘almal welkom hier’
Afrikaans Amptelik 100 sien hierdie veldtog as ʼn geleentheid om gesprekke tussen die verskillende taalgemeenskappe oop te maak.
Matriekprojek geskrap oor elemente wat verkiesingsgedrag kan raak
ʼn Lewensoriënteringsprojek vir matrikulante oor swak toegang tot skoon drinkwater, is nege dae voor die Junie-eksamen geskrap.
George-tragedie: ‘Ons mag nie moed opgee’
“Elke keer as een van die groot stukke beton van die toneel af opgelig word, hoop ek vurig op goeie nuus.”
Vreugde ná die seer: Theuns se sus stil-stil getroud
Hulle sal steeds in Desember, tydens ʼn bruilof saam met hul familie en vriende, trou aan mekaar beloof. Dié eerste, klein troue het hulle gehou omdat Linda “so graag die Here se seën wil afbid” op hulle.
SA’ners steeds te platsak vir huiskoop
Die meeste Suid-Afrikaners wat huise huur, doen dit weens finansiële redes – met byna die helfte van mense wat toegee hulle kan eenvoudig nie bekostig om ʼn eiendom te koop nie. Sommige verkies egter die buigsaamheid wat ʼn huurooreenkoms bied.
Bitter pil vir Tongaat Hulett ná appèlaansoek misluk
Tongaat Hulett moet steeds opdok ná die hooggeregshof in Durban sy aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys het.
Forensiese ondersoek na veiligheid van staat se IT-stelsels
Min. Sihle Zikalala sê die ondersoek is weens kommer dat die departement ʼn sagte teiken vir kubermisdade word.
Beskuldigde in veediefstal-saak van miljoene sterf
Wiltrus Boshoff is laat 2022 saam met ses ander beskuldigdes in hegtenis geneem en het op aanklagte van diefstal in die Molope-landdroshof in Mmabatho verskyn.
Ramaphosa sê brand van vlag in advertensie ‘verraad’
Volgens John Steenhuisen, DA-leier, verdraai Ramaphosa die ooglopende betekenis van die advertensie deur te beweer dit is die DA wat “Suid-Afrika wil vernietig”.
ActionSA-partylede veilig na kapers met hul wegjaag
ActionSA se Funzi Ngobeni, Gautengse premierskandidaat, en Hluphi Gafane, jeugforumvoorsitter, is veilig gevind nadat hulle glo gekaap en aangehou is.
George-tragedie: 39 nog vermis; dodetal styg
Altesaam 36 mense is reeds uit die puin van die woonstelgebou gered wat Maandag in George ineengestort het.
Gesamentlike landbou-inkubasieprojek skop af
“Dit is deur die herlewing van landbou dat ons blywende sukses kan behaal. Dít is die sleutel tot voedselsekerheid en volhoubaarheid, en om wanvoeding, armoede en werkloosheid die hoof te bied.”
Kommer oor Gauteng se plan om aannemingsdiens oor te neem
Die hooggeregshof het in 2022 bevind dat die departement van maatskaplike ontwikkeling onwettig opgetree het.
Sardyne meer gewild as hoender
Ingemaakte sardyne, eerder as hoendervleis, is toenemend Suid-Afrika se voorkeur proteïen. Lees hier wat die redes hiervoor is.
291 jaar tronkstraf vir vrou wat bedrieg
In plaas daarvan om verskaffers te betaal, het sy die geld in haar persoonlike bankrekening inbetaal.
AfriForum hou valkoog oor nasionale verkiesing
AfriForum het 134 waarnemers geregistreer wat gereed is om landswyd by stembusse ontplooi te word.
Departement ondersoek kwesbaarheid vir kuberaanvalle
Die minister is besorg dat sy departement ʼn sagte teiken kan wees vir toenemend gesofistikeerde kubermisdade.
George-tragedie: Onafhanklike ondersoek na gebou wat ineenstort
Meer as 200 mense is tans op die terrein besig met die reddingspoging. Die fokus in hierdie stadium is om diegene, wat nog vasgekeer is, na veiligheid te bring.