Winde hier het in ʼn stadium teen ʼn sterkte van meer as 90 km/h gewaai.
Ramaphosa moet sê oor Cele se teikens
Die minister van polisie, Bheki Cele, se prestasie-ooreenkoms kom in April tot ʼn einde. AfriForum twyfel sterk of die minister sy teikens behaal het.
Eskom verwag minder beurtkrag dié winter
Dit, aldus die kragvoorsiener, is danksy die operasionele herstelplan en Eskom se belegging in beplande instandhouding tydens die somermaande.
MEIBC-loonaanbod ‘slegte nuus’ vir werknemers
“Om verhogings op die minimum loonkoerse te baseer, sal meebring dat geskoolde en ervare werknemers ʼn verhoging van ver onder die verbruikersprysindeks (VPI) ontvang.”
Twee vas vir buitelander se ontvoering
Die slagoffer is glo ʼn afgetrede sakeman van Oostenryk.
Regulering kan kripto stukrag gee
Die langverwagte Bitcoin-halveringsgeleentheid het bykans ongesiens verbygeglip, maar beleggers gaan dié kubergeldeenheid se vertoning oor die volgende paar maande met valkoë dophou.
‘Vreesbevange’ ANC wil appelleer teen hofbeslissing oor minagting
Die DA gaan op geen manier bes gee oor die kwessie nie, omdat dit ʼn fundamentele gedeelte vorm van die party se pogings om “Suid-Afrika te red”.
Kaapstad wil miljarde in water, sanitasie belê
Die bou van ʼn veilige watertoekoms, die betroubare lewering van skoon water, waardige sanitasiegeriewe, die vermindering van rioolstortings en die verbetering van afvalwaterbehandeling om die omgewing en binnelandse watergehalte te help beskerm, bly die stad se sleutelprioriteite.
‘Verby teleurgesteld’ – Hollywood reageer op Weinstein-uitspraak
Talle Hollywood-sterre het Donderdag hul skok en verontwaardiging uitgespreek ná Harvey Weinstein se skuldigbevinding aan seksmisdade tersyde gestel is.
Wysigings aan Bela-konsepwet positiewe wending
“Die SAOU se deelname in die mobilisering van gemeenskappe tot kommentaar op nasionale en provinsiale vlak het aan die openbaredeelnameproses bepaalde legitimiteit verleen, wat ongetwyfeld die gewenste uitwerking gehad het.”
Zuma, MK kry uitstel in OVK-saak
Die Konstitusionele Hof het oudpres. Jacob Zuma en die MKP uitstel tot volgende week gegee om te reageer op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se aansoek om appèl in te dien.
Oud-Zim-krieketspeler op operasietafel ná luiperd hom gryp
Dit is nie Guy Whittall se eerste onderonsie met ʼn wilde dier nie. In 2013 is ʼn nylkrokodil van meer as 160 kg onder sy bed verwyder.
Swaar straf bepleit vir klein Chevonne se moordenaars
“Sy was ʼn kind wie se geboorte nie gevier is nie, haar dood is nie betreur nie, maar deur te skryf oor die geregtigheid wat sy sal kry, gaan haar vir ewig laat voortleef.”
‘Blatante leuens’ gaan nie gesondheidsorg regruk nie
Die DA sê dit is hoogs onverantwoordelik van Panyaza Lesufi om die verwagting te skep dat gesondheidsorg in die nabye toekoms drasties gaan verbeter.
Nog twee Uniq-klerewinkels open in Gauteng
Die Shoprite-groep se Uniq-winkels het boonop ʼn selfbedien-betaaltoonbank wat beteken klante hanteer self die betalings deur ʼn skandeerder en rekenaar te gebruik.
Vier beseer toe Pta-tronk brand
Die vermoede is dat die brand in een van die eenhede uitgebreek en toe vinnig na ander eenhede versprei het weens die afwesigheid van brandmure tussen die eenhede.
(M)ooi so, (B)okkaptein (A)driaan
Oud-Springbokkaptein Adriaan Strauss het Donderdag sy meestersgraad in besigheidsadministrasie (MBA) met onderskeiding aan die Noordwes-Universiteit ontvang.
100 myl, 27 uur: Diabeet wil Drakensberg kafdraf
Jono le Roux se storie gaan nie net oor persoonlike triomf nie, maar is ook ʼn bewys van die vooruitgang in diabetessorg en -tegnologie.
Verslag: Talle SA’ners oorleef op skuld
Die uitwerking van die voortdurende stygende koste van elektrisiteit beteken ook dat 41% van landsburgers daarsonder klaarkom. Verbruikers sal vanjaar selfs meer noustrop trek nadat Eskom-tariewe onlangs met 12,74% gestyg het.
Anglo verwerp BHP-aanbod van $38,8 miljard
Die BHP-aanbod is opportunisties en versuim om Anglo American se vooruitsigte na waarde te skat, sê Anglo American se voorsitter.