Motoriste kan vanaf Woensdag uitsien na ʼn bietjie verligting by die vulstasie.
Prasa ontken belegging in VBS Bank
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het ontken dat hy van voornemens is om R1 miljard te belê in ʼn relatief onbekende bank wat vir pres. Jacob Zuma ʼn lening van R7,8 miljoen toegestaan het vir nie-sekuriteitsopgraderings aan sy privaat huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Valsmoordvisse soek skuiling by V&A Waterfront
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en die departement van omgewingsake het die publiek versoek om nie ʼn groep valsmoordvisse te pla wat skuiling kom soek het in die V&A Waterfront-gebied in Kaapstad se hawe nie.
Boetie skiet tweejarige sussie dood; neem eie lewe
ʼn 11-jarige seun, wat met sy pa se gelisensieerde vuurwapen gespeel het, het per ongeluk ʼn skoot afgevuur en sy tweejarige sussie getref.
Burgeroorlog oor Zuma is ‘leë dreigemente’, sê Holomisa
Diegene wat waarsku oor ʼn burgeroorlog as pres. Jacob Zuma deur die ANC onttrek word, is “leë dreigemente”, het Bantu Holomisa, leier van die UDM, Sondag gesê.
De Lille bevraagteken tydsberekening van kriminele aanklagte
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Sondag ontken dat sy in kennis gestel is van kriminele aanklagte wat deur die Demokratiese Alliansie teen haar aanhangig gemaak is. Sy bevraagteken ook die tydsberekening van die aanklagte.
Groen lig vir Eskom om nóg hernubare energie aan te koop
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het aan Eskom goedkeuring gegee om bykomende hernubare energie aan te koop van onafhanklike kragvoorsieners.
Gemeenskappe sukkel, maar ANC koukus by luukse lodge
Die Demokratiese Alliansie in Noordwes het die LUR vir plaaslike regering en die ouditeur-generaal versoek om ʼn interne ondersoek te doen nadat die ANC in Tswaing-munisipaliteit honderde duisende rand spandeer het aan ʼn “strategiese beplanningsessie”.
Pa sterf self toe hy kinders aan die brand wou steek
Dit was een van drie voorvalle van ernstige huishoudelike geweld Saterdag in Limpopo.
ANC-leiers besluit dalk oor Zuma se lot
Pres. Jacob Zuma se toekoms sal moontlik Sondag bepaal word wanneer die ANC se topsesleiers met hom sal vergader ná die party se nasionale werkskomitee (NWK) besluit het dat hy moet uittree.
‘Al hoe meer staatsamptenare oortree die wet’
“Ons kan nie toelaat dat korrupsie die fondasie van hierdie land vernietig nie en ons kan nie ons blind hou daarvoor nie.”
‘Dlamini sal weer miljoene se bestaan in die wiele ry’
Die Demokratiese Alliansie het gesê Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, sal weer miljoene se bestaan in die wiele ry tensy die nasionale tesourie die betaling van welsynstoelaes oorneem.
30-jarige sterf in Sandton-motorfietsongeluk
ʼn 30-jarige man is Saterdagmiddag omstreeks 15:00 dood in ʼn motorfietsongeluk in Sandton, Johannesburg.
Uma Thurman oor Weinstein, Tarantino
Die aktrise Uma Thurman het die Amerikaanse rolprentvervaardiger Harvey Weinstein van seksuele teistering beskuldig en verduidelik waarom sy haar vertroue in regisseur Quentin Tarantino verloor het.
Twee vas oor bejaardes se moord in Namibië
Twee persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op Giel Botma en sy vrou Sarie op hul plaas in Koës, in die suide van Namibië.
Polisie in Oos-Kaap deur bendelede aangeval
Polisiebeamptes van Gelvandale in die Oos-Kaap is Saterdagmiddag omstreeks 16:00 met klippe bestook toe hulle besig was met ʼn stop-en-deursoek-operasie in Martinstraat, Helenvale.
KZN-man vas oor ma se moord
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met moord op Cindy Bailey (40)
Man vas oor renosterhoring in Mpumalanga
ʼn 38-jarige man is in Kaapmuiden naby die Krugerwildtuin in hegtenis geneem in verband met die besit van twee stelle renosterhorings.
Kommer oor militêre veterane se ‘onwettige optogte’
Die departement van militêre veterane het Vrydag gesê hy is besorg oor inligting dat sommige militêre veterane ʼn “onwettige optog” volgende week na sy kantoor in Pretoria beplan.
Foto’s: Vyf sterf in Rustenburg-ongeluk
Vyf persone is Vrydagaand dood tydens ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn BMW op die N4 in Rustenburg.