Volgens die polisie het Jaco Labuschagne ʼn boodskap vir sy familie gelaat voordat hy verdwyn het.
Drie in hof ná Limpopo-plaasaanval
“Terwyl die rooftog aan die gang was, het die slagoffers se pa dit gesien en gehardloop om tussenbeide te tree. Die vyf verdagtes het op vlug geslaan en die boer het hulle agternagesit.”
Polisie brand glo los op betogers in Limpopo
Twee sake van poging tot moord word deur die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat ondersoek.
Oos-Kaap-boer in mediese koma ná aanval
Die polisie het intussen bevestig niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Nuuskommentaar: Trots op die land, of op mede-Suid-Afrikaners?
’n Aantal Suid-Afrikaners het die afgelope ruk prestasies gelewer wat baie hoog aangeslaan word. Is ons net trots op hulle, of help dit ons ook trots maak op die land? Of is die impak van die Zupta-administrasie en korrupsie net te groot om blindelings trots op die land te wees?
Belastingbetalers hoes vir Dlamini-Zuma se veiligheid
“Niemand voel sekerlik met reg meer bedreig as die boere van die land nie, maar vir hulle is daar geen spesiale BBP-beskerming nie.”
Nóg aanklagte staar broers in gesig ná man se skietdood
Die broers, wat Maandag in die hof verskyn het in verband met die moord op Brian Wainstein wat ten aanskoue van sy vrou en kind in sy huis in Kaapstad doodgeskiet is, word deur bykomende aanklagte in die gesig gestaar.
SA kan nié kernkrag bekostig nie, sê Fedusa
Die vakverbond het gesê swak ekonomiese groei sal miljoene onderwysers, gesondheidswerkers, polisiebeamptes en ander mense in die werksmag verder vasvang in stygende skuld en verslegtende armoede en werkloosheid.
Vier vas ná hulle op plaas toeslaan
ʼn Groep van vyf verdagtes het die slagoffers met ʼn wapen aangehou nadat hulle op die plaas toegeslaan het.
Prins Harry en Meghan trou dán
Daar is ook bekend gemaak waar die paartjie in die eg verbind sal word.
Dalk einde van Puk-karakter
“Dit kan enorme skade tot die bekende handelsmerk en identiteit van die Puk-kampus veroorsaak.”
LP’s wil Transnet/Gupta-verbinding ondersoek
“Transnet is baie tevrede om homself te ondersoek en sy eie afleidings te maak. Hulle het geen respek vir die parlement nie. As ons dit toelaat, gaan hulle die parlement bly minag.”
Manana se medebeskuldigdes gevonnis
Cyril Madonsela (35) en Thulani Mdaka (42) het skuld beken op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hulle Mandisa Duma en Noluthando Mahlaba in Augustus by Cubana-restaurant in Fourways aangerand het.
Bylmoorde-saak: ‘Stres kan tot aanvalle lei’
ʼn Neuroloog het getuig dat aansittery (voorgee dat jy ʼn siekte het) só onwaarskynlik is, dat dit verwerp kan word in die geval van die 23-jarige Henri van Breda se moordsaak.
Verdagte sterf toe hy wou vlug
“Hy het by die afgrond afgeval toe polisiebeamptes en veiligheidswagte hom agternagesit het.”
Zuma en speaker vergader oor omkoperybewerings teen minister
Minister Bongani Bongo word daarvan beskuldig dat hy die voorsitter van ʼn parlementêre ondersoek oor staatskaping by Eskom, wou omkoop.
Verkragtingsaak by Nelson Mandela-universiteit uitgestel
ʼn 29-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy twee studente aan die Nelson Mandela-universiteit verkrag het, het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.
Die wêreld in foto’s – 28 November 2017
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Bure kom op man se liggaam af
Die bure van ʼn 42-jarige man wat Saterdag vir die laaste keer lewend gesien is, het Maandag op sy liggaam afgekom nadat hulle ʼn onaangename reuk uit sy woonstel in Polokwane opgemerk het.
Talle munisipaliteite se water dalk afgesny
Kyk hier vir die volledige lys van munisipaliteit wat agterstallig is.