ʼn Suid-Afrikaanse soldaat is in die hospitaal en sy vriendin, ook ʼn soldaat, is dood ná ʼn skietvoorval in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).
Oscar-appèl: ‘Onregverdig om te sê hy het nie berou’
Die staat voer aan die feit dat Oscar Pistorius angstig en kwesbaar gevoel het sonder sy prostese voor hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, doodgeskiet het, nie sy skuld in haar moord verminder nie.
Amy hoor op Lara se verjaarsdag dat sy oorlede is
“Dít is die plan wat God met haar lewe gehad het, en ons moet dit aanvaar, al is dit tog bitter seer dat ons haar nie weer gaan sien nie. Sy is waar sy moet wees – in die hemel by die voete van God.”
Premier en VF Plus gesels dán oor plaasmoorde
Die afspraak is laat Donderdagaand finaal deur David Makhura, die premier van Gauteng, se kantoor bevestig.
Nóg toeriste in Jhb deur ‘polisieman’ beroof
Drie toeriste is Donderdag in Johannesburg beroof kort nadat hulle by die OR Tambo-lughawe geland het.
SAID dreig met regsaksie oor jongste Zuma-boek
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oorweeg dit om regsaksie te neem teen die ondersoekende joernalis Jacques Pauw en die Sunday Times.
WhatsApp se diens wêreldwyd onderbreek
Die hutsmerk #WhatsAppDown is Vrydagagoggend op Twitter begin nadat talle sosialemediagebruikers hulle tot Twitter gewend het om die probleem aan te spreek.
Polisiemanne wat rower doodskiet hoor hul lot
Twee voormalige Wes-Randse polisiebeamptes gaan Vrydag na verwagting gevonnis word nadat hulle byna twee jaar gelede ʼn vermeende rower in Krugersdorp op teregstellingswyse doodgeskiet het.
Wits SR verander van plan oor ontwrigting van eksamens
Die nuutverkose studenteraad van die Universiteit van die Witwatersrand het ʼn beplande stilstand-aksie, waartydens alle akademiese aktiwiteite tot ʼn stilstand gedwing sou word, Donderdag net voor middernag afgelas.
Video gee deurslag in Panayiotou-saak
Die video is tydens ʼn geheime polisieoperasie opgeneem.
Tekenprent: Vervolging ná Swart Maandag-betogings
Verskeie mense word glo deur die polisie strafregtelik vervolg in verband met die Swart Maandag-optogte wat Maandag reg oor die land gehou is. Verskeie meningsvormers het ook gewys op die dubbele standaarde wat met dié betogings verband hou.
DBO reageer ná merkriglyne op sosiale media beland
Die departement van basiese onderwys (DBO) het Donderdag gesê daar is geen rede om die integriteit van die eerste Wiskunde-matriekeindeksamenvraestel in twyfel te trek nie
Oscar Pistorius-appèl: ‘Dit kan presedent skep’
Die appèlhof in Bloemfontein sal vandag hoor hoekom die staat meen Oscar Pistorius moet ʼn langer vonnis opgelê word.
Nuuskommentaar: Zuma dreig met ou koeie van korrupsie
Om die aandag weg van hom te fokus, dreig pres. Jacob Zuma nou dat hy wel ’n kommissie na staatskaping sal aanstel, maar een wat nie net nuwe korrupsie sal ondersoek nie, maar ook korrupsie uit die vorige bedeling.
Donkie veroorsaak gru-botsing; 12 sterf
Altesaam 12 mense is Donderdagaand in ʼn gru-ongeluk in Limpopo dood.
Verdagte sterf ná Ficksburg-plaasaanval
Een van die vermeende aanvallers wat na bewering Donderdag by ʼn plaasaanval in die Ficksburg-distrik in die Vrystaat betrokke was, is in ʼn hospitaal dood.
Doodsklok lui vir ‘The Times’ se gedrukte weergawe
Daar is tans 1 054 mense werksaam by dié maatskappy.
Bylmoorde: Hof hoor ‘hond sou nie blaf nie’
“Is dit nie vreemd dat hulle deur al die moeite sal gaan om in julle huis in te kom, jou gesin dood te maak – behalwe vir jou – en dan nie ʼn enkele ding roof nie, nie eens ʼn selfoon of jou ma se handsak nie?”
Bakkie beland in swembad
“ʼn Bakkie was heeltemal onder die water van die huis se swembad. Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy veelvuldige snye en kneusplekke opgedoen het.”
Malema: ‘Die ANC is bang vir wit mense’
“Die nuttelose minister van polisie het niks gedoen nie, selfs nie toe die wittes ons [op Swart Maandag] ontwrig het nie. Weet julle hoekom? Want die ANC is bang vir wit mense.”