Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê die omvang van die welgestelde Gupta-familie se “web van korrupsie” word al hoe meer duidelik en die minister van verdediging moet aan die parlement die “buitensporige toegang” wat die Guptas tot geklassifiseerde militêre inligting gehad het, verduidelik.
Boer skiet aanvaller dood tydens KZN-plaasaanval
Marius Clark, ʼn boer van Donnybrook in KwaZulu-Natal, het Saterdag ʼn vermeende aanvaller op sy plaas doodgeskiet tydens ʼn plaasaanval waartydens sy kinders ook verbete met die drie aanvallers geveg het.
Staking dreig in ingenieursbedryf
ʼn Landswye staking dreig in die ingenieursbedryf ná onderhandelings vasgeval het toe die vakbond Numsa die werkgewer se jongste aanbod verwerp het.
Boer sterf ná plaasaanval op Machadodorp
Dries Schoeman (70), wat op 21 Junie 2017 ernstig beseer is tydens ʼn aanval op ʼn plaas in Machadodorp, Mpumalanga, is Sondag oorlede.
Nege ‘rowers’ vas ná skietery met polisie by Kranskop
Nege mans is in hegtenis geneem ná ʼn skietery met die polisie tydens ʼn gewapende rooftog in Kranskop, KwaZulu-Natal.
Zuma weier om te bedank
Die ANC se integriteitskommissie het pres. Jacob Zuma versoek om uit te tree, maar hy het geweier en gesê slegs hy kan die Weste “verhoed om die ANC oor te neem”.
‘Wetteloosheid’ van taxi-bestuurders tydens betoging veroordeel
Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die wetteloosheid van taxi-bestuurders tydens ʼn betoging Vrydag veroordeel.
Klag teen SA rassekwotas by Wêreldrugby ingedien
AfriForum en Solidariteit het ’n amptelike klag teen rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse rugby by Wêreldrugby se hoofkantoor in Dublin, Ierland, ingedien.
5 dood, 2 beseer tydens Durban-ongeluk
Vyf persone is dood en twee tieners ernstig beseer tydens ʼn ongeluk Saterdagaand op die R102 tussen Umhlanga en Durban, naby die Phoenix-afrit.
‘Transnet ondermyn ondersoek oor Gupta-maatskappye’
Uit geskrewe vrae van die VF Plus aan die minister van finansies blyk dit dat Transnet en die departement van openbare ondernemings die nasionale tesourie se ondersoek na Transnet-kontrakte met Gupta-gekoppelde maatskappye ondermyn.
[Video] Pelgrimsrus: Sommige sakelui steeds optimisties
Twee derdes van die sakeondernemings in die geskiedkundige Pelgrimsrus het hulle deure gesluit. Dis omdat die departement van openbare werke besluit het hulle moet weer tenders indien.
[Video] Jonges van SA beïndruk toeskouers, beoordelaars oorsee
Die talent van die jong Suid-Afrikaners wat aan die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste in Los Angeles, Amerika deelneem, dwing bewondering af by die beoordelaars en die toeskouers.
Man besteel ná hy op vrou se aanlyn advertensie reageer
ʼn 21-jarige vrou het in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag dat sy ʼn man na haar woonstel gelok het met ʼn aanlyn advertensie en hy daarna besteel is.
Drie vas oor renosterstropery
Drie persone is in Hluhluwe, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem in verband met renosterstropery nadat die polisie op ʼn wenk reageer het.
SAKP verwerp Bell Pottinger se verskoning
Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) het ook sy stem gevoeg by diegene wat die Britse beeldpoetser- en skakelmaatskappy Bell Pottinger se verskoning verwerp en het beslissende aanspreeklikheid deur die agentskap versoek.
Polisie sal ingryp as BLF joernaliste teister
Fikile Mbalula, die minister van polisie, het Saterdag die hofuitspraak verwelkom ten gunste van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) teen Black First Land First (BLF).
‘Ek gaan nie hul lam ter slagting wees nie,’ sê ANC-LP
Makhosi Khoza, ANC-LP, het haar party Vrydag veroordeel ná ʼn verklaring deur die hoofsweep van die party wat gesê het sy is “buite orde” nadat sy met ʼn publisiteitsveldtog begin het ná die party se nasionale beleidskonferensie.
SA onderteken drieledige vryhandelsgebiedooreenkoms
Suid-Afrika het Vrydag in Kampala, Uganda, ʼn ooreenkoms onderteken om die drieledige vryhandelsgebied (TFTA) te bevestig tydens ʼn vergadering van die drieparty sektorale ministerskomitee.
Britse toeris verdrink by Plettenbergbaai
ʼn Britse toeris het Vrydag by Plettenbergbaai verdrink nadat hy in ʼn sleurstroom beland het.
15 sterf in Japan-vloede; 14 word steeds vermis
Die dodetal het intussen tot 15 gestyg ná vloede en swaar reën die afgelope week in Japan.