“Die twee slagoffers was diep verneder en ʼn mens kan jou net indink watter pyn en wroeging hulle moes deurmaak.”
[Video] Man staan op en vee stof af ná bus hom tref
ʼn Video van ʼn man wat deur ʼn bus getref word en dan doodluiters opstaan, die stof afskud en verder aanstap, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Man sterf toe kar deur grensmuur ploeg
Ten spyte van paramedici se volgehoue pogings om sy lewe te red, is hy op die toneel dood.
Vrou beroof toe motor gaan staan
Die vrou, in haar 60’s, het langs die pad in die voertuig gesit en wag toe twee booswigte toegeslaan het.
Paramedikus voor hospitaal doodgeskiet
“Die gemeenskap is ontneem van ʼn voetsoldaat wat hom daaraan gewy het om mense se lewens te red. Nou het sy familie ʼn pa, seun en eggenoot verloor.”
Hof beslis oor godsdiens in skole
Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag uitspraak gelewer in die saak oor godsdiens in skole.
Belastingbetalers hoes miljoene vir polisiehoës wat niks doen
“Miljoene van belastingbetalers se geld word gemors op twee individue wat duidelik in die eerste plek nie geskik vir hul werk was nie. Hulle word betaal om tuis te bly en met hul vingers te speel.”
Sersant in polisiestasie in gesig geskiet
‘n Woordvoerder van die polisie het gesê drie mense het omstreeks 02:00 die polisiestasie binnegekom onder die voorwendsel dat hulle ʼn rooftog wil aanmeld.
Straatverkopers ontsteld oor hoender-verbod
Die verbod kom nadat die hoogs aansteeklike H5N8-voëlgriepvirus op drie plase in Mpumalanga en die Vrystaat uitgebreek het.
Nuuskommentaar: Fopnuus en betaalmure
Kan dit wees dat ons, te midde van ’n inligtingsontploffing, vervlak in ons vermoë om te onderskei tussen belangrike nuus en sensasionele nuus, en dat ons debatsvermoë deur toenemende fopnuus ondermyn word?
Peuter doof ná kogleêre inplanting gesteel is
“Dit is baie frustrerend vir haar. Vandat die oorstukkie weg is, vat sy heeltyd aan haar oor en wys vir ons sy kan nie hoor nie.”
Apartheidsgeld: Betogings by Absa-banke verwag
“Absa weier om aan die OB se bevinding gehoor te gee en noop ons om te betoog.”
Betogers maak amok naby Rustenburg
Die betogers het paaie met klippe en bande wat aan die brand gesteek is versper terwyl busse wat mynwerkers moet oplaai verhoed is om die nedersetting binne te gaan. ʼn Ander groep het ook ʼn winkel wat deur buitelanders besit word aangeval en kos, sigarette en kontant geëis.
Spur-konsessiehouers: ‘Gee ons nou kans om reg te maak’
“Al wat ons nou vir ons kliënte wil vra is dat hulle ons ʼn kans gee om reg te maak wat verbrou is. Ons wil kliënte nooi om weer by ons te kom eet sodat ons mekaar in die oë kan kyk. Ons wil hulle burger-vir-burger en bord-vir-bord terugwen.”
Modelbaas se vonnisoplegging wéér uitgestel
Die vonnisoplegging van Dawie de Villiers, die hoof van ʼn modelagentskap in Kempton Park wat Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis sou word, is weer uitgestel.
Paia-aansoek ingedien oor Zuma-standbeeld in Noordwes
“’n Monument wat iemand eer moet meriete en waarde hê. Die oprigting van ’n Zuma-monument sal totaal onvanpas wees gegewe die hoë vlakke van korrupsie en armoede wat onder sy presidentskap in Suid-Afrika heers.”
Man sterf toe bakkie hom tref
ʼn Man in sy 40’s is dood toe hy glo oor ʼn pad gehardloop het en toe deur ʼn bakkie getref is.
Hof sê dán oor godsdiens in skole
Die uitspraak rakende die behoud van godsdiens in openbare skole word binnekort in die Johannesburgse hooggeregshof gelewer.
Nog ʼn skokvonds in weste van Pta
Skaars vier dae nadat ʼn skokkende ontdekking Vrydag in die weste van Pretoria gedoen is, het inligting oor ʼn soortgelyke voorval in die omgewing bekend geword.
Balfour-plaasmoord: Twee hoor oor borgtog
Die Balfour-landdroshof het Dinsdag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van die twee verdagtes wat aangekla word van die wrede moord op die Smuts-gesin op hul plaas buite dié Mpumalanga-dorpie.