Marthinus Pelser, die pa van Johannesburg wat verdwyn het nadat sy babaseuntjie van ses maande Saterdagaand dood in sy wiegie aangetref is, is in hegtenis geneem.
Oscar Pistorius-saak: ‘Hy het nie berou nie’
Staatsaanklaer, adv. Gerrie Nel, het Woensdag in die staat se slotbetoë in die hooggeregshof in Pretoria geëis dat Oscar Pistorius die minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar tronkstraf moet kry.
Wynuitvoere na EU verdubbel
Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het die afgelope week ʼn ooreenkoms gesluit wat die land se huidige jaarlikse belastingvrye kwota vir wynuitvoere na die Europese Unie van 48 miljoen tot 110 miljoen liter verhoog.
Niemand nog vas vir Michelle Koekemoer-moord
Michelle Koekemoer, die negejarige meisie wat verlede week dood aangetref is in ʼn woonstelblok in Vanderbijlpark, word Vrydag begrawe.
Twee speurders vas oor ‘omkoopgeld’
ʼn Adjudant-offisier en sersant van die Mangaung-speurdiens in die Vrystaat, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo R100 000 se omkoopgeld van ʼn verdagte in ʼn diefstalsaak ontvang het.
‘Oscar is ʼn gebroke man’
“Die beskuldigde het homself gestraf en sal voortgaan om homself vir die res van sy lewe te straf.”
Mpumalanga-vrou vermis ná moontlike kaping
ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur nadat ʼn vrou van Witrivier in Mpumalanga Woensdagoggend vermoedelik buite haar huis gekaap en ontvoer is.
Hoe lyk die toekoms van Afrikaans in 2016?
ʼn Mens kan nie help nie om te wonder hoe die jongste politieke aanslag teen Afrikaans die toekoms van Afrikaans, veral as wetenskaptaal, bedreig.
[Video] Seun (2) by vakansieoord deur krokodil gevang
Polisiebeamptes en reddingspersoneel in Orlando in die Amerikaanse deelstaat Florida is steeds op soek na ʼn tweejarige seuntjie wat Dinsdagaand deur ʼn krokodil aangeval en in ʼn strandmeer ingesleep is.
Oscar Pistorius-saak: ‘Ons het nie die waarheid gekry nie’
“Al wat ons gesoek het is die waarheid. Mense sê ons het die waarheid gekry, maar ons het nie. Ek glo nie dat die ware weergawe van gebeure aan die lig gekom het nie.”
Mynbedrywighede hervat ná Northam-geweld
Die bestuur van Northam Platinum het Woensdag gesê bedrywighede by sy Zondereinde-myn is Dinsdagaand hervat.
Man vas ná hy glo meisie voor ma verkrag
ʼn Man van Limpopo wat na bewering ʼn 15-jarige meisie ten aanskoue van haar ma verkrag het voordat hy haar ontvoer het, is in hegtenis geneem.
Nuuskommentaar: Hier kom ’n kreupel verkiesing
Dat die konstitusionele hof in sy meerderheidsuitspraak ’n noodwendige kompromis moes tref beteken nie dat die OVK langer kan sloer om sy grondwetlike en wetlike verpligtinge oor ’n korrekte kieslys mét adresse na te kom nie. Uit die hof se uitspraak is dit duidelik dat, wat die hof betref, daar nie ruimte is vir iemand se oordeel oor “genoegsaam vry en regverdig nie”.
Vyf gevonnis wat vrou aan die brand steek
Vyf inwoners van die Thomo-nedersetting in Limpopo is Donderdag swaar vonnisse opgelê nadat hulle ʼn mede-inwoner van heksery beskuldig en haar met klippe bestook en aan die brand gesteek het.
Drawwer erg beseer ná sy in ravyn afval
ʼn Jong vrou moes Dinsdagmiddag uit ʼn ravyn in Kloof, KwaZulu-Natal gered word nadat sy geval en ernstige beserings aan haar rug en bene opgedoen het.
‘Argitekte van Vuwani-krisis’ moet nou oplossing vind, sê Sadou
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in Limpopo het Dinsdag gesê die “argitekte” van die betogings wat Vuwani in ʼn krisis gedompel het, moet nou die krisis oplos ná ʼn ingrypingspan gefaal het.
DA samel geld in vir Penny Sparrow, beweer ANC-jeugliga
Die ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal het Dinsdag die Demokratiese Alliansie daarvan beskuldig dat hulle ʼn fondsinsameling gereël het om die voormalige eiendomsagent Penny Sparrow te help om ʼn boete van R150 000 te betaal.
Vier in hegtenis geneem oor Northam-geweld
Vier persone, waaronder ʼn moordverdagte, is by die Northam-myn in Limpopo in hegtenis geneem.
Damvlakke daal steeds
Die vlakke van damme landswyd daal steeds week ná week volgens ʼn weeklikse assessering van die departement van water en sanitasie.
Valke waarsku teen afspraakwebwerwe
Die Valke het vroue gewaarsku teen bedrieërs op aanlyn afspraakwebwerwe.