Vervaardiging in die metaal- en ingenieursbedryf het met 1% gedaal tussen Oktober en November 2014 weens kragonderbrekings deur Eskom.
Veearts-moord: Verdagte het dalk nog ʼn vrou verkrag
Die man wat van die moord en verkragting op dr. Rensia de Wet van Witrivier verdink word, het vermoedelik ook ʼn tweede vrou verkrag voor hy aangekeer is, het die Witrivier-landdroshof Maandag gehoor.
67 dood ná hulle vergiftigde bier drink by begrafnis
Altesaam 67 mense is in Mosambiek dood nadat hulle oor die naweek vergiftigde bier gedrink het by ʼn begrafnis.
Drie vas oor Bainsvlei-moorde
ʼn Derde persoon is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op ʼn bejaarde egpaar, Toon Swanepoel (72) en sy vrou Rienie (70) van Kwaggakraal-plaas naby Bainsvlei in Bloemfontein.
Motoris aangeval in Bolobedu-betoging
ʼn Motoris is met klippe bestook en sy motor is aan die brand gesteek tydens ʼn diensleweringsbetoging in Hlohlokwe naby Bolobedu buite Tzaneen in Limpopo.
Video: Nuwe sportkompleks in Limpopo
Thabazimbi in Limpopo het nou sy eie sportkompleks gekry wat gaan help met die sportontwikkeling van jongmense.
Eskom wil beurtkrag verhoed
Eskom het gesê hy hoop om beurtkrag te vermy nadat meeste ondernemings hul bedrywighede hervat het na die feesgety.
Universiteit nie die enigste opsie, sê Nzimande
Leerlinge wat die matriekeksamen geskryf het, kan alternatiewe opsies buiten universiteit oorweeg, het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, Maandag gesê.
Lyk aan Vishoek-haainet geïdentifiseer
Die polisie in die Wes-Kaap het gesê die man wie se lyk in Vishoek gevind is, is geïdentifiseer.
VF Plus wil Zuma van haatspraak aankla
Die VF Plus het gesê hy gaan president Jacob Zuma en die ANC by die Menseregtekommissie (MRK) van haatspraak aankla na Zuma se uitlatings oor Jan van Riebeeck.
Duurste skole in Suid-Afrika
Ouers wat kinders in Afrikaanse en dubbelmedium skole in Suid-Afrika het, kan ʼn sug van verligting gee as dit by skoolgelde kom.
Man in hof oor Lephalale-plaasmoorde
Phillip Kgoantha, die 22-jarige man wat verdink word van die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, het Maandag in die dorp se landdroshof verskyn.
Man en vrou tydens Bloem-plaasaanval vermoor
Twee vermeende plaasaanvallers het Maandagoggend die liggame van ʼn bejaarde man en vrou aan die Bloemfontein-polisie uitgewys nadat hulle in die slagoffers se bebloede bakkie betrap is.
Pa in hof na seun (10) vriend doodskiet
ʼn 10-jarige seun het glo per ongeluk sy negejarige vriend in Stilfontein, Noordwes doodgeskiet terwyl hy met sy pa se geweer gespeel het.
Plaasaanvaller vermoor weduwee, steek huis aan die brand
ʼn Vrou is Maandagoggend tydens ʼn vermeende huisroof op haar plaas naby Theunissen in die Vrystaat vermoor, waarna haar huis met haar liggaam daarin, aan die brand gesteek is.
Vier metrobeamptes vas oor rooftog
Vier Tshwane-metropolisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog.
Vlug QZ8501: Kajuit-stemopnemer ook gevind
Indonesiese soek- en reddingspanne het Maandag die kajuit-stemopnemer van die AirAsia-vliegtuig wat op 28 Desember 2014 met 162 persone aan boord in die see neergestort het, opgespoor.
Leerlinge moet glo soos honde baklei
Leerlinge van ʼn skool in Springs in Ekurhuleni word glo gedwing om hondegevegte na te boots waartydens weddenskappe gemaak word op watter kind die meeste byt- en krapbeserings kan veroorsaak, het The Star Maandag berig.
Vier sterf in Sasolburg-botsing
Vier mense, waaronder ʼn vyfjarige seun, is Sondag dood en ses ander beseer nadat drie voertuie naby Sasolburg in die Vrystaat gebots het.
Drie kinders verdrink in Mosselbaai
Twee seuns en ʼn meisie het Sondagmiddag by Diasstrand in Mosselbaai in die Wes-Kaap verdrink.