Freddie Tolman (52) is Woensdag tydens ʼn plaasaanval buite Hartenbos in die Wes-Kaap doodgeskiet.
SA egpaar moor mekaar glo voor kinders in Ierland
Cornelius Billing (44) en sy vrou Angie (27) van Suid-Afrika het mekaar glo Woensdagaand voor hul kinders in Ierland vermoor.
Video: Wat mense in 2014 by Google wou weet
Google het ʼn lys vrygestel van die mees gewilde soektogte vir 2014.
SAID moet Pillay se skorsing ophef
Ivan Pillay, adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se skorsing moet onmiddellik tersyde gestel word, het die arbeidshof in Johannesburg Donderdag beveel.
Palestyne wil oor jaar vrede met Israel hê
Jordanië het Woensdag ’n ontwerpresolusie by die VN-Veiligheidsraad ingedien waarin vrede met Israel binne ’n jaar in die vooruitsig gestel word.
Polisieman vas oor gesteelde kar
ʼn Polisiebeampte en 24 ander mense is in die Oos-Kaap vir verskeie misdade in hegtenis geneem.
Tiener vermoor glo ouma met swaard
ʼn 16-jarige seun het Woensdag in die Roodepoort-landdroshof in Gauteng verskyn nadat hy glo sy ouma met ʼn swaard vermoor het.
Nuuskommentaar: Julias M. Caesar en grondgryp
Herman Toerien meen Julius Malema se magsbasis kan die land enorme skade berokken.
Flippie Engelbrecht-saak: Hof moet besluit oor aanranding
Die Worcester-landdroshof sal na verwagting Donderdag besluit of Wilhelm “Dozi” Treurnicht, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn plaaswerker se seun aangerand het, vrygespreek moet word, het The Star berig.
Naamborde van Mugabe en sy vrou moet af
Owerhede in die Zimbabwiese hoofstad Harare het die regerende party beveel om nuwe straatnaamborde wat president Robert Mugabe en sy vrou vereer, te verwyder.
Oud-vervoerhoof van Limpopo gee hom oor
Die voormalige hoof van die vervoerdepartement in Limpopo het homself Woensdag aan die polisie oorgegee op aanklag van moord en poging tot moord.
Seun (8) verdrink in Oos-Londen
ʼn Agtjarige seun het verdrink terwyl nog ʼn seun gered is uit die see by Oos-Londen in die Oos-Kaap.
Onderwysdept. moet R81 m. opdok
Die hooggeregshof in Grahamstad het Woensdag die departement van onderwys beveel om 90 Oos-Kaapse skole te vergoed nadat hulle R81 miljoen uit hul eie sak vir onderwysers se salarisse betaal het.
Bylmoordenaar dan gevonnis
Die staat het Woensdag die Durbanse hooggeregshof versoek om Phindile Joseph Ntshongwana, wat daaraan skuldig bevind is dat hy vier mense met ʼn byl doodgekap het, tot lewenslange tronkstraf te vonnis.
Derby-Lewis se vrou waarsku SAKP, Hani se weduwee
Clive Derby-Lewis se vrou, Gayle, het die SAKP en Chris Hani se weduwee gewaarsku om nie bewerings te maak oor “wyer sameswerings” rakende Hani se moord nie.
New York verban tatoes en lyfjuwele vir troeteldiere
New Yorkers sal eersdaags swaar beboet of selfs tronkstraf opgelê word indien hulle tatoeërmerke of lyfjuwele (piercings) op hul troeteldiere aanbring.
Uitspraak voorbehou in SAID-arbeidsaak
Die arbeidshof in Johannesburg het Woensdag uitspraak voorbehou in Ivan Pillay, adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se aansoek om sy skorsing ter syde te laat stel.
‘Rekord-daling’ in brandstofpryse verwag
Die Outomobiel Assosiasie (AA) het Woensdag gesê motoriste kan moontlik volgende maand ʼn rekord-daling in brandstofpryse verwag weens internasionale oliepryse wat skerp gedaal het.
Spasie raak min by Ekurhuleni-begraafplase
Die Ekurhuleni-munisipaliteit het Woensdag gesê alternatiewe metodes moet dringend ondersoek word hoe mense begrawe kan word, aangesien die metro binnekort nie meer plek gaan hê vir nuwe grafte nie.
Verwelkom Mej. Wêreld tuis
Die publiek word genooi om Rolene Strauss, wat Sondag in Londen as Mej. Wêreld gekroon is, tuis te verwelkom.