ʼn Jongman van die Oos-Kaap is Dinsdagaand in sy kamer dood, minute nadat hy by sy huis ingehardloop het.
Parlement gee groen lig vir tussentydse SAUK-raad
Die voorgestelde tussentydse raad vir die SAUK is Woensdag eenparig in die parlement goedgekeur.
Man sterf in trompopbotsing met trokke
ʼn Man is dood en een beseer nadat ʼn bakkie Woensdag met twee vragmotors in Rustenburg, Noordwes, gebots het.
Plaasaanvalle: ‘Bury them alive’-uitlating ontstig
Duduzile Manana, ʼn ANC-LP, het Dinsdag glo in die nasionale vergadering “Bury them alive!” geskree tydens die debat oor plaasmoorde.
‘Opkikkerfabriek’ in Pta oopgevlek
Die Valke het Dinsdag op miljoene rande se onwettige skedule 6-middels by ʼn perseel in die ooste van Pretoria afgekom.
[Video] Klagtes na onderonsie met metrobeampte
WAARSKUWING: Daar kom kru taal in die video voor wat nie vir sensitiewe lesers of kinders geskik is nie.
Jong boere uitgerus vir uitdagings van landbou
ʼn Groep van sowat 150 jong boere van regoor die land het Woensdag in Midrand by TLU SA se Jongboerkonferensie bymekaargekom om te gesels oor die volhoubaarheid van die landboubedryf vir die volgende generasie.
Sassa-krisis: ‘CPS het staat afgepers’
Cash Paymaster Services (CPS) het twee keer in die verlede die regering ʼn twee dag-ultimatum gegee om in te stem tot sy eise om te verhoed dat die betaling van toelaes onderbreek word, het die konstitusionele hof Woensdag gehoor.
Baba-ontvoeringsdrama: Sekere klagte teen ma laat vaar
Die staat het nie die aansoek om borgtog teengestaan nie
SA se 10 beste sakemanne en -vroue
Die marknavorsingsmaatskappy New World Wealth het vandeesweek die tien invloedrykste sakemanne en -vroue bekendgemaak as deel van die maatskappy se 2017 welvaartverslag.
Jayvan se kankerstryd: ‘Ons het alles verloor, behalwe geloof’
“Dit gaan goor. Ons is stukkend; verpletter. Ons het niks oor na dié jaar nie. Ek het alles verloor behalwe my geloof. In dié stadium weet ons nie of ons sink of swem nie. Wat ek wel hoop, is dat ons eendag hierna sal terugkyk met dankbaarheid dat die Here ons deurgedra het.”
Pa voor winkelsentrum doodgeskiet
ʼn Man is Dinsdagaand buite ʼn winkelsentrum in Krugersdorp aan die Wesrand deur vier gewapende rowers doodgeskiet.
Drie verdagtes gesoek ná moord in Pta-huis
Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat Woensdag op ʼn huis in die ooste van Pretoria toegeslaan en vyf inwoners met skerp voorwerpe aangeval het.
Jong jagter sterf
“Die familie het almal se gebede nou meer as ooit nodig, almal was so positief want dit het teen die naweek baie beter met hom gegaan”.
DBV soek eienaar van ‘erg vernielde’ hond
“Hierdie hondjie moes deur ʼn baie harde tyd gegaan het en baie mishandeling het plaasgevind.”
Hof beslis ná bakkie onnie sleep
Suzanne Leyden was lank in ʼn koma ná die voorval en het veelvuldige en ernstige beserings opgedoen.
Pta-inwoners in huis vermoor
Vyf mense is in die huis aangeval, vasgebind, aangerand en met skerp voorwerpe gesteek.
Zama-zama’s swaar gestraf
Altesaam 22 onwettige myners (zama-zama’s) is Dinsdag swaar gestraf in die hooggeregshof in Virginia in die Vrystaat.
Sassa-toelaes: Duidelikheid oor betaling kom
“Ons wil so gou as moontlik die onsekerheid uit die weg ruim en vir die 17 miljoen begunstigdes die versekering gee dat hulle op 1 April hul toelaes sal ontvang.”
‘ANC wys minagting vir SA se mense’
“Die party sal die prys hiervoor in die algemene verkiesing in 2019 betaal.”