Toe Jerry Goddard (15), ʼn gr. 9-leerder van Bloemfontein, Dinsdagmiddag by sy ouma se huis weg is, het hy gesê hy sal haar “eendag” weer sien. Ure later het sy die skoknuus van sy dood gekry.
Waarskuwing teen masels in Gauteng
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het gesê die gevalle is meestal laerskoolkinders wat nog nie voorheen ingeënt is teen dié siekte nie.
[Foto’s] Skote klap by winkelsentrum wat pas open
Talle mense is vasgekeer by die Springs Mall aan die Oos-Rand ná ʼn skietvoorval by die winkelsentrum, minder as ʼn uur nadat dit amptelik geopen…
[Video] Skool reageer ná baksteen-voorval
Die voorval is die tweede van sy soort die afgelope paar weke by ʼn Wes-Kaapse skool.
Nagwaak vir slagoffers in Garsfontein-aanval
Talle inwoners het Woensdagaand by die Garsfontein-polisiestasie in die ooste van Pretoria bymekaargekom om ʼn nagwaak te hou vir die slagoffers wat wreed in hul huis aangeval en vermoor is.
Duisende dalk werkloos oor waterkrisis
Nagenoeg 17 000 werksgeleenthede in die landboubedryf is in gedrang weens die waterkrisis in die Wes-Kaap.
Soektog na seun (5) in mynskag afgelas
Die Ekurhuleni-metro het met die proses begin om inwoners van die Jerusalem- informele nedersetting in Boksburg te hervestig ná ʼn vyfjarige seuntjie verlede maand in ’n ou mynskag afgeval het.
Die verband tussen haatspraak en plaasmoorde
Die burgerregte-organisasie AfriForum reik Donderdagoggend ’n verslag uit waarin ’n verbintenis tussen haatspraak deur politici en plaasmoorde vir die eerste keer onthul word.
Belastingbetalers sal huiwer om geld aan ‘korrupte ANC-regering’ te gee
Aan die een kant probeer belastingbetalers, swart en wit, al hoe meer om belasting te vermy en aan die ander kant vra die armes waarom hulle enigsins moet hoop op ʼn beter lewe.
PE-bendelid gee homself oor aan polisie
ʼn 21-jarige bendelid van Port Elizabeth, wat gesoek is op aanklag van moord, het homself aan die polisie oorgegee.
En die motor van die jaar is…
Die motor van die jaar is Woensdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by die Kyalami-renbaan in Midrand bekend gemaak.
Jongman storm by huis in, sterf in kamer
ʼn Jongman van die Oos-Kaap is Dinsdagaand in sy kamer dood, minute nadat hy by sy huis ingehardloop het.
Parlement gee groen lig vir tussentydse SAUK-raad
Die voorgestelde tussentydse raad vir die SAUK is Woensdag eenparig in die parlement goedgekeur.
Man sterf in trompopbotsing met trokke
ʼn Man is dood en een beseer nadat ʼn bakkie Woensdag met twee vragmotors in Rustenburg, Noordwes, gebots het.
Plaasaanvalle: ‘Bury them alive’-uitlating ontstig
Duduzile Manana, ʼn ANC-LP, het Dinsdag glo in die nasionale vergadering “Bury them alive!” geskree tydens die debat oor plaasmoorde.
‘Opkikkerfabriek’ in Pta oopgevlek
Die Valke het Dinsdag op miljoene rande se onwettige skedule 6-middels by ʼn perseel in die ooste van Pretoria afgekom.
[Video] Klagtes na onderonsie met metrobeampte
WAARSKUWING: Daar kom kru taal in die video voor wat nie vir sensitiewe lesers of kinders geskik is nie.
Jong boere uitgerus vir uitdagings van landbou
ʼn Groep van sowat 150 jong boere van regoor die land het Woensdag in Midrand by TLU SA se Jongboerkonferensie bymekaargekom om te gesels oor die volhoubaarheid van die landboubedryf vir die volgende generasie.
Sassa-krisis: ‘CPS het staat afgepers’
Cash Paymaster Services (CPS) het twee keer in die verlede die regering ʼn twee dag-ultimatum gegee om in te stem tot sy eise om te verhoed dat die betaling van toelaes onderbreek word, het die konstitusionele hof Woensdag gehoor.
Baba-ontvoeringsdrama: Sekere klagte teen ma laat vaar
Die staat het nie die aansoek om borgtog teengestaan nie