Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het vanoggend strafregtelike klagtes teen 12 mense ingedien wat herhaaldelik rassistiese boodskappe op sosiale media geplaas het, wat geweld en moord aanhits.
Wes-Kaap brande: Polisie ondersoek brandstigting-beweringe
“Die bewerings is dat mense, geklee in politieke drag, glo gesien is toe hulle die brande in die Paarl-omgewing gestig het.”
Duisende wag nog vir plek in Gauteng-skole
“Hoekom los ons hierdie goed tot op die nippertjie? Die onderwysstelsel in Gauteng is onder druk.”
Kuga: Eienaars gewaarsku oor slenter; nog ’n brandvideo sien die lig
Intussen het nog ʼn video van ʼn Kuga wat op 2 Januarie in die Hermanus-omgewing uitgebrand het, gister die rondte op sosiale media begin doen.
Ondersoek na minderjariges se ‘seksvideo’
Die Wes-Kaapse polisie stel, saam met die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling, ondersoek in na ʼn video waarin drie beweerde minderjariges hulself glo afgeneem het terwyl hulle seksdade uitvoer en die video op die internet geplaas het.
[Video] ‘Hokfoto nie ʼn rasse-voorval’
ʼn Foto van ʼn vrou wat agterop ʼn bakkie in ʼn hok vervoer word, het wyd opslae gemaak sedert dit vroeg Donderdagoggend op Facebook geplaas is.
‘Hulle is nou deel van die statistieke’
“My pa se liggaam is in ʼn stoor gevind. Die moordenaars het my pa onder valse voorwendsels in die stoor ingelok deur te sê ʼn kalfie is siek.”
Egpaar ‘erg getraumatiseer’ ná plaasaanval
ʼn Egpaar in hul 70’s is Donderdag in die vroeë oggendure in hul huis op ʼn plaas in die Haenertsburg-gebied in Limpopo aangeval.
Drie vas wat vrou glo voor hof ontvoer, vermoor
Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo oor die naweek ʼn vrou, wat by ʼn Oos-Kaapse landdroshof vir haar man in hul motor gewag het, ontvoer en vermoor het.
Vrou vrygelaat wat baba op video ‘mishandel’
In die video kan gesien word hoe die vrou oënskynlik haar hand oor ʼn huilende baba se gesig hou. Die baba skop met sy voete soos hy skynbaar probeer om uit die vrou se greep te ontsnap voordat hy naderhand stil word.
Miljoene stroom na SA in feestyd
Volgens die minister van binnelandse sake dui die verhoging in die getal besoekers daarop dat Suid-Afrika ʼn aantreklike toeristebestemming vir die wêreld is.
‘Panga-moordenaar’ hoor oor borgtog
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn man in Marikana, naby Rustenburg, met ʼn panga doodgekap en toe sy bloed gedrink het, het Woensdag in die Bafokeng-landdroshof om borgtog aansoek gedoen.
Eiendomswaardeerder vas oor miljoene rande ‘bedrog’
Die Stad Johannesburg het Woensdag gesê dat een van sy voormalige eiendomswaardeerders, Mbali Maclare, in hegtenis geneem is vir beweerde bedrog en korrupsie van byna R500 miljoen.
Rowers slaan toe in krematorium
Roubeklaers is vroeër die week tydens ʼn begrafnis van hul selfone, klere en kontant beroof.
Reuseskikking vir SAPD-lid ná regstellende aksie
“Ten spyte van die feit dat mnr. Van Heerden die beste en voorkeurkandidaat vir die geadverteerde pos was, is daar steeds teen hom gediskrimineer bloot oor sy ras, wat deur die Grondwet verbied word.”
Man sterf na ontsnapte leeu hom aanval
“Die afgelope paar dae was maar moeilik en die tragedie het ʼn leemte in ons harte gelaat.”
AfriForum begin strafregtelike klagte oor rassisme, haatspraak indien
“Onder die aanhitsers is verteenwoordigers van politieke partye, regeringsamptenare, gemeenskapsleiers, akademici en politieke kommentators.”
Verkragtings-, moordaanklag teruggetrek in Franziska-saak
Franziska se liggaam is in Maart in die Tokai-woud in Kaapstad gevind nadat sy gaan draf het en nie teruggekeer het nie.
SAUK verontwaardig oor uitlek van ‘voorlopige verslag’
Die dokument is Dinsdagnag uitgelek en daarin word onder meer aanbeveel dat ʼn nuwe tydelike raad onmiddellik ʼn ondersoek van stapel stuur na onregmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes van meer as R5,1 miljard by die SAUK oor die afgelope paar jaar.
[Video] ‘Vaalrivier-monster’ uitgevis
ʼn Oënskynlike “moordvis” wat Maandag in die Vaalrivier opgemerk en deur ooggetuies as ʼn “vreemde watergedierte” of “reuse-krokodil” geïdentifiseer is, het groot opslae gemaak.