ʼn Man is dood en vyf mense beseer toe hulle Donderdag deur weerlig getref is.
Nóg vyf ‘leeustropers’ aangekeer
Vyf mense is Donderdagaand in hegtenis geneem te midde van ʼn vlaag voorvalle in Limpopo waar leeus vir hul liggaamsdele doodgemaak is.
Hawelose kom op babalykie af
“Hy het die sak oopgemaak en op die babalykie afgekom.”
Soldaat gee hom oor ná ‘moordtog’
ʼn Suid-Afrikaanse soldaat het homself Donderdag aan die polisie oorgegee ná ʼn skiettog wat minstens een persoon dood gelaat het.
SAUK vra verlof om appèl ná hooggeregshofuitspraak
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag ʼn aansoek deur die SAUK aangehoor om verlof tot appèl nadat Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as groepshoof van korporatiewe sake by die openbare uitsaaier as onwettig verklaar is.
Ek gaan DA dagvaar oor spioen-bewerings, sê Mkhwebane
Die openbare beskermer Busi Mkhwebane het Donderdag gesê haar geduld is op met die Demokratiese Alliansie, wat haar daarvan beskuldig het dat sy ʼn spioen is vir die regering. Sy is van voornemens om die party te dagvaar nadat hulle nie om verskoning gevra het nie.
Madonsela moet opdok vir BMW ná termyn verstryk
Die voormalige openbare beskermer moet opdok nadat sy ʼn amptelike voertuig, ʼn BMW X6, bly gebruik het ná haar termyn verstryk het, asook vir skade aan die motor ná ʼn ongeluk.
Stiefpa hoor eers dan sy lot
ʼn 51-jarige man van Randfontein wat skuldig bevind is dat hy sy twee stiefdogters verkrag en onsedelik aangerand het, het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn.
Nóg geen saak ná skietongeluk op Springbok se plaas
Geen amptelike saak is sover teen die veelsydige Springbok-agterspeler, Johan Goosen (24), aanhangig gemaak nadat hy glo verlede week ʼn vriend van hom per ongeluk op sy Oos-Kaapse plaas met ʼn jaggeweer raakgeskiet het nie.
Pasiënt (83) dood, bestuurder geskors
Die departement van gesondheid in Limpopo het die bestuurder van ’n hospitaal geskors ná die dood van ʼn 83-jarige pasiënt weens beweerde nalatigheid.
Pa, dogters op kleinhoewe vir R20, iPhone aangeval
Vyf mans het ʼn 77-jarige pa en sy twee tienerdogters Woensdagaand op ʼn kleinhoewe in Driefontein, in die Muldersdrift-omgewing aan die Wes-Rand, aangeval en aangerand en van ʼn iPhone en R20 beroof.
Polisiehoof voor LP’s oor korrupsiebewerings
Lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Donderdag voor die parlementêre komitee oor polisie volgehou “nie ʼn enkele sent” van belastingsbetalers se geld is gebruik om in 2009 vir hom ʼn verjaarsdagpartytjie te hou nie.
Sewe ‘korrupte’ polisiebeamptes kry borgtog
Sewe polisiebeamptes, wat tereg staan op aanklagte van bedrog, korrupsie en diefstal van miljoene rande, is vrygelaat op borgtog van R 5 000 elk.
Nege ontsnap uit selle by polisiestasie
Nege gevangenes het Woensdag uit die selle van die polisiestasie in Stellenbosch ontsnap.
Skok ná skoolseun (16) se skielike dood
ʼn Graad 11-leerder van die spogskool Westville Boys High School in Durban is Donderdag in die vroeë oggendure dood nadat hy die vorige dag by ʼn gimnasium inmekaargesak het.
Vrou (81) vas oor dagga
ʼn 81-jarige vrou van die Oos-Kaap is Woensdag in hegtenis geneem nadat verskeie daggaplante op haar erf aangetref is.
Man sterf langs vrou ná aanval op Pta-kleinhoewe
“Ek het net na middernag wakker geword toe een van hulle sy hand oor my mond druk en sê ek moet stilbly.”
Alldays-‘leeustroper’ in hof
Die 31-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is nadat die geskende karkas van ʼn witleeuwyfie Dinsdag op ʼn wildsplaas in die Alldays-omgewing in Limpopo gevind is, het Donderdag vlugtig in die hof verskyn.
Booysens-geweld: ‘Oplossing’ vir behuisingkwessie gevind
Stephan Harris (28), ʼn verstandelik gestremde man wat ook tydens die onderonsie beseer is, is steeds in ʼn kritieke toestand in Kalafong-hospitaal.
Nicola Pienaar was swanger
Jaco Oosthuizen (32) het Donderdag in die Paarl-landdroshof verskyn nadat sy vriendin, Nicola Pienaar (28), se liggaam vroeër die week in ʼn vlak graf gevind is.