“Ons soek nou ʼn ander tipe kaliber kader wat die benadering, om banke in Suid-Afrika te beskerm, sal afbreek. Dis nie net Gordhan nie, ons kom vir al die personeel by die tesourie.”
Soldaat in hof ná ‘moordtog’
ʼn Soldaat, wat daarvan beskuldig word dat hy sy meisie se sussie en haar vriend doodgeskiet het, het Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.
Kovsies-taalbeleid in hof betwis
Die standpunt wat Vrydag in die Bloemfonteinse appèlhof gehuldig is rakende die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat, is dat die taalbeleid segregsie op die Kovsie-kampus voortsit.
Ses sterf in fratsongeluk by vlootbasis
Ses persone is Vrydagoggend dood ná ʼn fratsongeluk by die vlootbasis in Bayhead, Durban.
Balfour-plaasmoord: Verdagtes in hof
Een van die verdagtes, ʼn 27-jarige man wat Dinsdag in hegtenis geneem is in verband met die moorde op die Smuts-egpare, het gister in die Balfour-landdroshof verskyn.
DStv kos binnekort meer
MultiChoice het Vrydag aangekondig die pryse van sy DStv-pakkette gaan in April verder verhoog word.
‘Wonderwerk’ vir baba Lara
Klein Lara van Vuuren, die baba wat talle mense se harte aangegryp het toe sy op 26 weke, 14 weke te vroeg, gebore is, sal dalk binnekort vir die eerste keer kan huis toe gaan.
Dié is die motorhandelsmerk van die jaar
Die motorhandelsmerk van die jaar is onlangs aangewys.
Panayiotou-verhoor: Aanklagte voorlopig teen getuie teruggetrek
Alle aanklagte is voorlopig teruggetrek teen die meisie van die man wat na bewering ʼn huurmoordenaar gekry het om Jayde Panayiotou te ontvoer en vermoor.
Ex-Dineo: Dodetal styg in Mosambiek
Die dodetal in Mosambiek het tot sewe gestyg nadat die tropiese storm Ex-Dineo oor die land beweeg het.
Albei sy vroue in 6 jaar vermoor: ‘Ek lewe elke dag daarmee’
“Plaas het hulle my maar doodgeskiet. So, dis wat ek vir die Here vra: Wil Hy my nie hê nie? Ek is reg om dood te gaan. Ek is enige tyd reg. Mense sê ‘die Here is seker baie lief vir jou dat jy nog hier is’. Ek wil nie meer hier wees nie.”
Polokwane-ma vermoor: Verdagte vra dan borgtog
Die man wat aangekla word van die moord op Tanya Wiers (44), wat vroeër vandeesmaand wreed in haar huis in Polokwane in Limpopo vermoor is, het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
‘Banke moet gestraf word’
Die Tesourie het uitgevaar teen die beweerde sameswering van banke in ʼn beweerde geval van prysvasstelling en marktoewysing.
Man bewusteloos in motor langs pad gevind
ʼn Man wie se motor Donderdag in Kaapstad vermoedelik onklaar geraak het, is later deur polisiebeamptes bewusteloos in die motor gevind.
Tiener sterf, talle in hospitaal na ‘hallusinasies’ by skool
ʼn Tienermeisie is dood en 17 ander in die hospitaal opgeneem nadat ʼn raaiselsiekte glo “massahisterie en hallusinasies” by ʼn skool in Mqanduli in die Oos-Kaap veroorsaak het.
Twee in hof oor ‘tasse vol kontant’
Twee mans het Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn nadat hulle Dinsdag by die Bloemfontein-lughawe in hegtenis geneem is met miljoene rande kontant in hul besit.
Waternood: Dalk nog rampgebiede in Wes-Kaap verklaar
Damvlakke het nou sulke kommerwekkende lae vlakke bereik, dat die Eden- en Overberg-distrikte nog net genoeg water vir die volgende vier tot ses maande oor het.
Paul O’Sullivan in die hof
Die private ondersoeker Paul O’Sullivan het Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn op vyf verskillende aanklagte nadat hy Maandagaand voor die kantoor van sy regsverteenwoordiger in Centurion in hegtenis geneem is.
Zuma: ‘Regstellende aksie dui nie op haat teenoor wittes’
“Ons het met skok kennis geneem van die uitsprake uit die opposisiebanke dat ons radikale ekonomiese transformasieprogram nie sal slaag nie. Dit is ʼn bevestiging dat van ons landgenote vasbeslote is om die status quo te verdedig en seker te maak dat die eienaarskap, beheer en bestuur van die ekonomie in die guns van ʼn rasse-minderheid bly.”
Bela-Bela-plaasmoord: ‘Ons sal nooit waarheid weet’
“Hy was ʼn ongelooflike steunpilaar en almal was lief vir hom. Jy kon nie anders nie, dit was net die soort mens wat hy was.”