Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou Woensdag op ʼn kleinhoewe naby Thohoyandou in Limpopo oorval, aangerand en in die veld in gesleep is.
Pa vas ná hy glo tweejarige doodslaan
Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn 32-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op sy tweejarige dogter.
Vier weer vas ná hulle uit aanhouding ontsnap
Vier van die vyf verhoorafwagtendes wat Dinsdagmiddag uit aanhouding in Malamulele in Limpopo ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Marikana-verslag lê blaam voor Phiyega se deur
Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, se pos is in die gedrang nadat die Farlam-kommissie beveel het dat ʼn ondersoek gedoen word na haar geskiktheid om haar amp te beklee.
Twee dood ná motor teen huis bots
Twee mans is dood en twee mense kritiek beseer toe ’n motor deur ’n heining gebars en teen ʼn huis gebots het in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.
Bafana Bafana het glo voldoende wit en bruin spelers
Die ANC-regering is tevrede dat wit en bruin regverdig behandel word en genoeg speelkans kry in die land se nasionale sokkerspan, blyk dit uit antwoorde van die sportminister op geskrewe parlementêre vrae van die VF Plus.
Kinders beseer toe woonstel begin brand
Minstens vier persone, waaronder drie klein kindertjies, is beseer toe ʼn brand in ʼn woonstel in Jeppestown in Johannesburg uitgebreek het.
Krejcir-saak: Vermeende huurmoordenaars aangekeer
Twee mans, wat glo verbind word met ʼn komplot om verskeie ooggetuies in die Sam Issa-moordsaak te vermoor, is in hegtenis geneem.
Marikana-verslag spreek Ramaphosa vry
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa kan nie aanspreeklik gehou word vir die afsterwe van 34 myners by Marikana nie, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.
Ontvoerde SA’ner steeds in Mali
Gift of the Givers het Donderdag in ʼn verklaring gesê hulle hoop om kontak te maak met die persone wat die Suid-Afrikaner, Stephen McGown, gyselaar hou.
Ses vermeende stropers in die hof
Ses vermeende renosterstropers het die afgelope week in verskillende howe in Limpopo en Mpumalanga verskyn, het die polisie Donderdag gesê.
Polisie verwelkom swaar vonnisse vir plaas- en Corrie Sanders-moordenaars
Genl.maj. Jacob Tsumane, die waarnemende polisiekommissaris van Noordwes, het Donderdag die swaar vonnisse van twee veroordeelde moordenaars verwelkom.
Vrou veld ingesleep tydens kleinhoewe-aanval
ʼn Vrou van Thohoyandou in Limpopo is helder oordag in haar huis op ʼn kleinhoewe deur rowers oorval, aangerand en in die veld in gesleep.
Foto’s: Bejaarde vrou jaag met motor in apteek in
Drie mense is beseer nadat ʼn bejaarde vrou met haar motor deur ʼn glasvenster gebars en binne ʼn apteek in Durban, KwaZulu-Natal, tot stilstand gekom het.
Aanvallers breek Centurion-pa se skedel
ʼn Jong pa van Centurion se skedel is op vier plekke gebreek nadat hy deur rowers oorval en aangerand is terwyl hy met sy fiets op pad huis toe was.
Zuma vanaand op TV oor Marikana-verslag
Die presidensie het aangekondig dat pres. Jacob Zuma vanaand die Marikana-verslag bekend sal maak en terselfdertyd die nasie sal toespreek.
‘Klagtes oor rassediskriminasie aan die toeneem’
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het gesê die aantal klagtes wat by die kommissie ingedien word rakende rassediskriminasie is aan die toeneem.
SA gaan lidmaatskap van Strafhof hersien
Die regering het aangekondig dat hy amptelik met die Internasionale Strafhof in gesprek gaan tree en sy lidmaatskap van die tribunaal gaan hersien.
Foto’s: Kaapstad-buurte loop deur onder wielrowers
“Ek het uitgehardloop en gesien al vier wiele is weg, sowel as die spaarwiel en battery.”
Student kan niks onthou van ure in wrak
Die jong student van Johannesburg wat ses weke gelede vir ure in die wrak van haar motor vasgekeer was nadat haar motor in ʼn stroom beland het, kan niks van die ongeluk onthou nie.