“Ek het my seun verloor. Niks sal hom ooit terugbring nie.”
Video: Delmas-rooftog op kamera vasgevang
WAARSKUWING: Die beeldmateriaal kan sensitiewe kykers ontstel.
Vrou wend haar tot Facebook oor pa se onopgeloste moord
Nadat Mariska Meyer (34) se pa vyf maande terug koelbloedig in sy bed doodgeskiet is en niemand nog vir die moord in hegtenis geneem is nie, het sy haar tot Facebook gewend in haar soeke na geregtigheid.
SA’ners in China aangehou: ‘Families is baie bekommerd’
Vyf van die tien Suid-Afrikaners wat in China aangehou word, sal glo Donderdag na Suid-Afrika terugvlieg.
Vrou brand glo kêrel ná sy hom eers probeer ‘vergiftig’
ʼn 64-jarige vrou van Klerksdorp in Noordwes is in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat sy haar kêrel glo probeer vergiftig het voordat sy hom na bewering aan die brand gesteek het.
Foto’s: Steve Hofmeyr tot ridder geslaan
Dit gis en gons behoorlik op sosiale media oor wat nou regtig gebeur het tydens daardie seremonie Saterdagaand in Parys toe Steve Hofmeyr tot ridder geslaan is. Was dit maar net ʼn tong-in-die-kies foefie of was dit ernstige volkstaatsake?
Tutu in hospitaal opgeneem
Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu (83) is Dinsdag in ʼn Kaapse hospitaal opgeneem vir die behandeling van ʼn voortdurende infeksie.
Pta-hawelose sterf in kruisvuur: Drie aangekla
Charlene Buys (40) het Mei vanjaar in die kruisvuur beland toe polisiebeamptes agter rowers aangejaag het nadat ʼn drankwinkeleienaar in die Moot-gebied beroof is.
Vrede-plaasaanval: Kritzinger-egpaar geopereer; verdagte in hof
Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger, wat Sondag wreed op hul plaas naby Vrede aangeval is, sterk steeds in die waakeenheid aan nadat albei Dinsdagaand geopereer is.
Amputasie na gru-ongeluk: ‘Ek sal weer loop’
Die man van Vereeniging wie se been geamputeer moes word nadat hy tydens ʼn gru-ongeluk van sy motorfiets geslinger is, is vasbeslote om nie die res van sy lewe in ʼn rolstoel deur te bring nie.
Beurtkrag Woensdagoggend toegepas
Eskom het aangekondig dat beurtkrag Woensdagoggend en voorlopig die res van die dag toegepas sal word.
Dokters, verpleegster geskors ná tiener sterf
Twee dokters en ʼn verpleegster is uit twee hospitale in Durban geskors nadat hulle glo geweier het om ʼn 19-jarige, wat in ʼn motorongeluk was, te behandel. Hy is later oorlede.
Kaapstad vrou vas oor R2 m. dagga
ʼn 26-jarige vrou is Dinsdagmiddag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat sy glo met saamgeperste dagga ter waarde van R2 miljoen betrap is.
Durban man in huis doodgeskiet
ʼn 43-jarige man is Dinsdag in sy huis in Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.
Foto’s: Groep vas oor trok wat brand
Ses verdagtes is in Burgersfort in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van opsetlike saakbeskadiging nadat ʼn vragmotor op die R555 aan die brand gesteek is.
Ses jaar vir poskantoorbestuurder wat steel
ʼn Voormalige takbestuurder van die N’wa Mitwa poskantoor in Limpopo is tot ses jaar tronkstraf gevonnis nadat hy meer as R500 000 gesteel het.
SA toeriste word in China aangehou
Die departement van internasionale betrekkinge het Dinsdag bevestig dat ʼn groep Suid-Afrikaners in China in hegtenis geneem is.
Ses vas kort ná rooftog
Ses verdagtes wat glo ʼn Ackermans in Bela Bela (Warmbad) beroof het, is kort ná die voorval reeds in hegtenis geneem.
Beurtkrag Dinsdag toegepas
Eskom het aangekondig beurtkrag word Dinsdagmiddag van 17:00 af toegepas.
Nuwe vakbond in platinumgordel beoog
ʼn Nuwe vakbond wat sal fokus op die beskerming van mynwerkers se regte is besig om in die Rustenburg-platinumgordel in Noordwes vorm aan te neem.