Vyf mense is dood in ʼn gru-ongeluk in die suide van Johannesburg toe ʼn voertuig Vrydag in die vroeë oggendure omgeslaan en aan die brand geraak het.
Foto’s: KZN-ongeluk eis 8
Minstens agt persone is Donderdag dood en nege beseer in ʼn ongeluk tussen ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor in KwaZulu-Natal.
Brandbestrydingsvliegtuie aan diens onttrek
Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het Working on Fire (WoF), die staatsgefinansierde bos- en veldbrandbestrydingseenheid, se lugvaardigheidsertifikaat opgeskort.
Man sterf toe trein hom trap
ʼn Man is Donderdagmiddag dood toe ʼn trein hom naby Balgowan-stasie in KwaZulu-Natal getref het.
R2K-veldtog maak stem dik oor internet-beleid
Die Right 2 Know-veldtog het Donderdag onderneem om sy veldtog te verskerp teen die Film-en-Publikasieraad (FPR) se konsepbeleid oor regulering van aanlynaktiwiteit.
Ontvoerde babaseuntjie veilig opgespoor
ʼn Drie weke oue babaseuntjie wat op 8 Julie uit ʼn winkel in KwaZulu-Natal gesteel is, is veilig in Johannesburg gevind.
MTN-staking verby
Mteto Nyathi, die nuwe uitvoerende hoof van MTN, het Donderdag gesê die staking by dié telekommunikasiereus is verby.
Hoof van Prasa afgedank
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het Donderdag in ʼn verklaring bevestig sy uitvoerende hoof, Lucky Montana, is afgedank.
Uber-drywers gevra om vir dié lisensies aansoek te doen
Uber-bestuurders in Gauteng is versoek om vir dieselfde lisensies as metertaxibestuurders aansoek te doen om spanning tussen dié mededingers te verlig.
Foto’s: Twee vas oor toertrok vol onwettige sigarette
Die beamptes het die vragmotor deursoek en ʼn versteekte kompartement gevind wat gevul was met duisende kartonne onwettige sigarette.
Man skuldig ná hy matriekseun voor skool doodskiet
Hy het teruggekyk en gesien hoe Snyman die geweer vir Stoffels gee. Hy het gehoor hoe Stoffels vra, “Is dit hy?” Oomblikke later is ʼn skoot afgevuur en die kinders het begin skree.
Luiperdaanval: Gids het nie fouteer nie
“Dit is baie jammer dat die voorval plaasgevind het in die teenwoordigheid van gaste en dat die luiperd van kant gemaak moes word.”
Pta-Noord inwoners gewaarsku oor man wat glo kinders wil gryp
Inwoners van Pretoria-Noord word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ʼn man in ʼn ligblou VW Golf wat glo kinders in die omgewing nader roep en dan in sy motor probeer indwing.
Polisiewerker vas ná aanval op Coligny-boer
Een van die verdagtes wat Woensdag vasgetrek is nadat ʼn boer van Coligny op sy plaas oorval en aangerand is, is ʼn werknemer van die polisie.
Polisieman en paramedikus-vriend doodgeskiet
ʼn Polisiesersant, wat van diens af was, en sy vriend, ʼn paramedikus, is Woensdagaand voor ʼn huis in New Brighton, Port Elizabeth, doodgeskiet.
Coligny-bejaarde in hospitaal ná aanval op kleinhoewe
ʼn Bejaarde man wat Woensdag op ʼn kleinhoewe deur vier verdagtes oorval en erg aangerand is, is so getraumatiseerd dat hy nog nie ʼn polisieverklaring kon aflê nie.
Jong man sterf onder bakkie: bestuurder vrygelaat
Die 22-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat Jared Lomas (23) Sondag in die vroeë oggendure onder ʼn bakkie gesterf het, is vrygelaat.
Geskorste Eskom-hoofde onskuldig bevind
ʼn Onafhanklike ondersoek wat gedoen is nadat vier uitvoerende hoofde van Eskom in Maart geskors is, het bevind dat die amptenare geen oortredings begaan het nie.
Tiener tronk toe vir verkragting
“Sy het hierna besluit om deur die gaatjie in die deur te loer en het gesien hoe die beskuldigde die kind verkrag.”
Profeet dwing gemeentelede glo om slange te eet
Die foto’s wys onder meer hoe slange geëet word, die profeet op gemeentelede se rûens ry en vroue al hul klere uittrek.