Die polisie in Durban het vier vermeende diewe se planne gefnuik om ʼn Standard Bank te beroof.
Dodetal styg ná Brits-busongeluk
ʼn Derde vrou is dood ná ʼn busongeluk in Brits, Noordwes. Die vrou het Dinsdag in die hospitaal aan haar beserings beswyk.
Groep vas oor tronk-geldmaakskema
Die Valke het sewe verdagtes in hegtenis geneem, insluitend ʼn veroordeelde misdadiger, nadat hulle glo ʼn polisiebeampte nagemaak het in ʼn geldmaakskema.
Vangwa-sleep: Bestuurder onbewus man word gesleep
Die polisiebeampte wat die vangwa bestuur het toe Mido Macia, ʼn Mosambiekse taxibestuurder in Februarie 2013 agterna gesleep is, voer aan hy het nie geweet die immigrant was vasgevang in die voertuig nie.
[Foto’s] Drie gered ná sandbank meegee
Drie mans het kritieke beserings opgedoen toe ʼn vier meter hoë sandbank Dinsdagmiddag by ʼn konstruksieperseel in KwaZulu-Natal op hulle ineengestort het.
Man deur koevoet deurboor: ‘Dit is net genade’
ʼn Doodgewone werksdag het vir Danie de Wet (34) in ʼn nagmerrie ontaard toe hy gegly en ʼn 1,8 meter lange koevoet hom van sy lies tot sy linkerskouerblad deurboor het.
Nzimande sê ook ja vir moedertaalonderrig
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, is van mening dat studente in hul eie moedertaal onderrig behoort te word, aangesien hulle dikwels met Engels sukkel.
Vrede-plaasaanval: ‘ʼn Wonderwerk dat egpaar oorleef’
Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger van Vrede in die Vrystaat, wat 16 dae gelede ná kerk in hul plaashuis aangeval, beroof en geskiet is, toon goeie tekens van beterskap.
Bfn-motoriste gewaarsku teen oprit-kapings
Die polisie in die Vrystaat het Bloemfontein-motoriste gewaarsku om paraat te wees wanneer hulle snags huis toe bestuur nadat talle inwoners se motors die afgelope tyd in hul opritte gekaap is.
Polisie op soek na díé man oor diefstal in Pretoria
Die polisie in Pretoria het ʼn foto vrygestel van ʼn man wat gesoek word nadat hy glo ʼn skootrekenaar uit ʼn motor in Menlopark gesteel het.
Twee dood, 25 beseer toe bus omslaan
Twee vroue is dood en 25 passasiers beseer toe ʼn bus Dinsdag buite Bethanie naby Brits in Noordwes omgeslaan het.
Driejarige verdrink in swembad
ʼn Driejarige meisie het Maandagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Salt Rock in Dolphin Coast, KwaZulu-Natal, verdrink.
Goeie nuus: Jordan vier 5de verjaardag
Jordan Pelser moes verlede jaar dié tyd sy vierde verjaardag in afsondering in die Unitas-hospitaal se pediatriese onkologie-eenheid in Pretoria deurbring tydens sy dapper stryd teen bloedkanker.
Panayiotou bly agter tralies
Die hooggeregshof in Grahamstad het Dinsdag Christopher Panayiotou, die man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy die moord op sy onderwyseres-vrou gereël het, se tweede aansoek om borgtog geweier.
Clive Rice oorlede
Clive Rice, voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein, is oorlede.
Vrou dood, twee gewond tydens taxi-skietery
’n Vrou is Dinsdag dood en twee mans gewond nadat ʼn skietgeveg tussen twee taxi-verenigings by die Tembisa-taxistaanplek aan die Oos-Rand uitgebreek het.
Goeie nuus: Plaaswerker red polisieman uit oorstroomde rivier
ʼn Plaaswerker van Kwanobuhle buite Uitenhage in die Oos-Kaap het Maandag in ʼn rivier gespring om ʼn polisieman te red nadat sy voertuig van die brug af in die rivier gespoel is.
Metropolisiebeampte tydens rooftog doodgeskiet
ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is Maandag tydens ʼn gewapende roof by Junction Mall in Rosettenville doodgeskiet.
Pta-ma en -dogter ná week opgespoor
Die ma en dogter van Pretoria wat ʼn week gelede spoorloos verdwyn het, is gevind.
Panayiotou hoor vandag oor borgtog
Christopher Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy onderwyseres-vrou gereël het.