ʼn Video van ʼn hond wat platval en maak asof hy “dood” is wanneer sy eienaar hom probeer oortuig dat hulle ʼn ontspanningspark moet verlaat, het weereens sosialemediagebruikers gaande.
Vreemd
[Video] Wanneer jy 6 000 vuurhoutjies aansteek
Al ooit gewonder hoe dit sal lyk as mens 6 000 vuurhoutjies langs mekaar sou pak en een aansteek?
Hoeveel 3’s in die foto?
Meer as 145 000 mense het al kommentaar gelewer op dié foto en niemand kan oënskynlik konsensus bereik ook die hoeveelheid 3’s op die foto nie.
[Video] Britse kinders minder buite as gevangenes
ʼn Verslag het onthul dat drie uit elke vier kinders in die Verenigde Koninkryk minder tyd buite spandeer as gevangenes.
[Video] Maklikste manier om ‘n ui te sny
Wie sou ooit kon raai dat ʼn haarkammetjie jou só lekker in die kombuis kon help?
[Video] Touspring op sy beste!
ʼn Video van ʼn groep kinders in Japan wat in rye in ʼn sirkelvorm saam touspring, het sosialemediagebruikers gaande. Die video is reeds meer as 5 miljoen keer op Facebook gekyk.
Video: Grondboontjiebotterbaba
ʼn Video van ʼn ouer sussie wat haar klein boetie vol grondboontjiebotter “geverf” het, doen weer die ronde op sosiale media.
Die kat kom weer… in die pos!
ʼn Siamese kat genaamd Cupcake het agt dae lank in ʼn boks oorleef nadat haar Britse eienaars haar per ongeluk gepos het.
Verkeerde huis platgeslaan oor Google Maps-fout
ʼn Fout op Google Maps het glo daartoe gelei dat ʼn gesin van Dallas in die Amerikaanse deelstaat Texas se huis verkeerdelik platgeslaan word.
[Foto’s] Bou die mooiste kartonkombuis
ʼn Ma wat vrye teuels gegee het aan haar kreatiwiteit, se oulike kartonkombuis vir haar dogtertjie, inspireer ouers wêreldwyd om soortgelyke projekte aan te pak.
[Video] Die ‘regte’ manier om jou sokkies te vou
Dié video wys jou hoe om jou sokkies in ʼn kleiner bondeltjie op te vou as die gewone rolletjie.
[Video] Suzelle en Helen Zille leer water spaar
Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, is in ʼn nuwe skreeusnaakse video oor waterbesparing saam met die DIY-ghoeroe, Suzelle, te sien soos nog nooit vantevore nie.
$200 miljoen-navorsingskip dalk ‘Boaty McBoatface’ gedoop
Die Natuurlike Omgewingsnavorsingsraad (NERC) het ʼn groot les geleer: moenie die internet vra om vir jou nuwe $200 miljoen-navorsingsvaartuig ʼn naam uit te dink nie.
Koninklike geboorte gevier met 108 000 bome
Die koms van die koning en koningin van Bhoetan se baba is gevier met die aanplanting van 108 000 bome.
Hoeveel meisies in dié foto?
ʼn Foto deur die Switserse fotograaf, Tiziana Vergari, het sosialemediagebruikers in rep en roer oor die aantal meisies op die foto.
[Video] Da Gama se skip gevind
Navorsers het die wrak van Vasco da Gama se skip, die Esmerelda, by ’n klein eilandjie naby die kus van Oman opgespoor.
[Video] ʼn Splinternuwe lewe vir ou poppe
Sonia Singh, ʼn kunstenaar, illustreerder en wetenskaplike, van Tasmanië, Australië, gee ou, stukkende Bratz-langbeenpoppe ʼn splinternuwe lewe met splinternuwe gesigte.
[Video] Kan blinde mense teken?
Tommy Edison, wat al sedert geboorte blind is, het besluit om siende persone se vraag te beantwoord: “Kan blinde mense teken?”
[Foto’s] Dís nou ʼn perd van ʼn ander kleur
Die veteraanresiesperd Morestead het opspraak gemaak toe hy onlangs in ʼn volledige pak klere, so ewe met ʼn pet op sy kop by ʼn byeenkoms opgedaag het.
‘Die Flooze’ se boerboel kry internasionale fliekrol
Die sanger en aktrise, Sorina Erasmus en een van haar man se boerboele, het onlangs ʼn rol losgeslaan in ʼn Neill Blomkamp-fliek saam met die internasionaal-bekende aktrise Sigourney Weaver.