Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn versoek aan die Hercules Polisiestasie gerig vir finansiële state vanaf 2008 tot 2013.
Alles vir die sleutelwoord "AfriForum"
Barkley-Oos-plaasaanval: Nuwe versoeke om plaasmoorde te laat prioritiseer
Die gemeenskap van Barkley-Oos in die Oos-Kaap het die burgerregte-organisasie AfriForum genader om in te gryp nadat ’n bejaarde egpaar Woensdagoggend wreed op hulle plaas in die distrik vermoor is.
Alliansie vasbeslote om regering te stuit oor hidrobreking in die Karoo
‘n Video oor wat hidrobreking vir die Karoo sal inhou volg onderaan die berig.
Pretoria-naamvergadering van die baan ná derduisende SMSe
AfriForum het verneem dat die Tshwane-metroraad besluit het om die openbaredeelnamevergadering oor die verandering van Pretoria se naam te kanselleer, nadat ‘n veldtog ter behoud van Pretoria se naam oorweldigende steun van die publiek ontvang het.
“Tukkies sloer met bewysstukke oor rasseklassifikasie”
Daar is ’n sterk vermoede dat die Universiteit van Pretoria (UP) opsetlik uitsteltaktiek gebruik om nie bewysstukke oor beweerde diskriminerende toelatingsprosesse by die Fakulteit Veeartsenykunde aan AfriForum Jeug se regspan te voorsien nie, het AfriForum Jeug vandag gesê.
Pretoria se naamstryd nou snelwegnuus
Die stryd ter behoud van Pretoria se naam word nou ook langs Pretoria se snelweë gevoer, nadat AfriForum advertensies op buitelug-advertensieborde langs die N1 laat plaas het.
Streepsuiker vir prof. Jansen
Omstrede uitlatings deur prof. Jonathan Jansen, Kovsierektor tydens die Percy Baneshik-gedenklesing op die UV-kampus het tot ‘n stroom kritiek gelei.
Prof. Jansen se opmerkings oor Afrikaans krap
Opmerkings wat die rektor van Kovsies, prof. Jonathan Jansen, onlangs tydens die English Academy of South Africa se Percy Baneshik-gedenklesing op sy kampus gemaak het, het verskeie instansies warm onder die kraag.
Nuuskommentaar: Transformasie en apartheid
Versoening is ‘n komplekse metodiek, waarvan die onderdele in bykans elke lewensfeer teenwoordig is. Maar vertrapping van dit wat vir ander dierbaar is, wat kos op sy tafel sit, is beslis nie deel van versoening nie.
Meer as 100 000 stem in een dag vir Pretoria-naam
Skaars ʼn dag nadat AfriForum ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om ʼn SMS te stuur as hulle wil hê Pretoria se naam moet Pretoria bly, het die organisasie meer as 100 000 SMSe ontvang ter ondersteuning van dié naam.
AfriForum-aansoek stuit R4 miljoen-betaling aan omstrede sakeman
Die Noord-Kaapse Hooggeregshof het gister ʼn tussentydse bevel aan AfriForum toegestaan waarin die betaling van R4,25 miljoen deur die Ga-Segonyana Munisipaliteit aan die omstrede sakeman, Wandile Bozwana, gekeer is.
“Basta met strenger immigrasiewette, pas bestaandes behoorlik toe”
“Suid-Afrika het nie behoefte aan ʼn nuwe immigrasiewet nie, maar aan die daadwerklike toepassing van die bestaande wet, doeltreffende grensbeheer en effektiewe, korrupsievrye dienslewering deur die departement van binnelandse sake.”
“Polisie moet gemeenskap teen stakers beskerm”
Hierdie versoek volg ná die afgelope week se staking deur petroljoggies waarin verskeie voorvalle van geweld in veral Rustenburg aangemeld is en waar die polisie nie opgetree het nie.
“Boikot Loftus oor raskwotas”
AfriForum meen Loftus Versfeld moet geboikot word omdat die Blou Bulle rugby-unie (BBRU) ten gunste van die raskwotastelsel is.
Slagoffers ry 1000km op kwadfietse vir bewusmaking oor plaasmoorde
Vyf slagoffers wat plaasaanvalle oorleef het, gaan met die samewerking van AfriForum van 26 tot 29 September 2013 ’n roete van 1000 kilometer met kwadfietse vanaf Johannesburg na Durban ry ter bewusmaking van plaasmoorde.
AfriForum Jeug steek ras weg by Parlement
AfriForum Jeug het vandag ʼn memorandum teen rasseklassifikasie by die Suid-Afrikaanse Parlement ingedien en protes teen sodanige klassifikasie aangeteken deur koussakke oor hulle koppe te trek.
Voorgestelde wetgewing stel natuurlike hulpbronne in gevaar
AfriForum is bekommerd oor die voorgestelde wysigings aan omgewingswetgewing na aanleiding van die verdeling van omgewingsverantwoordelikhede tussen die departement van omgewingsake (DEA) en die departement van minerale (DM).
Alliansie teen Hidrobreking: “Eskom is desperaat”
Eskom se vasberadenheid om voort te gegaan met hidrobreking in Suid-Afrika wys hoe desperaat dié semi-staatsinstelling is om te ontsnap aan die energiekrisis wat dit vir die land geskep het.
Pretoria-straatname weer in die hof
Die appèlhof in Bloemfontein het Donderdag die Tshwane-metro verlof gegun om teen ’n vorige uitspraak oor Pretoria se straatname te appelleer, het Beeld Vrydag berig.
AfriForum sê spesialis-eenhede speel beduidende rol in misdaadbekamping
AfriForum sê dit is duidelik – uit die misdaadstatistiek wat vandag bekendgemaak is – dat die SAPD se spesialis-eenhede ’n beduidende bydrae gelewer het in die afname en bekamping van prioriteitsmisdade die afgelope finansiële jaar.