‘n Dokumentêr wat Maandagaand deur die BBC uitgesaai is, het gemengde reaksie ontlok.
Alles vir die sleutelwoord "AfriForum"
AfriForum seminaar: Is taalregte noodsaaklik?
AfriForum het Vrydag ‘n seminaar gehou wat poog om die vraag, “Is taalregte noodsaaklik?” te antwoord.
Tukkies verjaag AfriForum oor “regstellendeaksie-koffie”
AfriForum Jeug is vandag deur die sekuriteit van die Universiteit van Pretoria (UP) verbied om hulle veldtog teen rasklassifikasie voort te sit nadat die organisasie koffie teen verskillende pryse aan studente van verskillende rasse verkoop het.
Hoofregter stel tribunaal aan om rassistiese wangedrag te ondersoek
AfriForum het ʼn brief van die Regterlike Dienskommissie (RDK) ontvang, waarin aangedui word dat hoofregter Mogoeng ʼn tribunaal aangestel het om ‘n klag van rassistiese wangedrag teen regter Motata te ondersoek.
Pretoria se ou straatname moet teruggesit word
Regter Bill Prinsloo het pas in die Pretoriase hooggeregshof beveel dat Pretoria se ou straatname weer op straatnaamborde aangebring moet word.
AfriForum gaan nie vir e-tol registreer nie
AfriForum het vandag weer bevestig dat die organisasie se personeel en verteenwoordigers nie vir die beplande e-tol sal registreer nie en het die publiek aangemoedig om dieselfde te doen.
E-tolstelsel: Aankondiging kry teenkanting
Verskeie organisasies het Vrydag hul teenkanting aangeteken nadat die Suid-Afrikaans Padagentskap (Sanral) bekend gemaak het dat die e-tolstelsel op Gautengse paaie oor twee maande in werking gaan tree.
Slegs Engels in howe voorgestel
Regter Cynthia Pretorius het Woensdag tydens die sitting van die Regterlike Dienskommissie gepleit dat Engels Suid-Afrika se enigste hoftaal moet wees.
AfriForum bring aansoek om Klerksdorp se krag te red
AfriForum gaan die hof nader om die Klerksdorp-munisipaliteit te dwing om sy verpligtinge teenoor Eskom na te kom en gelyktydig Eskom verbied om môre kragtoever na die gebied te sny.
Leier moet jammer sê oor ‘ʼn goeie boer is ʼn dooie boer’-uitlating
Jason Mfusi, SASCO-leier van die Noord-Wes Universiteit (NWU) moet om verskoning vra vir sy onlangse uitlating dat ʼn “goeie boer ʼn dooie boer” is.
Openbare beskermer oorweeg ondersoek teen polisieminister
Die openbare beskermer het Maandag bevestig dat sy ʼn ondersoek oor magsmisbruik en politieke afpersing teen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, oorweeg.
Honderde plaasmoordslagoffers se briewe aan polisieminister oorhandig
Ongeveer ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewe deur plaasaanvalle verwoes is, se stories is Donderdag aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig.
Regering se aksies teen renosterstropery verwelkom
AfriForum verwelkom die regering se aksies om die kwessie van renosterstropery aan te pak.
Pretoria-straatname weer onder die loep
AfriForum het ’n dagvaardiging teen die Tshwane-metro uitgereik waarin die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gevra word om die verandering van 27 straatname in Pretoria te hersien en tersyde te stel.
“Kom kyk self hoeveel mense steun Pretoria,” sê AfriForum aan Mashatile
AfriForum het die minister van kuns en kultuur en die burgemeester mptelik genooi om AfriForum se musiekfees eerskomende Saterdag by te woon, sodat hulle hulself kan vergewis van die groot steun wat vir die behoud van die stadsnaam “Pretoria” bestaan.
Publiek kan nie saampraat oor Secunda-naamsverandering nie
Inwoners van die dorp Secunda in Mpumalanga is hoogs ontstoke nadat die munisipaliteit vir die tweede keer ʼn openbaredeelname-vergadering oor die dorp se beplande naamsverandering gekanselleer het.
Min steun Pretoria-naamsverandering
Die openbare vergaderings in Centurion, die Pretoriase stadsaal en Bronkhorstspruit is goed bygewoon en dit was tydens dié vergaderings duidelik dat daar groot steun vir die behoud van Pretoria se naam is.
Malema gaan nie meer “Skiet die Boer” sing nie
Julius Malema, die geskorste leier van die ANC-jeugliga, het Donderdagaand aan ʼn koerant gesê hy sal nie weer die struggle-liedjie, Dubula iBhunu (skiet die Boer) sing nie.
Malema-haatspraaksaak: Appèlhof bekragtig skikking
Die historiese skikking wat gister tussen die ANC, AfriForum, TLU SA en Julius Malema in die opspraakwekkende haatspraak-geding bereik is, is vanoggend ’n bevel van die hoogste hof van appèl in Bloemfontein gemaak.
Nuuskommentaar: Malema, Zapiro, vryheid van spraak en die hof
Geen wet of hofbevel kan mense of groepe verplig om van mekaar te hou nie. Selfs ‘n waarheids- en versoeningskommissie beteken vuil vere as mense na afloop daarvan voortgaan om byltjies te slyp.