“Die ANC wat na vryheid en eenheid gestreef en ʼn beter lewe vir die armes nagejaag het, bestaan nie meer nie. Dit is vervang deur ʼn ANC wat gedryf word deur gulsigheid en korrupsie – ʼn ANC wat sy rug op die mense van die land gedraai het.”
Alles vir die sleutelwoord "ANC"
Nuuskommentaar: Zuma se rasbenepenheid ontbloot verwysingsraamwerk
Skaars terug uit Frankryk, waar die SAUK hom o tog so presidensieël laat lyk het en hy selfs vir die Franse ekonomiese advies gegee het, het pres. Jacob Zuma weer sy voet in ʼn besigheid gesit wat kon gebly het, veral so kort voor ʼn verkiesing. Met ʼn ligte plofslaggie is die presidensiële beeld net poef!, weg.
Zuma-skildery ‘groteske skending’
Hulle het die omstrede skildery, genaamd “#Zupta state capture”, as ʼn “groteske daad van vulgariteit en disrespek” en “onsin” beskryf.
SAUK sê ANC se verklaring is misleidend
Die SAUK het gesê dat sy voorneme om nie geweld tydens betogings uit te saai nie ʼn redaksionele standpunt is, en nie ʼn beleidsverandering nie.
ANC vergader met minister oor SAUK
Mthembu het die SAUK se topbestuur beskuldig van ʼn gebrek aan leierskap.
‘SAUK-beleide strydig met ANC se beleide’
Die ANC het Dinsdag gesê die SAUK se besluit om sy redaksionele beleid te wysig en nie geweld tydens betogings uit te saai nie, is teenstrydig met die regerende party se beleidsposisionering.
Mandela se kritiek ʼn ‘giftige aanval’, sê DA
Die DA het Maandag reageer op kritiek oor die gebruik van oudpres. Nelson Mandela se stem in sy verkiesingsveldtog-advertensie.
Nóg ʼn ANC-wykskandidaat in KZN vermoor
Nóg ʼn wykskandidaat vir die ANC is voor haar man en kinders Saterdagaand in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
ANC-plakkate, T-hemde in Marikana verbrand
Lede en ondersteuners van die ANC het Vrydag T-hemde en plakkate van die party in Maditlhokwa naby Marikana in Noordwes aan die brand gesteek.
[Video] ANC woedend oor plakkaatskending
Die ANC braak gal oor die skending van sekere van sy verkiesingsplakkate in die Moederstad.
Dossier teen ANC geopen by SAPD
Die VF Plus het vandag ʼn dossier van meer as 100 bladsye teen die ANC by die SAPD ingedien.
Die ANC kan nie die werklikheid in 2016 sensor
Die ANC en SAUK vind nou uit dat demokrasie onvermydelik met hoë eise en ongemaklike werklikhede gepaardgaan.
‘Het Zuma darem iéts goeds gedoen?’
En daar stáán ek. Ek dink en dink. Ek probeer regtig dink aan iets, enigiets, wat Zuma sedert sy bewindsoorname in 2009 gedoen het wat ’n mens positief kan beoordeel.
[Foto’s] Talle busse in Pretoria gebrand; paaie afgesper
Talle busse is glo Maandagaand aan die brand gesteek tydens gewelddadige betogings na aanleiding van die ANC se nuwe burgemeesterskandidaat vir Tshwane.
Pretoria kry nuwe burgemeester
Die ANC het Maandag die naam van sy burgemeesterskandidaat vir Pretoria bekend gemaak in aanloop tot die munisipale verkiesing op 3 Augustus.
150 voormalige ANC-lede by DA verwelkom
Die Demokratiese Alliansie (DA) in KwaZulu-Natal het Sondag in Welbedacht, Durban, 150 voormalige ANC-lede in die party verwelkom.
DA: ‘ANC-kandidate bring net verdere korrupsie, werkloosheid’
“Die ANC kan nie verandering in Suid-Afrika teweegbring nie, omdat die party hom meer daarvoor beywer om pres. Jacob Zuma se vriende in top-burgemeestersposisies aan te stel as enigiets anders.”
ANC maak burgemeesterskandidate bekend
Die ANC het Saterdagaand sy burgemeesterskandidate vir die metropolitaanse en “strategiese” munisipaliteite bekendgemaak in aanloop tot die munisipale verkiesing op 3 Augustus vanjaar.
Mamelodi-inwoners woedend oor ANC-raadslede
ANC-ondersteuners in Mamelodi, oos van Pretoria, het Vrydag paaie met vullis en brandende bande afgesper in protes teen die party se keuse van raadslede.
Suid-Afrikaners behoort eerder op Jeugdag te rou
Dit is vandag Jeugdag, maar Suid-Afrikaners, en veral jongmense, het bitter weinig om te vier.