Julius Malema, die geskorste leier van die ANC-jeugliga, het Donderdagaand aan ʼn koerant gesê hy sal nie weer die struggle-liedjie, Dubula iBhunu (skiet die Boer) sing nie.
Alles vir die sleutelwoord "ANC"
Malema-haatspraaksaak: Appèlhof bekragtig skikking
Die historiese skikking wat gister tussen die ANC, AfriForum, TLU SA en Julius Malema in die opspraakwekkende haatspraak-geding bereik is, is vanoggend ’n bevel van die hoogste hof van appèl in Bloemfontein gemaak.
Malema-haatspraaksaak: Skikking veel beter as bevel, sê kenner
Professor Koos Malan, ʼn regskenner aan die Universiteit van Pretoria, sê die skikking wat Woensdag tussen die partye gemaak is aangaande Julius Malema se haatspraaksaak, is veel beter as ʼn hofbevel.
Nuuskommentaar: Malema, Zapiro, vryheid van spraak en die hof
Geen wet of hofbevel kan mense of groepe verplig om van mekaar te hou nie. Selfs ‘n waarheids- en versoeningskommissie beteken vuil vere as mense na afloop daarvan voortgaan om byltjies te slyp.
‘ANC kan nie vertrou word’: VF+
Die ANC kan nie vertrou word om ʼn skikking te onderhou waarvolgens hulle onderneem het om hulle lede aan te moedig om nie “Skiet die boer” te sing nie, het die Vryheidsfront Plus gesê.
ANC erken skade van struggle-liedjies
Die ANC, Julius Malema, AfriForum en TLU SA het geskik aangaande die hofsaak oor die “Skiet die boer”-lied.
Belangrike aankondiging rakende Malema-haatspraaksaak verwag
Die ANC, AfriForum en TLU SA gaan Woensdag om 12:00 in Pretoria ʼn gesamentlike mediakonferensie hou om ʼn belangrike aankondiging te maak rakende die Malema-haatspraakhofsaak.
Nuuskommentaar: Motlanthe neem wraak
Die ANC moet besef, en sy geloof met dade opvolg, dat hy nooit die land suksesvol sonder die Afrikaner en ander minderhede sal kan regeer nie. Sal Motlanthe die eerste wees om hierdie voorbeeld te stel?
SA se probleme het wortels én antwoorde
Talle tekens het die afgelope ruk begin wys dat Suid-Afrika op ‘n glypad na ‘n algehele ekonomiese malaise beweeg.
Nuuskommentaar: Zuma – Geknelde land
Terwyl die Afrikaanse koerante min of meer eendragtig is in hul oordeel dat die land nie nog ‘n Zuma-termyn kan bekostig nie, bekommer die regering hom skynbaar nie veel oor hierdie kritiek nie.
Nuuskommentaar: Weerlig op die openbare beskermer
Sedert dit duidelik geword het dat die huidige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, haar grondwetlike taak ernstig opneem, is die vraag gevra hoe lank die ANC dit sal duld.
Nuuskommentaar: Kul jou hier, kul jou daar se gekierang vir Mangaung
In die jongste uitgawe van die Mail & Guardian verskyn ‘n berig waarin ANC-lede in Mpumalanga beweer takke wat pres. Jacob Zuma steun se lidmaatskapsyfers is op bedrieglike wyse aangedik.
Nuuskommentaar: Mantashe en die landbou
Grondgryp: Dit sal ‘n ruk duur voor vasgestel sal word of Gwede Mantashe se oggendpraatjie gister by Agri SA se nasionale kongres, en die ANC se aandpraatjies by die ANC se kongres aan die einde van die jaar ooreenstem.
Nuuskommentaar: Malema ‘n martelaar of pion?
As vasgestel kan word wie Julius Malema, veroordeelde haatspraakpleger en geskorste ANC-jeugligaleier finansier, sal daar al heelwat lig gewerp kan word op wat agter die ANC-skerms broei. Maar hét iemand dalk dié wilde perd as pion opgesaal?
Zuma-skildery: beskuldigdes se hofsake uitgestel
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Brett Murray se omstrede kunswerk van president Jacob Zuma Dinsdag gevandaliseer het, se hofsake is uitgestel vir verder ondersoek.
Nuuskommentaar: Kroonjuwele ʼn lae hou
ʼn Skildery wat president Jacob Zuma in ʼn tipiese Lenin-houding uitbeeld, en waarin sy kroonjuwele nie op hok is nie, is pas vir R136 000 aan ʼn koper van Europa wat van die straat ingestap het, verkoop.
Kunswerk van ontblote Zuma het land aan’t gons
Die ANC is woedend oor ʼn kunstenaar se kunswerk wat president Jacob Zuma ‘ontbloot’ en het hul regspan gevra om die howe te nader om die kunstenaar te dwing om die kunswerk te verwyder en alle promosiemateriaal daaroor te vernietig.
ANC vra DA om nie te betoog
Die ANC het ʼn versoek aan die DA gerig om nie more ʼn optog na Cosatu se hoofkwartier te hou nie omdat hulle voel dit sal onnodige spanning aanvuur.
Carl Niehaus skimp vir nuwe werk in die ANC
Carl Niehaus, voormalige woordvoerder van die ANC, skimp vir ʼn nuwe posisie in die hoë range van die ANC
ANC maak van grondwetlike hof ‘n transformasiekneg
Dit is eenvoudig so omdat ʼn 75% parlementêre meerderheid nodig is om die magte van die Grondwetlike Hof te verander – en dít haal die ANC nie. In stede hiervan stoot die ANC nou die spreekwoordelike Trojaanse Perd in die vorm hierdie besprekingsdokument na vore.