Eskom het Maandag bevestig dat die kragnetwerk nog onder druk is, maar dat geen beurtkrag Maandag ingestel is nie.
Alles vir die sleutelwoord "beurtkrag"
Geen beurtkrag verwag nie
Eskom het gesê die kragnetwerk is stabiel en dat geen beurtkrag Sondag verwag word nie.
Staalvervaardiging daal weens kragonderbrekings
Vervaardiging in die metaal- en ingenieursbedryf het met 1% gedaal tussen Oktober en November 2014 weens kragonderbrekings deur Eskom.
Eskom wil beurtkrag verhoed
Eskom het gesê hy hoop om beurtkrag te vermy nadat meeste ondernemings hul bedrywighede hervat het na die feesgety.
Beurtkrag opgeskort
Eskom het Vrydag fase 1-beurtkrag opgeskort nadat dit vroeër die dag aangekondig is dat die kragonderbrekings tot 22:00 sou voortduur.
21 dae voor Eskom bankrot is
Eskom het 21 dae oor voordat hy bankrot is, het die Mail & Guardian Vrydag berig.
Eskom kondig beurtkrag aan
Eskom het Vrydag aangekondig dat hy fase 1-beurtkrag toepas.
Hoë risiko vir beurtkrag
Die risiko vir beurtkrag is hoog nadat twee van Eskom se kragopwekkers onklaar geraak het, het die kragvoorsiener Woensdag gesê.
Geen beurtkrag verwag nie
Eskom het Maandag gesê die risiko vir beurtkrag is tans laag, aangesien talle bedrywe nog gesluit is vir die vakansie.
Geen kragonderbrekings verwag nie
Eskom is “versigtig vol vertroue” dat hy nie tydens die feesgety beurtkrag sal instel nie, ondanks die druk op die kragnetwerk.
Eskom-kragopwekkers weer beskikbaar
Vier Eskom-kragopwekkers wat by drie kragstasies onklaar geraak het, is Woensdagoggend weer in werking.
Eskom waarsku weer oor beurtkrag
Eskom het Dinsdag op sy amptelike Twitter-rekening gewaarsku dat hy die gebruik van vier van sy kragopwekkers verloor het.
Eskom: Personeel met vakansie; verwarring oor beurtkrag
Altesaam 13 000 werkers by Eskom se Medupi-kragstasie is op pad huis toe vir die Desember-vakansie te midde van die regering en die maatskappy se probeerslae om die jongste ronde beurtkrag te verduidelik, het die Sunday Times berig.
Video: Beurtkrag kan voedselproduksie knou
Rolspelers in die landboubedryf het met Eskom vergader oor die reuseimpak wat beurtkrag moontlik op voedselproduksie kan hê.
Kragprobleme is apartheid se skuld, sê Zuma
Suid-Afrika se elektrisiteitsprobleme is ʼn produk van apartheid en die regering kan nie beskuldig word vir die huidige kragonderbrekings nie, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê.
‘Beurtkrag onwaarskynlik,’ sê Eskom
Eskom het gesê dit is onwaarskynlik dat beurtkrag Vrydag toegepas sal word.
Geen beurtkrag vir Donderdag beplan
Eskom het gesê daar word sover geen beurtkrag vir Donderdag beplan nie.
Beurtkrag laat bejaardes gestrand
Bejaardes van ʼn ouetehuis in Brakpan, oos van Johannesburg, moet noodgedwonge trappe klim nadat beurtkrag die agt verdieping hoë gebou se hysbak onklaar gelaat het, het Beeld Donderdag berig.
Kragonderbrekings lei tot watertekort
Die Polokwane-munisipaliteit in Limpopo versoek inwoners om water spaarsamig te gebruik, aangesien Eskom se kragonderbrekings tot watertekorte in sommige gebiede gelei het.
Nuuskommentaar: Eskom: Inligting in donkerte gehul laat ons kragteloos
Dis beurtkrag, of miskien meer korrek, jou beurt sonder krag. Dikwels met duisende rande skade.