Ek onthou hoe hierdie boom en daardie boom eens gelyk het, en hoe hulle nou deur die son en reëns van jare lyf gekry het, uitgedik en uitgestyg het tot lieflike lowerreuse … skryf Chris Chameleon.
Alles vir die sleutelwoord "Chris Chameleon"
Video: Chris Chameleon, Daniella verloof
Die gevierde musikant Chris Chameleon en sy vriendin, Daniella Deysel, het Woensdag hul verlowing in egte en unieke Chameleon-styl aangekondig met ʼn prettige video.
Chris Chameleon: Gert se voete en ʼn kyk in die oë
Gert is ʼn aangename kêrel. Sy op-die-oog-af saai werkslewe as bankier in Rotterdam het skynbaar weinig invloed op sy interessantheid as mens…
Chris Chameleon: Wanneer ongewone nuus gewoon word
… met die wete dat ʼn week se agterstalligheid tydens die komende week se dolle vaart addisionele druk gaan wek, word die fone een vir een aangeskakel. Data stroom na ons palms, nuus van oral bereik ons en die werklikheid van die alledaagse gryp ons aan die kraag en sleep ons uit ons idilliese droomwêreld.
Chris Chameleon: Sou jy wou bid?
“Zou je willen bidden?” kom die hoflike vraag van ons gasheer en vriend, hier waar ons aansit vir ete in Nederland … skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Eelte
My voete was hard. Wanneer ek naweke huis toe gekom het, het ek die stad verken in my kaalvoete. Die enigste ongemak was, af en toe, op ʼn versengende somermiddag, ʼn vuurwarm beton- of teerblad, skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die kruis van vriendskap
Reeds voor ek die e-pos oopgemaak het, het ʼn krieweling in my krop begin. Mens weet dit soms net, hier kom ʼn ding en ʼn goeie ding gaan dit nie wees nie … skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die uitgekontrakteerde liefde
My gedagtes gaan na die uitgekontrakteerde liefde wat al deel van ons lewensstyl geword het. Ons kontrakteer die liefde vir ons tuine uit, die liefde vir ons huise. Ons kontrakteer die liefde vir ons skoon linne uit, die liefde vir ons skoon karre… skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die kanniedood en die liefde
Dis ʼn nuwe gevoel, ʼn gevoel van deernis vir hierdie kruidjie en sy soort waarteen ek my lewe lank geveg het. ʼn Gevoel van bewondering vir hul kanniedood strewe, die skoonheid wat ook in hulle blommetjies delikaat en skugter gedy.
Chris Chameleon: Hoe môre oor gister sal voel
Die lewe is ook nie maklik vir diegene van my vriende wat nou, tien maande na die verkiesing, nog steeds by ons erfenisdagbraaie gal braak oor die huidige Amerikaanse president nie, skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die Duifdogtertjie
In die afwesigheid van my eie kinders is ek geneig om my te wend tot ʼn wye verskeidenheid skepseltjies wat aan die uiting van behoefte tot vaderlikheid kan voldoen: ander mense se kinders, honde, my groentetuin, my beeste en ja, selfs my liede, waarvan laasgenoemde gereeld en getrou volgens die Genesis-banvloekbelofte ‘in pyn en leed’ verwek word. En voëls, skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die Mes deel III
“Agter sy oë vonkel die verhaal van sy eie vermoedens oor die lot van daardie mes…” skryf Chris Chameleon.
CD van die maand (resensie): Chris Chameleon – Jy en ek en ek en jy
Chris Chameleon se CD, “Jy en ek en ek en jy” is ‘n verruiming vir die Afrikaanse musiekskat, skryf Johan Myburg.
Chris Chameleon: Die Mes deel II
“Die mes het my bly koggel, elke keer wanneer ek my laai oopgetrek het. Hy het later ʼn plek heel agter, buite sig, in die laai gevind en nog later, toe ek dit nie meer kon verdra nie, het ek hom êrens doelbewus verloor.” Lees Chris Chameleon se rubriek.
Luister: Chris Chameleon: Fopdosser, vegter vir Afrikaans, boerseun
Chris Chameleon praat openhartig oor elkeen van sy fasette: Die fopdosser in die minirok – soos hy na homself verwys – die kampvegter vir Afrikaans en die gawe en liefdevolle dog hardkoppige en eiewyse boerseun.
Chris Chameleon: Die mes
“En so drentel ek toe eenmaal by die tannie se seun se kamer in. Hy het ook ʼn “onderste laai” gehad soos ek, ʼn laai vol los en interessante dingetjies; seunsgoed…” Lees Chris Chameleon se rubriek.
Chris Chameleon: Die stortkop-protesoptog
“…op hierdie wonderbaarlike dag was hierdie faktore skynbaar ontoereikend om die opmars van menige wit Suid-Afrikaner te stuit. Ek moet bieg, ek was trots, verlig, verheug,” skryf Chris Chameleon.
Onder die Maroelaboom: Die dodelikste wapen
En tog smokkel ek telkens die grootste, gevaarlikste wapen met my deur die doeane, skryf Chris Chameleon.
Onder die Maroelaboom: Koffieverslawing, Nederland en ʼn weduwee
Die weduwee is reeds in die kombuis met haar eie verslawings – koffie en De Volkskrant
Chris braai eerder as om groente ‘dood te maak’
“’n Mens moet probeer om groener te wees. En nou praat ek nie van meer gereeld jouself oorlewer aan jaloesie of te hard aan jou eerste sigaret trek nie.”