ʼn Senior beampte van die Valke het Mcebisi Jonas se saak teen die Gupta-familie probeer doodsmoor, het die kommissie van ondersoek na staatskaping Vrydag gehoor.
Alles vir die sleutelwoord "Guptas"
Prokureurs het nog tyd nodig vir staatskapingondersoek
Regsverteenwoordigers van voormalige president Jacob Zuma, die voortvlugtige Gupta-familie en die voormalige minister van openbare ondernemings Lynn Brown, het Maandag die Staatskapingskommissie van ondersoek versoek om hulle nog tyd te gun om die bewerings teen hul kliënte te ondersoek.
Staatskaping-ondersoek: ‘Regering moet samewerking gee’
Zondo het gesê die kommissie sukkel met ʼn voortgesette gebrek aan samewerking van amptenare in regeringsdepartemente. Hy sê die staatsekuriteitsagentskap is ook nie juis gretig om te help om die personeel wat deel vorm van die ondersoek top-sekuriteitsklaring te gee nie.
Staatskaping-ondersoek begin
Verskeie getuies sal in die eerste week voor die kommissie verskyn om hul sake te stel.
Komitee ontevrede met Gigaba oor Guptas
Nie minder nie as 21 potensiële oortredings van wetgewing betreffende immigrasie word deur die komitee se navorsing uitgewys.
Mashaba wil hof toe oor Guptas se ‘rassisme’
“Hoewel hierdie werknemers versoek het dat hul identiteit vir tyd en wyl beskerm word, het hulle aan my gesê hulle is gewillig om na vore te kom om oor die gebeure te getuig as deel van ʼn hofsaak.”
Duduzane Zuma in enkelboeie in hof
Die staat voer aan dat Zuma en sy sakevennote, die Gupta-broers, ʼn plan beraam het om Jonas te oortuig om opdragte van hulle uit te voer deur vir hom omkoopgeld aan te bied.
McKinsey gaan byna R1 miljard aan Eskom terugbetaal
McKinsey, ʼn internasionale konsultasiemaatskappy, die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid en Eskom het Vrydag ʼn ooreenkoms bereik wat inhou dat McKinsey ingestem het om sowat R902 miljoen aan die nasionale kragvoorsiener terug te betaal.
Sanef besorg oor sluiting van koerant
ʼn Vergadering is verlede week Donderdag met die verslaggewers belê waar hulle in kennis gestel is dat die koerant sy laaste uitgawe publiseer.
Beurtkrag is ’n ander woord vir gebrekkige regering
Dit was ’n groot teleurstelling om ná al die jare weer met beurtkrag opgeskeep te sit.
Hof beslis oor Guptas se straler-aansoek
Die hof het in Maart beslis dat die Bombardier 6000-straler oorhandig moet word en by die Lanseria-lughawe noord van Johannesburg geberg moet word.
Party soek antwoorde oor ‘bedrieglike BTW-eise’
Dit volg ná mediaberigte Sondag dat die SAID na bewering R100 miljoen se bedrieglike BTW-eise ontvang het van mense of ondernemings wat bande met die Guptas het.
Mabuza gepols oor vlug op Gupta-straler
Adj.pres. David Mabuza het Woensdag aan LP’s gesê hy is geensins die Gupta-broers of Duduzane Zuma gunste verskuldig nadat hulle hom ʼn “saamrygeleentheid” na ʼn hospitaal aan boord hul private straler gegee het nie.
Eskom-ondersoek: Geen teken van Guptas, Myeni
Die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings wat opdrag gegee is om die wanbesteding van staatsgeld by Eskom te ondersoek, het Dinsdag vergader en moontlike stappe teen getuies bespreek wat versuim het om voor die komitee te verskyn nadat dagvaardings aan hulle beteken is.
Gupta-klopjag: Owerhede lê beslag op meer as R250 miljoen
Johannesburgse polisiebeamptes het Maandag in ʼn klopjag op die omstrede Gupta-familie se landgoed in Saxonwold in dié stad beslag gelê op bates van meer as R250 miljoen.
SA sakeman vas ná Gupta-video
Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Woensdag bevestig dat ʼn Suid-Afrikaanse sakeman wat verlede week ʼn video van die voortvlugtende Ajay Gupta in Dubai geneem en met Suid-Afrikaanse media gedeel het, is in hegtenis geneem.
Eskom-ondersoek: Dagvaardings aan Guptas nié beteken
“Die parlementêre komitee sal saam met wetstoepassingsagentskappe soos die Valke werk om die getuies op te spoor sodat die dagvaardings beteken kan word.”
NVG voer stryd teen Guptas tot in Dubai
Dit is die eerste amptelike stap wat deur wetstoepassingsagentskappe gedoen is om die Guptas tot in Dubai te vervolg waar die familie na bewering ʼn R331 miljoen se herehuis besit.
Eskom-ondersoek gaan Gupta-broers dagvaar
Die komitee ondersoek bewerings van wanbestuur en korrupsie by Eskom sedert verlede jaar.
Ondersoek gelas na aankoop van SAUK-argiewe
Die raad van die SAUK het Donderdag gesê hy het opdrag gegee dat ʼn onmiddellike ondersoek gedoen word na bewerings dat die SAUK-argiewe vir ʼn fraksie van die prys aan die Guptas verkoop is vir gebruik deur hul televisiekanaal, ANN7.