Ons almal beleef daardie dae dat daar net geen kreatiwiteit aan die dag gelê kan word om honger mae te vul nie. Hier is ʼn lekker, maklike en goedkoop idee om ʼn eenskottelgereg met min moeite te skep.
Alles vir die sleutelwoord "Helpende Hand"
Die belangrikheid van entrepreneurskap
Dis nou belangriker as ooit om die jeug en die innoveerders toe te rus met die boustene van ware entrepreneurskap.
Spesialisdienste by Helpende Hand se eerste gemeenskapsentrum
“Die doel van Ons Sentrum is om materiële, geestelike en kulturele armoede te verlig.”
Kosblikkie-video: Sjokolade-hawermoutballetjies
Hier is ʼn lekker vinnige en maklike resep om so af en toe te sorg dat daardie soettand darem bevredig word.
Wen: Is jy ʼn Wes-Kaapse leser? Kom fliek saam met ons
Wen: Is jy ʼn Wes-Kaapse leser? Jy kan die voorreg hê om “Dominee Tienie” eerste te sien! Maroela Media en Helpende Hand nooi jou en jou gesin om saam met ons na ’n voorskou van fliek, Dominee Tienie, te kom kyk. Die vertoning vind plaas 17 Januarie om 19:00 vir 19:45 by Ster-Kinekor, Somerset Mall.
R38 miljoen sodat behoeftige studente kan studeer
“Taylor het die grootste gedeelte van haar kinderjare in ʼn kinderhuis in Naboomspruit deurgebring, maar haar droom om eendag ʼn onderwyser te word kan nou waar word.”
Sakpasresep: Maklike kooldis
Kool is nou nie juis almal se gunstelinggroente nie. Tóg kan daar getoor word om kool in ʼn heerlike dis te omskep.
Kosblikkie-video: Toebroodjie-sosatie
Kosblikkie-video: Die skool het weer begin en elke oggend se kosblik pak kan nogal ʼn afgesaagde storie raak. Hier is ʼn maklike manier om jou kind se kosblik interessant te hou deur gewone toebroodjies net op ʼn ander manier aan te bied.
Sakpasresep: Pasta met tuna
Met pasta kan jy baie honger magies vul. Dié resep kan jy ook lekker aanpas na gelang van jou begroting. Die tuna kan selfs vervang word met oorskiet hoender.
Skoolhoof se inisiatief vul honger magies
“Dit is aandoenlik om te sien hoe ʼn gemeenskap bewus is van sekere ouers se nood en saamstaan om hulle tot ʼn mate ‘aan te neem’.”
Kosblikkie-video: Spek-, kaas-en-broccolikoekies
Dít is ʼn heerlike en maklike resep en ideaal vir jou kind se kosblik of selfs jou eie kosblik!
Sakpasresep: Kekerertjiehappies
Tiana Kluyts het gesorg vir dié week se sakpasresep met haar eie kekerertjiehappies (nuggets). Dit is ’n heerlike vegetaries-vriendelike maaltyd, propvol proteïne, gesond en natuurlik goedkoop.
Die krag van my mense
Ons kan 2018 afsluit en 2019 ingaan met die krag van ons mense. Ek glo in saam, ek glo in ons. Ek glo in gemeenskapskrag. Ek glo aan ’n gemeenskap wat saamwerk. Ek het hierdie jaar die krag van my mense gesien. Ek sien uit na 2019 om met die krag van my mense te werk.
Sakpasresep: Appelkooshoender
Sakpasresep: Liana Engelbrecht van Bethal het gesorg vir dié week se resep. Dié appelkooshoender-resep is een van haar gunstelinge en is altyd ʼn wenner.
Maak huis skoon vir ʼn goeie doel
Enigiets kan by dié skenkingswinkels afgegee word – van ʼn stukkende grassnyer tot klere wat nie meer pas nie, oortollige linne, of die oefenfiets wat jy in 2001 laas in die soeke na jou somerlyf aangewend het.
Sakpasresep: Eenskottel hoender-en-rysgereg
Met hoender en rys kan jy ver kom! Hierdie is een van daardie lekker resepte wat ʼn hele paar honger magies kan vol maak.
Motorfietsklub maak harte oop vir ‘Danville-tannies’
Die afgelope vier jaar het ’n groepie selfversorgende bejaarde vroue van Danville in die weste van Pretoria diep in die harte van ’n groep Christelike motorfietsryers ingekruip.
SA’ners maak ’n verskil vanuit Australië
Nagenoeg 700 Suid-Afrikaners wat nou in Australië woon, het in die luim van Kersfees hande gevat en ’n nostalgiese Kerskonsert ondersteun wat duisende rande vir Helpende Hand se #StopHonger-veldtog ingesamel het.
Sakpasresep: Viskoekies met sardyne
Sakpasresep: Deesdae is dit vir talle gesinne nodig om hul rieme so ʼn bietjie stywer te trek. Maroela Media in samewerking met Helpende Hand se #stophonger-veldtog gaan vir die volgende paar weke elke week ʼn lekker sakpas-resep verskaf.
Geldwenke vir die Desembervakansie
“Alles is duurder in Desember en mense raak dikwels roekeloos met hul besteding. Onthou, Januarie lê voor en dis altyd ’n lang en rowwe maand met baie uitgawes.”