Die eienaar van twee Johannesburg-restaurante is Saterdag op die M2-snelweg doodgeskiet terwyl sy op pad terug was van ʼn fees waar sy gewerk het.
Alles vir die sleutelwoord "Johannesburg"
Fietsryer kritiek beseer in Jhb-ongeluk
ʼn 40-jarige man is kritiek beseer nadat hy Dinsdagoggend deur ʼn ligte motor van sy fiets afgestamp is.
Sithole-moord: Twee beskuldigdes vra vir pleitooreenkoms
Die verhoor van die vier mans wat beskuldig word van die moord op die Mosambiekse straatverkoper Emmanuel Sithole is Maandag in die Alexandra-landdroshof uitgestel.
Seun (8) in koma ná baksteen hom in kar tref
Caden Slabbert (8) is in ʼn geïnduseerde koma in ʼn hospitaal in Johannesburg nadat ʼn baksteen hom teen sy kop getref het terwyl hy saam met sy pa en suster in die suide van die stad in ʼn motor gery het.
41 vas oor dronkbestuur in Jhb
Altesaam 41 persone is oor die naweek in hegtenis geneem vir dronkbestuur, het die metropolisie Sondag gesê.
Meer as 100 vas ná polisieklopjag
Meer as 100 mense is Donderdag in hegtenis geneem tydens ʼn klopjag in die Thembelihle informele nedersetting in Lenasia buite Johannesburg.
80-jarige dood gevind ná kaping
Die liggaam van ʼn 80-jarige man is vroeg Donderdagoggend in die kattebak van sy motor gevind nadat dit Woensdagaand gekaap is.
Honderde onwettige Zimbabwiërs gedeporteer
Honderde Zimbabwiërs het die afgelope twee weke uit SA gevlug uit vrees vir xenofobiese geweld, maar meer as 400 Zimbabwiërs wat onwettig in die land gewoon het, is ook gedeporteer.
Sithole-moord: Gedenkdiens vandag gehou
Die Stad Johannesburg en die SA Raad van Kerke hou Woensdag ʼn gedenkdiens vir die Mosambieker wie se mesdood in ʼn straat in Alexandra op kamera vasgevang is.
Foto’s: 1 dood, talle beseer in Jhb-treinbotsing
ʼn Man is dood en sowat 80 mense beseer nadat twee treine Dinsdagoggend in die suide van Johannesburg gebots het.
50 onwettige immigrante aangekeer
Die polisie en soldate het die afgelope naweek 50 onwettige immigrante in Johannesburg in hegtenis geneem.
‘Polisiebeampte’ in hegtenis geneem
ʼn Man wat aanvoer dat hy ʼn polisiebeampte is, is Sondag deur die metropolisie in Johannesburg in hegtenis geneem.
Honderde Jhb-motoriste vas vir dronkbestuur
Die metropolisie het die afgelope naweek 438 motoriste by padblokkades in en om Johannesburg in hegtenis geneem.
Swanger vrou sterf ook in Jhb-busongeluk
Die swanger vrou wat vroeër Vrydag uit die wrak van een van die busse wat in Johannesburg gebots het gered moes word, is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood.
Geen water by OR Tambo-lughawe
Die krane by OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, Afrika se grootste lughawe, is leeg weens probleme met waterpypverbindings.
Foto’s en video: Een sterf in Jhb-busongeluk
Een persoon is dood en ten minste 41 mense word behandel vir verskeie beserings nadat twee busse Vrydag in Johannesburg reg van voor gebots het.
Oorsaak van 6-jarige se hekdood steeds ondersoek
Die omstandighede wat tot die dood van die sesjarige Chené Pretorius gelei het nadat ʼn motorhek Maandag by ʼn naskoolsentrum op haar beland het, is steeds onduidelik.
Anti-xenofobie-optog vandag in Jhb
David Makura, premier van Gauteng, en Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, sal Donderdag aan ʼn anti-xenofobie-optog deur die stad deelneem.
Meisie (6) sterf toe hek op haar val
Chené Pretorius (6), ʼn gr. 1-leerling aan die Laerskool Oosterkruin in Germiston, is dood toe ʼn motorhek by ʼn naskoolsentrum op haar geval het.
Zimbabwiese man en vrou in Alexandra geskiet
ʼn Zimbabwiese man en vrou is Maandagaand in hul huis in Alexandra, noord van Johannesburg, geskiet.