Die meisie wat ‘n vermeende sataniese ritueel oorleef het, waartydens sy en haar vriendin aan die brand gesteek is, het Donderdag in die hooggeregshofsitting by die Palm Ridge-landdroshof getuig.
Alles vir die sleutelwoord "Johannesburg"
‘Blinde’ beroof jong vrou
ʼn 25-jarige vrou van Johannesburg is glo Maandag deur ʼn vrou beroof wat haarself as ʼn blinde persoon voorgedoen het.
Drie in hof oor gesteelde kluis
Drie mans wat glo ‘n kluis uit die Alberton-polisiestasie gesteel het, het Dinsdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.
Dubbeldekker-snelweg oorstroom in JHB
Motoriste moet glo die dubbeldekker M1 suid van Newtown in Johannesburg vermy omdat die pad laat Vrydagmiddag deur reën oorstroom is.
162 dronkbestuurders in JHB vas
162 dronkbestuurders is voor die langnaweek by nege padblokkades regoor Johannesburg in hegtenis geneem.
Twee vas oor onwettige aktiwiteite
Twee mans is in verband met manlike geslagsorgaanvergrotingsmedisyne in Booysens, Johannesburg, aangekeer.
Man dood, gebou brand agv weerlig in JHB
Weerlig het Donderdag tydens ‘n erge elektriese storm in die Roodepoort-omgewing ʼn man se dood veroorsaak en vermoedelik ook ʼn gebou aan die brand geslaan.
Babatjie hou verkeer op
Die verkeer by die Buccleuch-wisselaar is Donderdagoggend vir ʼn ander rede vertraag… ʼn pienkvoetjie wat besluit het dit is tyd om die wêreld in te kom.
SA-rocklegende dalk aan hartaanval dood
Phil Wright (55), die voormalige radio-aanbieder en rocklegende wat dood in sy huis in Johannesburg aangetref is, het moontlik ‘n hartaanval gehad
Man sterf op sportveld
ʼn 39-jarige man is dood nadat hy Woensdagaand op ‘n sportveld in Edenvale, Johannesburg, ineengestort het.
Polisie op soek na ontvoerde JHB-baba
ʼn Ses maandeoue baba is Dinsdag in Bezuidenhoutvallei in Johannesburg ontvoer en sy babaoppasser byna vermoor.
Foto: 17 beseer ná wiel glo bars
Altesaam 17 mense is beseer nadat ʼn minibus Vrydagoggend in Johannesburg omgeslaan het.
Foto: Vrou beseer toe haar voertuig op N1 rol
‘n Vrou is Donderdag beseer nadat haar voertuig die pad verlaat en teen ‘n skuinste op die N1-suid in Johannesburg afgerol het.
Twee sterf in JHB
Twee mense is Donderdag in Johannesburg dood nadat ʼn bestuurder van ʼn taxi beheer oor die voertuig verloor het.
Metropolisiebeampte sterf ná kaping
ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is Woensdag dood nadat hy vier keer tydens ʼn kaping geskiet is.
Man (28) ‘verkrag’ seuntjie (8) in JHB
ʼn 28-jarige man verskyn Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof nadat hy glo ʼn 8-jarige seun verkrag het.
Helené Bester kry siffie in been om bloedklont te keer
Die Afrikaanse sanger, Helené Bester, het Dinsdag ʼn operasie ondergaan in ʼn poging om te keer dat ʼn bloedklont wat vergroot het, na haar hart of longe beweeg.
Helené Bester buite gevaar
Die Afrikaanse sanger, Helené Bester, is stabiel en buite gevaar in die hoësorgeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal.
Afrikaanse sanger verloor babadogtertjie
Die Afrikaanse sanger, Helené Bester, is in die hoësorgeenheid van ʼn hospitaal in Johannesburg nadat sy haar babadogtertjie verloor het as gevolg van geboortekomplikasies.
Uitsmyters baklei by Avastar-nagklub
Theuns Grobler, ‘n bekende swaargewig in sekuriteitskringe, is Saterdagaand by die gewilde Avastar-nagklub in Rivonia, noord van Johannesburg, glo deur sy mede-uitsmyters aangerand.