Die advokaat wat ʼn vermeende reeksverkragter verteenwoordig wat net voor sy hofsaak selfmoord gepleeg het, het gesê sy kliënt is glo verkeerdelik aangekla, berig EWN.
Alles vir die sleutelwoord "Johannesburg"
Kaper glo op heterdaad betrap
ʼn Man is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo op heterdaad betrap is terwyl hy ʼn voertuig in Benrose, Johannesburg, gekaap het.
Polisie skiet ‘kaper’
ʼn Vermeende kaper is Maandag in ʼn skietvoorval met die Johannesburgse metropolisie geskiet.
Huishulp dood aangetref in werkgewer se huis
‘n 30-jarige huishulp is Donderdagaand dood aangetref in haar werkgewer se huis in Glenvista, suid van Johannesburg.
Gekaapte vragmotor met medisyne, selfone, opgespoor
ʼn Gekaapte vragmotor wat medisyne en selfone van meer as R7 miljoen vervoer het, is Woensdag in Primrose, Gauteng, opgespoor.
Edelgesteentes uit museum gesteel
ʼn Versameling van edelgesteentes is uit MuseumAfrika in Newtown, Johannesburg, gesteel, het The Star Vrydag berig.
JHB van “wêreldgehalte stad”-status ontneem
Die stad Johannesburg is deur die advertensieowerheid aangesê om nie meer ʼn gedeelte van sy “wêreldgehalte Afrika-stad”-veldtog te publiseer nie, aangesien dit glo “misleidend” is.
Jong man sterk aan ná brandstof-aanval
Garth du Preez (22) van Boksburg in Gauteng, sterk in die hospitaal aan nadat ʼn man verlede Vrydag by ʼn besige kruising ‘n vloeistof oor hom in sy voertuig gegooi en aan die brand gesteek het.
Gebou brand af in JHB
ʼn Brand het vroeg Maandagoggend by Salama Cash and Carry in Amalgam, Johannesburg uitgebreek.
Foto’s: 5 dood, 13 beseer in JHB-ongeluk
Vyf mense is dood en 13 beseer toe ‘n vragmotor Vrydag deur ‘n muur in Constantiakloof, Johannesburg, gebars het.
Pasgebore baba aan die brand gesteek
Die verkoolde lykie van ‘n pasgebore baba is Saterdag in Honeydew, Johannesburg, opgespoor.
Rowers ontsnap danksy padwedloop
‘n Bende van ses rowers het Sondagoggend ontsnap toe hulle met ‘n gekaapte motor deur ‘n padwedloop in Bryanston, Johannesburg gejaag het.
Foto’s: Brand by Broadacres-winkelsentrum in JHB
‘n Brand by die Broadacres-winkelsentrum in noordelike Johannesburg is Vrydagaand onder beheer gebring.
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
Jeremy King, wat gevonnis is vir die moord op Kirsty Theologo tydens ‘n beweerde sataniese ritueel, het Woensdag aan die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof gesê hy kan nie die teenstrydighede in sy getuienis verduidelik nie.
“Geen krisis by staatshospitaal” sê departement
Die Gautengse departement van gesondheid het Dinsdagmiddag in ʼn verklaring gesê daar is nie ʼn krisis by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg nie.
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
Jeremy King (20) wat skuld beken het op die moord van Kirsty Theologo tydens ‘n beweerde sataniese ritueel, het Donderdag in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof getuig.
Man gebruik nuwe wet teen eks-meisie wat glo teister
Duncan D’Ewes (37) van Johannesburg, gaan van ʼn nuwe wet gebruik maak teen sy voormalige meisie wat hom glo aanhoudend teister.
Hoof gebruik skoolfonds vir reis
Die skoolhoof van Hoërskool Westridge in Roodepoort is vir twee maande lank sonder salaris geskors nadat hy glo ‘n reis na Zimbabwe met die skoolfonds onderneem het.
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
Lester Moody, wat erken het dat hy twee tienermeisies tydens ‘n beweerde sataniese ritueel aan die brand gesteek het, het glo geen aspirasies gehad om ‘n einde aan die wêreld te bring nie.
Sataniese ritueel: Slagoffer wou letsels in hof wys
Die slagoffer van ‘n beweerde sataniese ritueel is Vrydag van die geleentheid ontsê om haar letsels aan haar vermeende aanvallers te wys.