Die jong student van Johannesburg wat ses weke gelede vir ure in die wrak van haar motor vasgekeer was nadat haar motor in ʼn stroom beland het, kan niks van die ongeluk onthou nie.
Alles vir die sleutelwoord "Johannesburg"
Linden-gesin emigreer na huisroof
Die eienaar van die huis in Linden, Johannesburg waar 35 mense Saterdagaand deur gewapende rowers aangehou is, het gesê sy gesin sal binne die volgende drie maande na Nederland emigreer.
Kind brand dood ná woonstel vlamvat
ʼn Kind, vermoedelik tussen ses en nege jaar oud, is dood nadat ʼn brand Dinsdagaand in ʼn woonstel in Roodepoort, in die weste van Johannesburg, uitgebreek het.
Twee kleuters sterf in brand by dagsorgsentrum
Volgens paramedici was daar vyf kinders onder die ouderdom van vyf jaar in die gebou toe dit aan die brand geslaan het.
Nóg ʼn baba in vullissak gevind
Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Donderdagoggend in ʼn vullissak in Berea, Johannesburg, gevind.
Man op sypaadjie doodgeskok
ʼn Man het Woensdag buite ʼn sakepark naby die N12-snelweg in Glenanda, suid van Johannesburg, doodgeskok.
Ma en kleuter doodgery
ʼn Ma en haar tweejarige kind is Woensdagoggend dood nadat hulle deur ʼn motor in Peterweg in Ruimsig, wes van Johannesburg, raakgery is.
Man in hof ná polisiebeamptes in motor doodbrand
ʼn Man sal Woensdag in die hof verskyn op aanklag van strafbare manslag nadat hy glo onder die invloed van alkohol ’n botsing veroorsaak het waarin twee polisiebeamptes doodgebrand het.
Inkopiesentrum-kleuter: Ma verskyn in hof
Die ma van die tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, sal Maandag in die hof verskyn op ʼn aanklag van kinderverwaarlosing.
Inkopiesentrum-kleuter in plek van veiligheid geplaas
Die tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is steeds in ʼn plek van veiligheid terwyl sy ma deur die polisie ondervra word.
Inkopiesentrum-kleuter se ma gevind
Die ma van die tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is Saterdagmiddag opgespoor.
Kleuter by Jhb-inkopiesentrum gevind; ouers dringend gesoek
Die polisie is dringend op soek na die ouers van ʼn tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is.
Kapers skiet ma van Jhb in oprit dood
ʼn Ma van Johannesburg is Donderdag dood toe sy tydens ʼn kaping in die kop en bors geskiet is.
Ondersoek ná bewering van polisieman se suggestiewe handgebaar
ʼn Voorval word ondersoek nadat ʼn polisiebeampte na bewering ʼn jong vrou in die Sandton-polisiestasie seksueel geteister het.
Foto’s: Polisie se flink optrede fnuik drie se planne
Drie rowers is Woensdagoggend op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om ʼn huis in Crosby, Johannesburg, te beroof.
Twee vas ná kaping van pa en dogter
Twee verdagtes is Maandag in Hillbrow, Johannesburg, vasgetrek enkele ure nadat hulle glo ʼn motor met ʼn man en sy 12-jarige dogter daarin gekaap het.
Baksteen deur karvenster: Seun vorder goed
“Dit is nog te vroeg om te sê of hy volkome gaan herstel, maar ek weet hy gaan want God is in beheer.” Só sê Justin Slabbert, die pa van die agtjarige Caden wat ʼn ernstige kopbesering opgedoen het toe ʼn voetganger langs ʼn Johannesburgse snelweg ʼn baksteen deur Slabbert se motorruit gegooi het.
Man kritiek, 2 beseer ná motors teen grensmuur bots
ʼn Man is Sondagaand kritiek beseer en nog twee mense het matige beserings opgedoen in ʼn ongeluk op die N1 tussen die William Nicol- en Rivonia-afritte in Johannesburg.
Passasiers spring uit bewegende bus
Altesaam 19 mense is beseer toe hulle Donderdagoggend in Johannesburg by die vensters van ʼn bewegende bus uitgespring het.
Tragedie by Alexandra-polisiestasie eis 5 lewens
ʼn 31-jarige polisiekonstabel is Woensdagaand doodgeskiet nadat hy glo vroeër die dag vier mense, waaronder sy vrou, by die Alexandra-polisiestasie doodgeskiet het.