Vyf jaar gelede het Gerdi McKenna se vriendinne haar verras deur almal hul hare af te skeer om hul ondersteuning aan haar in haar reis met borskanker te wys. Sy vertel hoe dit deesdae met haar gaan.
Alles vir die sleutelwoord "kanker"
Siek kleuter moet noodgedwonge Duitsland toe
“Op die oog af lyk hy normaal maar ek wat weet, weet hy is siek; weet ook dat hy sal doodgaan as hy nie die behandeling ontvang nie. Ons het nie ’n opsie nie.”
Geliefde radioman kry tweede kankerskok
“Ek gaan nie jok nie, dis moeilik om te weet dat ek ʼn (sogenaamde) ongeneeslike gewas het.”
Wagtyd vir KZN-kankerlyers ‘drasties verkort’
“KZN se gesondheidsdepartement neem met kommer kennis van die volgehoue veldtog om sy talryke pogings verdag te maak; dié pogings het trouens daartoe gelei dat die wagtye aansienlik verkort is.”
Video: Meisie kry verrassing by skool ná kankerbehandeling
“Ek het net na haar gekyk en gesê: ‘Lalla, sien jy? Dit is alles net vir jou!’”
Kankervegtertjie (3) blommemeisie vir beenmurgskenker
“Ek het na haar toe gestap en op my knieë geval en al wat ek kon doen was glimlag.”
Vroue laat klere waai vir bewusmaking en wêreldrekord
Maroela Media het met ʼn Suid-Afrikaanse vrou gepraat wat ook deelgeneem het.
Jong ma se kankerskok: ‘Wat van my kinders?’
“Ek is 32 jaar oud en het vier kinders van een, vier, vyf en agt jaar oud. Ek het glad nie ʼn geskiedenis van kanker in my familie nie en is gesond. Hierdie soort kanker word gewoonlik net by mense wat ouer as 50 is, gediagnoseer.”
Miljoene nodig vir kankerlyer (2) se behandeling
Daar is slegs ʼn handjievol hospitale ter wêreld wat dié immunoterapie beskikbaar stel en die gesin het kwotasies by hospitale in Amerika, Engeland, Italië en België hiervoor aangevra. “Memorial Sloan Kettering-hospitaal in New York kwoteer meer as R15 miljoen vir die eerste rondte.”
Seun (10) se ma, pa sterf op een dag – toe ook sy ouma
Minder as een week nadat Heindrich Schroeder (10) sy ma, pa én geliefde hond aan die dood afgestaan het, is sy 72-jarige ouma, in wie se sorg hy was, ook dood.
Naas Botha se broer sterf
Darius Botha (62), emerituspredikant en broer van die legendariese rugbyspeler Naas Botha, is Maandag oorlede.
Hugh Masekela se dood ʼn ‘onmeetbare verlies’
“Hugh se internasionale bydrae en deelname in musiek, teater en die kunste oor die algemeen lewe voort in die geheue van miljoene dwarsoor ses vastelande. Ons is geseënd en dankbaar dat ons deel kon wees van sy lewe en nalatenskap.”
Legendariese SA musikant sterf
“Ons nasie het ʼn musikant verloor wat enig in sy soort was. Hy het die siel van ons nasie opgehef deur sy tydlose musiek.”
Ongeluk lei tot diagnose wat paramedikus se lewe verander
“Ek was besig om ʼn meisie te behandel agter in die ambulans toe ʼn ander motor in ons vasgejaag het.”
Oud Mev. SA se ‘vegtertjie’ steeds kankervry
“Jou naam beteken ‘vegtertjie’ en jy het werklik baklei [teen die kanker] daardie jaar, my dierbare seun. Ek kon nie meer trots op jou gewees het nie, selfs al het ek probeer. Jy besef nie watter inspirasie jy vir só baie mense is nie.”
Klein Mia Cara veg steeds verbete
“Ons gesin stoei voort – ons weet die Here gaan ʼn weg baan waar daar nie noodwendig een was nie. Daar is gelukkig mense wat ons van heinde en ver ondersteun en ons glo dat ons met genade hierdie behandeling kan laat gebeur.”
Legendariese SA musikant kanselleer optredes
“Ek het al my energie nodig om my stryd teen prostaatkanker vol te hou.”
‘CANSA relay for life’: Kom stap die pad van ʼn kankerpasiënt
“Dit begin in die skemer, waar die pasiënt uitvind hulle het kanker. Alles is onseker en ’n mens kan nie lekker die pad vorentoe sien nie, maar hulle begin dit met baie hoop te stap.”
Pa verloor ook baba ná ma chemo weier
“Ek het geen verduideliking hoekom dit gebeur het nie, maar ek weet dat Jesus ons lief het en dat ons eendag sal weet hoekom. Die hartseer wat ons voel is byna ondraaglik – bid asseblief vir ons familie.”
‘Ek sal haar seer, siekte vat,’ sê pa oor dogter (6) se stryd
“Mia Cara is ʼn klein vegter. Sy het dié stryd aanvanklik met baie moed aangepak, maar sy is nou moedeloos. Sy vra nou haar mamma wanneer dit verby gaan wees. Geen kind verdien dit nie. Ek sou haar siekte in ʼn oomblik vat as sý net gesond kon wees.”