Twee sussies van Pretoria wat ook alumni is van die Atterbury-trust alumni, het onlangs geloof in die mensdom herstel toe hulle 18 behoeftige kinders op ʼn droomvakansie geneem het.
Alles vir die sleutelwoord "liefdadigheid"
Kom hou partytjie, Parys!
ʼn Ongewone uitnodiging na ʼn sestiende verjaardagpartytjie in Parys in die Vrystaat word tans wyd op sosiale media gedeel.
67 Blankets wil wéér wêreldrekord breek
Die 67 Blankets-inisiatief vier op 27 Januarie sy tweede verjaardag in Houghton Estate, Johannesburg.
Samaritane se ongewone wittebrood in Kaapstad
“Rassisme kan slegs hok geslaan word deur dade van vriendelikheid en begrip. Die beloning wat mens kry wanneer iemand vir jou glimlag omdat jy vir hulle iets goed gedoen het, kan nie met geld gekoop word nie,” het Nathan Haynes vertel.
Is ons liefdadigheid dalk ʼn humanitêre tydbom?
Dis waar, die Bybelse opdrag ís dat ons die armes moet help. Die vraag is egter: Help ek werklik die smekende oë by die verkeerslig wanneer ek ʼn paar rand deur my motorvenster in sy hand stop?
Luister: Nataniël gee teddiebere en ʼn resep vir jou Kerstafel
Nataniël, bekende sanger, liedjieskrywer en vermaakkunstenaar, betower nie net teatergangers nie, maar maak ook ʼn verskil in die lewe van minderbevoorregtes deur sy betrokkenheid by liefdadigheidsorganisasies.
Moeder Teresa gaan tot heilige verklaar word
Pous Franciskus het die afgelope naweek bevestig dat Moeder Teresa, die Rooms-Katolieke non wat wêreldwyd bekend is vir haar betrokkenheid by die armes, tot heilige verklaar gaan word.
Buffelsfontein Baard-olie se groot skenking aan Helpende Hand
“Ons wil baie graag ons sukses met ander deel. Die impak wat regstellende aksie op ons mense gehad het, word dikwels onderskat. Die meeste mense sal hulle boeglam skrik as hulle sien in watse benarde posisie van ons volksgenote hulself bevind,” verduidelik Le Roux.
TBF en Garden World span saam vir ‘Kersliedere by kerslig’ vir geldinsameling
“Ons werk baie saam met Busy Lizzy,” vertel Corné Stemmet, hooforganiseerder van die geleentheid. Hy verwys natuurlik na Lizz Meiring, bestuurslid van die TBF. “Sy doen verskriklik baie vir ons en daarom het ons besluit ons gaan vanjaar teruggee aan die TBF.”
Luister: Boere in Nood-projek gryp tydens droogte in
NC Schoombee, ʼn 27-jarige man van die Bethlehem in die Vrystaat, het onlangs ʼn Facebook-groep begin om boere te help wat gebuk gaan onder die droogte wat tans in Suid-Afrika heers.
Goeienuus-Kersboom: Meer as 20 ton kos vir behoeftiges
Die makrogemeente kerksondermure en radiostasie GROOTfm het hande gevat met verskeie kerke van Centurion om op 29 November ’n wêreldrekord-Kersboom met slegs niebederfbare kosprodukte te probeer oprig.
TBF bied ‘Kersliedere by kerslig’ aan vir skenkings
“Die enigste organisasie wat hulp verleen en omgee vir dié vergete, talentvolle en kreatiewe groep mense, is die Teaterbystandsfonds. Die TBF bestaan al vir langer as vyf dekades. Nie net bedien ons alle kunste en vermaakberoepsmense nie, maar ook hulle wettige afhanklikes,” sê Lizz.
Help om ʼn wêreldrekord-Kersboom te bou
Die Centurion-kerke het vanjaar ʼn Goeienuus-Kersboom met ʼn wêreldrekordpoging van stapel gestuur wat 29 November van 12:00 tot 16:00 in die Amfi van die Centurion winkelsentrum in Pretoria plaasvind.
Maak iemand se Kerswens waar met Helpende Hand
Helpende Hand gaan vanjaar weer sy deel bydra om Kerswense te bewaarheid met sy 30 Kerswense-veldtog wat op 13 November van stapel gestuur is en tot en met 15 Desember duur.
Hawelose man skep self werk deur slaggate te vul
ʼn Vrou se foto op Facebook van ʼn hawe- en werklose man van Hartbeespoort in Noordwes wat op sy eie slaggate vul, kan moontlik daartoe lei dat ander werklose mense in die omgewing geholpe word.
Klein skoonheid wil mense help
Dié jong meisie wat van Kempton Park afkomstig is, gesels passievol oor haar kroning en dié projek.
Liefde Wen se rugbyprojek ʼn reuse sukses tydens en ná Wêreldbeker
Die liefdadigheidsorganisasie Liefde Wen het tydens die Wêreldbekerrugbytoernooi hul Groen en Goud-projek van stapel gestuur. Dié projek was daarop gefokus om klere, selfoonbybehore en ander produkte op hul webwerf te verkoop om geld in te samel vir ʼn rugbyspan in Lusikisiki, Transkei. “Dit was ʼn massiewe sukses,” het Walton Krüger, die organisasie se verteenwoordiger in Lusikisiki, vertel.
Luister: Raak betrokke by Gracia kindersorgsentrum se somervakansieprojek
Die ongeveer sewentig kinders van Gracia kindersorgsentrum het vanjaar besluit hulle wil nie verjaardag- of Kersgeskenke wil hê nie, maar liewer ʼn draai by die see maak.
[Video] Voorbereiding vir Andes-swem
Sewe Suid-Afrikaanse swemmers berei tans voor om ʼn wêreldrekord op te stel vir die koudste en hoogste swem bo seevlak.
Luister: Liefde Wen-organisasie steun jong rugbyspelers
Met die Wêreldbekerrugby-toernooi om die draai kry almal nou rugbykoors. Dit geld ewe veel vir die liefdadigheidsorganisasie Liefde Wen.